In search of congruence between confessional theology and church polity discourse : a church judicial inquiry in light of the reception of the Belhar Confession in the Dutch Reformed family of churches
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study searches for the relevance between and the parallelism of Confessional Theology and church polity discourse. The premise of the researcher is that the DRC family1 should come to grips with an understanding of Reformed confessions of faith as expressions of what a body of Christians believe in common. Reformed confessions are widely accepted but their authority is rooted in Scripture,
and it is important to remember that a confession cannot exceed the Word of God. When we look at churches and confessions it is important to note that confessions can say a lot about the church’s integrity, identity, and faithfulness. We must also keep in mind that confessions are relevant to a specific time and place. One of the important premises of the research is that confessions or creeds are often born in difficult times when the true gospel is at stake and the church needs to affirm what it believes. It needs a faith community to confess and act to protect God’s honour. The study will look at how Reformers of the past and present view confession and how this has impacted the Reformed tradition. It will focus on the origin of confessions, and the specific time, context, and history that impacted the confessions. In this study, it is clear that the origin of confessions, the status confessionis, is an important aspect of a confession. So, the study will investigate what urges a church to declare a confession. The Dutch Reformed Mission Church (DRMC) was established in 1881 and grew from the mission endeavours of the Dutch Reformed Church (DRC). It is very important to note that on a church judicial2 level the DRMC was subordinate to and to a large extent directly governed by the DRC. The study includes research of primary documents reporting how the DRMC was initially established and governed, as well as how separate development was later enforced by the DRC. These documents include acts and agendas of the DRMC Synod. The DRMC was a racially segregated church for people of mixed descent, in which the power resided with the Mission Commission of the DRC. I will argue that the apartheid laws impacted the church and how the DRMC and ecumenical partners struggled with apartheid. Out of this struggle in South Africa, the racial segregation and injustice towards God’s people, WARC declared a status confessionis, which in turn led to the DRMC reaching a kairos moment and declaring apartheid a heresy. This ultimately led to also declaring a status confessionis at the DRMC Synod of 1982 and drafting the Belhar Confession. The study will then attend to the advocacy, reception, and protestation of the Belhar Confession. History shows that the church was stiving for a position of ecclesial autonomy and the acknowledgment of its autonomy by the DRC. In April 1994, the DRMC and the Dutch Reformed Church in Africa (DRCA) united in forming the Uniting Reformed Church in Southern Africa (URCSA). This church has as its confessional foundation the Belgic Confession of Faith, the Canons of Dordt, and the Heidelberg Catechism, as well as the Belhar Confession. The church order of URCSA is built on these confessions and in particular on the Belhar Confession. The DRCA and Reformed Church in Africa (RCA) were reluctant to accept the Belhar Confession, but eventually they added it to their confessional basis. URCSA and the DRC agreed to the Memorandum of Understanding that paved the way for accepting the Provisional Order.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing is ʼn soeke na die wedersydse relevansie en parallelisme van Belydenis-teologie and kerkregtelike diskoers. Die navorser se uitgangspunt is die veronderstelling dat die NGK-familie moet begrip ontwikkel van Gereformeerde geloofsbelydenisse as uitdrukkings van wat ’n groep Christene gesamentlik glo. Gereformeerde belydenisse word wyd aanvaar, maar hul gesag is gewortel in die Skrif. Dit is belangrik om te onthou ’n belydenis kan nie die Woord van God oorskry nie. Wanneer ons kyk na kerke en belydenisse, is dit belangrik om daarop te let dat belydenisskrifte veel sê oor ʼn kerk se integriteit, identiteit en getrouheid. Ons moet ook in gedagte hou dat belydenisse relevant is tot ’n spesifieke tyd en plek. Een van die belangrike uitgangspunte van die navorsing is dat belydenisskrifte dikwels ontstaan in moeilike tye wanneer die ware evangelie op die spel is en dit nodig is dat die kerk bevestig wat dit glo. Dit vereis dat ʼn geloofsgemeenskap bely en optree om God se eer te beskerm. Die studie sal kyk hoe Hervormers van die verlede en hede belydenisse beskou asook hoe dit die Hervorming-tradisies geïmpakteer het. Die navorsing sal fokus op die oorsprong van belydenisse, en die spesifieke tye, kontekste en geskiedenis wat daarop impak gehad het. In hierdie studie is dit duidelik dat die oorsprong van belydenisskrifte, die status confessionis, ’n belangrike aspek van die belydenis is. Dus, sal die studie ondersoek wat ’n kerk dring om ’n belydenis te verklaar. Die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk (NGSK) is in 1881 gestig en was ’n uitvloeisel van die sendingwerk van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK). Dit is belangrik om daarop te let dat die NGSK op kerkregtelike vlak ondergeskik aan die NGK was, en tot ’n groot mate direk deur die NGK bestuur is. Die studie sluit in navorsing van primêre dokumente wat rapporteer hoe die NGSK aanvanklik gestig en bestuur is, sowel as aparte ontwikkeling wat later deur die NGK afgedwing is. Hierdie dokumente sluit in die aktes en agendas van die NGSK Sinode. Die NGSK was ’n ras-gesegregeerde kerk vir mense van gemengde afkoms, waar die mag berus het by die Sendingkomitee van die NGK. Ek sal argumenteer dat die apartheidswette ʼn impak op die kerk gehad het en hoe die NGSK en ekumeniese vennote teen apartheid gestry het. Weens hierdie stryd in Suid Afrika, die rasse-skeiding en ongeregtigheid teenoor God se mense, het die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke ʼn status confessionis verklaar, wat tot gevolg gehad het dat die NGSK ’n kairos-moment bereik het en verklaar het dat apartheid dwaalleer is. Dit het uiteindelik gelei tot die verklaring van ʼn status confessionis by die NGSK Sinode in 1982 en die opstel van die Belydenis van Belhar. Die studie sal dan kyk na die voorspraak en resepsie van en beswaar teen die Belydenis van Belhar. Die geskiedenis dui aan dat die kerk gestreef het na ’n posisie van kerklike outonomiteit en die erkenning van die outonomiteit deur die NGK. In April 1994 het die NGSK en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Africa (NGKA) verenig en die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika (VGKSA) gevorm. Die kerk se belydenis-basis bestaan uit die Belgiese Geloofsbelydenis, Dordtse Leerreëls, Heidelbergse Kategismus asook die Belydenis van Belhar. Die kerkorde van die VGKSA is gebasseer op hierdie belydenisse, en veral die Belydenis van Belhar. Die NGKA en Reformed Church in Africa (RCA) was onwillig om die Belydenis van Belhar te aanvaar, maar het dit uiteindelik as deel van hul belydenis-grondslag aanvaar. Die VGKSA en NGK het ooreengekom op die Memorandum van Ooreenkoms wat gelei het tot die aanvaarding van die Tussen-orde. Die studie sal die faktore wat uiteindelik tot die Tussen-orde gelei het, beskryf. Verskeie kerke in die buiteland het hul regulasies en bepalings verander om die Belydenis van Belhar deel van hul belydenis-grondslagte te maak. Hoewel die NGK wel die Belydenis van Belhar skriftuurlik aanvaar het, sukkel die kerk vandag nog om die Belydenis van Belhar by die belydenis-grondslag te voeg. Die studie sal bespreek hoe die NGK Kerkorde van 1962 ʼn impak gehad het op die kerk se artikels, en dit het gelei tot die huidige kerkorde. Dit sal Gereformeerde kerkreg bespreek en kyk na die kerkregtelike uitdagings wat betref die wysiging van artikels om veranderinge aan die belydenis-grondslag te maak. Ek sal argumenteer dat dit byna onmoontlik is om Artikel 1 van die NGK kerkorde te verander, sowel as verwys na regulasies wat dit moontlik maak om die Belydenis van Belhar as ’n vierde belydenis te aanvaar. Daar is wel ʼn manier om dit te doen, en dit is in die hande van die NGK.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2024.