Leadership development assessment : current landscape in South Africa and future needs
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The purpose of the study was to examine the current landscape of leadership development assessment in South Africa. The study aimed to enhance knowledge dissemination by effectively communicating with prospective test users. This was achieved through a focus on identifying key assessment priorities and design features, while also providing guidance for the development of new leadership assessments. Numerous studies have consistently demonstrated the advantages associated with effective leadership. Some of these benefits include outperforming competitors, increasing overall profit, and improving employee engagement and satisfaction. High-quality leadership assessments have shown to be among the most useful tools that assist companies in the process of selecting and developing effective leaders for their organisation. Consequently, the need for high-quality leadership development assessments in South Africa cannot be overemphasised. The literature review examined the international and South African leadership landscape and trends, as well as well-established leadership questionnaires and critical leadership competencies. It revealed that global research on leadership assessment is extensive but limited information is available about the use of leadership assessments in South Africa. Subsequently, the study surveyed South African organisations to provide an understanding of the state of leadership assessment in the country. According to the study’s findings, only 50% of the 104 participating South African companies currently use leadership assessments. However, 77% of organisations not using such assessments showed interest in implementing them, provided that certain obstacles such as cost, and time challenges can be effectively addressed. The study highlighted important assessment criteria recommended by regulating bodies and participant preferences, including online availability, psychometric properties, time-efficiency, and cost-effectiveness. Additionally, the study found that participants favoured personality and ability tests over focused leadership assessments as measures of effective leadership. The study also identified emotional intelligence, change management, and communication as some of the most significant leadership competencies, according to HR practitioners. Overall, the study emphasised the need for new leadership assessment measures, as 71% of participants expressed interest in adopting them. The study's findings aimed to enrich both theoretical and practical understanding by expanding knowledge on leadership assessment practices. Through valuable insights and practical guidance, the study sought to enhance the landscape of leadership assessment.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om die huidige landskap van leierskap ontwikkeling assessering in Suid- Afrika te ondersoek. Die studie het ten doel gehad om kennisverspreiding te verbeter deur effektief te kommunikeer met voornemende toetsgebruikers. Dit is bereik deur te fokus op die identifisering van sleutel assesseringsprioriteite en ontwerpelemente, sowel as om leiding te bied vir die ontwikkeling van nuwe leierskap assesserings. Talryke studies het konsekwent die voordele wat verband hou met effektiewe leierskap aangetoon. Sommige van hierdie voordele sluit in om beter as mededingers te presteer, die verhoging van die algehele wins en die verbetering van werknemersbetrokkenheid en -tevredenheid. Leierskapassesserings van hoe kwaliteit het getoon dat dit een van die mees doeltreffendste instrumente is wat maatskappye ondersteun in die proses om effektiewe leiers vir hul organisasie te kies en ontwikkel. Gevolglik kan die behoefte aan leierskapontwikkelingevaluerings van hoe gehalte in Suid-Afrika nie oorbeklemtoon word nie. Die literatuuroorsig het die internasionale en Suid-Afrikaanse leierskaplandskap en -tendense ondersoek, sowel as goed gevestigde leierskap vraelyste en kritiese leierskap bevoegdhede. Dit het aan die lig gebring dat daar 'n omvangryke hoeveelheid globale navorsing oor leierskapassessering bestaan, maar dat navorsing in die Suid-Afrikaanse konteks beperk is. Vervolgens het die studie Suid-Afrikaanse organisasies ondersoek om 'n begrip van die stand van leierskap assessering in die land te verkry. Volgens die studie se bevindinge gebruik slegs 50% van die 104 deelnemende Suid-Afrikaanse maatskappye tans leierskapassesserings. 77% van organisasies wat nie sulke assesserings gebruik nie het egter belangstelling getoon om dit te implementeer, mits sekere struikelblokke soos koste- en tyduitdagings effektief aangespreek kan word. Die studie het belangrike assesseringskriteria uitgelig wat aanbeveel word deur die regulerende liggame en deelnemer voorkeure, insluitend aanlyn beskikbaarheid, psigometriese eienskappe, tydsdoeltreffendheid en kostedoeltreffendheid. Daarbenewens het die studie bevind dat deelnemers persoonlikheids- en vermoetoetse verkies bo gefokusde leierskapassesserings as maatstawwe van effektiewe leierskap. Die studie het ook emosionele intelligensie, veranderingsbestuur en kommunikasie geidentifiseer as van die belangrikste leierskapbevoegdhede volgens MH-praktisyns. In die geheel het die studie die behoefte aan nuwe leierskapassesseringsmaatreels beklemtoon, aangesien 71% van deelnemers belangstelling uitgespreek het om dit aan te neem. Die studie se bevindinge was daarop gemik om beide teoretiese en praktiese begrip te verryk deur kennis oor leierskapassesseringspraktyke uit te brei. Deur waardevolle insigte en praktiese leiding het die studie gepoog om die landskap van leierskapassessering te verbeter.

Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2024.