'n Ondersoek na die aard, omvang en beheer van voëlskade by druiwe van verskillende wyndruifkultivars in die streek Stellenbosch-Simonsberg

Date
1981-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aard, omvang en beheer van voelskade by wyndruiwe is ondersoek in die streek Stellenbosch - Simonsberg. Die Mossie (Passer melanurus, Willer) en die Europese spreeu (Sturnus vulgaris, Linnaeus) veroorsaak die meeste voelskade aan.wyndruiwe in die streek. Die kultivars gebruik in die ondersoek Was Chenin blanc, Pint noir, Riesling, Cinsaut, Clairette blanche en Cabernet Sauvignon. Die laagste suiker- en tic.ogsbasuurgehaltes waarby voelskade voorgehom het was onderskeidelik 11,2° Balling en 25,9g per l,- terwyl vreetskade by gemiddelde 12,4°. Balling en 19,1 g per l totale suur begin het. Die belangrikste enkele faktor wat t rol gespeel het by beskadiging was die suikerkonsentrasie. Die patroon van vreetskade oor t wingerdry is bepaal en het getoon dat die eerste 30 stokke aan weerskante van die wingerd die meeste beskadig word. 'n Metode is vasgestel cm die hoeveelheid skade aangerig te bepaal met behulp van tellings van beskadigde korrels in verteenwoordigende wingerdrye. Die skade in die streek is op 2,5% van die totale opbrengs per hektaar bepaal. Die bespuiting van wingerdblokke en alternatiewe buffer-kantrye met die afskrikmiddel metiokarb (Mesurol) teen 'n konsentrasie van 0,1% or genoemde kultivars, asook Muskadel, het onvoldoende beheer gebied. Bespuitings teen hoer konsentrasies word aanbeveel.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 1981.
Keywords
Bird pests, Grapes -- Diseases and pests, Spraying and dusting in agriculture
Citation