Uitkomsgebaseerde onderwys : 'n raamwerk vir die optimalisering van diverse leerders se kognitiewe potensiaal

Date
2002-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: South-Africa is presently in a process of transformation towards the provision of quality education for all. There prevails an aim of equal education to all learners. A vision of lifelong learning was formulated on a national level so that all parties concerned can contribute towards an equal education. All parties concerned, including educators, have the learner as the central figure. The meaning of the word "learner" should be thought over by all educators, especially seen against the background of the national vision that sets inclusive and cognitive education as a priority. The educator's task now includes learners with special educational needs. The insights generated in this study reveals that educaters, at this moment, are not empowered to maximised and develop the cognitive potential of the diverse learner. The working method of schools (especially educators) should be of such a nature that all learner's cognitive, emotional, psycho-motorical and intellectual abilities should be maximised and developed. Outcomes-Based Education (OBE) as an educational approach have theoretical and philosophical assumptions which makes it appropriate for implementing cognitive and inclusive education. This qualitative study review literature and explores the world of the educator to generate insights to construct a framework to help educators to understand the relationship between OBE, Curriculum 2005 and cognitive education within an Inclusive Framework. Life-long learning and applied learning do not focus primarily on the reproduction of facts and knowledge, it aims to construct knowledge through a variety of study, learning and thinking strategies. Each learner has inherent potential and the ability to be successful in spite of his/her needs. The focus shifts to the learners strengths in order to guide and develop their potential and abilities. To establish a culture of teaching and learning in our schools reaches further than concerns about large classes and undisciplined learners. Except experience, educators need a frame of reference to work with a variety of learners stemming from different sosio-economic backgrounds, each with his/her own learningstyle and information processing abilities. In the workplace educators should use a meta-theoretical approach, consisting of a variety of learning, thinking and teaching strategies to benefit the diverse learner. A collective energy is needed in the establishment of an educational culture that is tolerant towards diverse thoughts, values, attitudes and practises. To build that culture, it is very important for each educator to have a conceptual and theoretical framework of OBE, C200S and cognitive education. This study aims to provide a framework for educators to work in schools to the benefit of diverse learners.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is tans in 'n transformasiestadium, ook wat onderwysvoorsiening aan almal betref. Daar heers veral 'n strewe na die voorsiening van 'n gelyke onderwysvoorsiening vir alle leerders. 'n Visie van lewenslange leer is onlangs op nasionale vlak geformuleer sodat alle belanghebbendes op 'n gesonde wyse kan bydra tot 'n gelyke onderwysvoorsiening. Al hierdie belanghebbendes (insluitend opvoeders) deel een gemeenskaplikheid, naamlik die leerder. Dit is juis waar die probleem lê. Die begrip" leerder" behoort deur elke opvoeder herbesin te word, veral gesien teen die agtergrond van die nasionale visie wat inklusiewe onderwys en kognitiewe onderwys as prioriteit daar stel. Die opvoeder se taak sluit nou leerders met spesiale onderwysbehoeftes in. Die insigte gegenereer in hierdie studie dui daarop dat opvoeders nie op hierdie stadium ten volle bemagtig is om die kognitiewe potensiaal van die diverse leerder te optimaliseer nie. Skole (maar veralopvoeders) se werkswyse moet van so 'n aard wees dat alle leerders se kognitiewe, emosionele, psigo-motoriese en intellektuele vermoëns optimaal gestimuleer en verder ontwikkel word. Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) as onderwysbenadering se teoretiese en filosofiese onderbou is van so 'n aard dat dit uiters geskik is vir die implementering van kognitiewe en inklusiewe onderwys. Die kwalitatiewe aard van hierdie studie behels die verkenning van verskillende literatuur en ondersoek die leefwêreld van opvoeders waarna gepoog word om 'n konseptuele raamwerk te struktureer om die verband tussen UGO, K2005 en kognitiewe opvoeding toe te lig binne 'n inklusiewe raamwerk. Lewenslange leer en toegepaste leer fokus nie primêr op die reproduksie van feite en kennis nie, maar het dit ten doelom kennis te konstrueer aan die hand van studie, leer en denke. Elke leerder beskik oor die inherente potensiaal en die vermoëns om suksesvol te wees ongeag sy/haar behoeftes. Die fokus verskuif na elke leerder se sterkpunte ten einde hulle te bestuur en te ontwikkel. Om dus 'n kultuur van onderrig en leer in ons skole te skep, strek verder as die bekommernisse oor groot klasse en ongedissiplineerde leerders. Buiten ervaring, benodig opvoeders 'n verwysingsraamwerk om met verskillende leerders te werk afkomstig uit verskillende sosio-ekonomiese agtergronde, elkeen met sy eie voorkeurmodaliteit en informasie prosesseringsvermoë. Die praktyk vereis dat opvoeders aan die hand van metateoretiese werkswyses gebruik maak van verskillende leer, denk en onderrigstrategieë tot voordeel van die diverse leerder. Hiervoor word 'n kollektiewe energie benodig wat in die skep van 'n opvoedkundige kultuur wat verdraagsaam is teenoor diverse denke, dieselfde denke, waardes, houdings en praktyke. Om gestalte aan so 'n kultuur te gee, is dit uiters belangrik dat elke opvoeder oor 'n eietydse konseptueie en teoretiese raamwerk ten opsigte van UGO, K200S en kognitiewe opvoeding beskik. Hierdie studie poog om 'n raamwerk aan opvoeders te voorsien om in skole te werk tot voordeel van die diverse leerder.
Description
Thesis (MEd)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Competency-based education -- South Africa, Cognitive learning -- South Africa, Teaching -- South Africa, Dissertations -- Education
Citation