The system will be unavailable for updates from 12:30 on Tuesday 23 May to prepare for the upgrade of the software platform.

Die historiese ontwikkeling van die Onder-Olifantsrivier, 1660-1902 : 'n geskiedenis van die distrik Vanrhynsdorp

Scholtz, Philippus Lodewikus ; Giliomee, Hermann Buhr,1938- (1966)

Scholtz's contribution originally published as Thesis (DLitt) -- University of South Africa.

Gilomee's contribution originally published as MA thesis, University of Stellenbosch.

Thesis (PhD) -- Stellenbosch University 1964

Condition of images on pages; 294, 302, 303, 306 and 336 are very poor due to the condition of the original hard copy.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Skrywer het aanvanklik beplan om rekenskap te probeer gee van die historiese stroom in die Wes-Kaaplandse kusvlakte, tussen die Olifants- en die Oranjerivier gedurende die negentiende eeu. Hiervan moes afgesien word, omdat dit alras geblyk het dat die opset en omlyning van so 'n onderwerp, die afbakening van die gebiedsterrein en die omvang van die bronne, probleme van 'n ongewone aard sou oplewer. Genoemde en ander oorwegings het daartoe gelei dat die geografiese terrein beperk is tot die veldkornetskap Onder-Olifantsrivier (ook genoem die Mond van Olifantsrivier, Onder-Kompanjiesdrif, die wyk Troe-Troe en die distrik Vanrhynsdorp; laasgenoemde sedert die end van die vorige eeu). Terselfdertyd is die tydvak dermate uitgebrei dat 'n historiese beeld van 'n Kaaplandse plattelandse distrik oor nagenoeg 'n kwart-millennium (1660 tot 1902) daargestel kon word. Die jaartal 1660 dagteken die aanvang van 'n sestal Hollandse ontdekkingsreise langs die Olifantsrivier af, reise wat daarop bereken was om die pad na die mitiese Vigiti Magna en die fabelagtige Monomotapa oop te slaan. Die einddatum van die proefskrif wat inderdaad ook die slot van 'n historiese drama in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aandui, sluit in meer as een opsig die tydperk van stadige en vertraagde ontwikkeling in die Onder-Olifantsrivier finaal af.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/54197
This item appears in the following collections: