Die representasie van slaafskap in 'Die kremetartekspedisie' deur Wilma Stockenström : die voorstelling van die onvoorstelbare

Date
2000-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this study the role played by literature or fiction in historiography is investigated. Firstly, the problem of representing an "objective reality" is outlined, and subsequently applied to the domain of historiography by questioning terms such as "objectivity", "reality" and "truth". Due attention is given to changing perceptions about the nature of history writing. It is indicated that historiography cannot render or recreate the past as something which is present here-and-now and, therefore, that history writing is of necessity always an interpreted and subjectively construed representation of an ephemeral "reality". Against this background the thesis focuses on that part of South African history (slavery) which for a variety of reasons lacks a formalised historiography. It is indicated how the "gaps" created by the failures of formalised historiography can be "filled" by the suggestive power of the literary imagination. Wilma Stockenstrëm's Die kremetartekspedisie (1981) is used to exemplify the above claims by specifically noting how the personal slave experience is described through the literary imagination in Die kremetartekspedisie.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word daar ondersoek ingestel na die moontlike rol wat letterkunde of fiksie kan speel in die geskiedskrywingsproses. As agtergrond word die problematiek rondom die bestaan en voorstelling van 'n 'objektiewe werklikheid' bespreek en uitgebrei na die terrein van die historiografie deur die bevraagtekening van terme soos 'objektiwiteit', 'werklikheid' en 'waarheid'. Daar word aandag geskenk aan verskuiwende persepsies oor die aard van geskiedskrywing en aangedui dat historiografie nooit die verlede teenwoordig kan stel nie en dat geskiedskrywing altyd 'n geïnterpreteerde en subjektief-gekonstrueerde representasie van 'n verbygegane 'werklikheid' is. Teen hierdie agtergrond word daar spesifiek gelet op 'n gedeelte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat, as gevolg van verskeie redes, 'ontbreek' in formele geskiedskrywing, naamlik slawerny. Daar word aangedui hoe hierdie gapings op suggestiewe wyse deur die literêre verbeelding 'gevul' kan word. Die kremetartekspedisie deur Wilma Stockenstr6m dien as voorbeeldteks om bogenoemde punt te illustreer deur spesifiek te let op die wyse waarop 'n slavin moontlik haar persoonlike ervaring van haar slaafskap sou kon verwoord soos dit in Die kremetartekspedisie deur die literêre verbeelding gedoen word.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch Universiteit, 2000.
Keywords
Stockenstrom, Wilma -- Criticism and interpretation, Slavery -- South Africa -- Fiction, Dissertations -- Afrikaans literature, Theses -- Afrikaans literature
Citation