Modelling blood flow during syringing

Date
2024-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This project investigates modelling blood flow during syringing and the resulting haemol- ysis, which is defined as the breaking open of red blood cells, using numerical simulations in combination with haemolysis models. Haemolysis can be caused by a range of factors, which may be physical, chemical or biological in nature. Physical damage can manifest in scenarios such as emergency rapid blood transfusions conducted through syringing, a practice which may be employed in resuscitation procedures, particularly in rural hospitals. It has been demonstrated that such syringe-based transfusions result in noteworthy haemolysis, significantly surpassing the impact of pressure bag usage. This heightened haemolysis carries potential negative implications for the recipient of the transfusion. Blood flow is modelled, as a Newtonian fluid and as a non-Newtonian fluid, using the open source finite element software deal.II, which is then compared to numerical simulations conducted in Ansys Fluent. Both methods are validated against a known two- dimensional solution. Then, flow through a sudden contraction, which mimics a syringe, is simulated. Lastly, a three-dimensional setup of a hypodermic needle is implemented. The percentage haemolysis is calculated in a post-processing step using the time history of the shear stresses along streamlines. The numerical simulations showed good agreement with the analytical solutions, and the percentage haemolysis results achieved were consistent with published literature.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie projek ondersoek die modellering van vloei tydens die inspuit van bloed sowel as die gevolglike rooibloedsel hemoliese met behulp van ‘n kombinasie van numeriese simulasies en hemoliese-modelle. Hemoliese kan deur ’n reeks faktore, wat fisies, chemies of biologies van aard is, veroor- saak word. Indien bloed vinnig deur middel van ‘n spuit oorgetap word, kan fisiese skade aan rooibloedselle waargeneem word. Die inspuit van bloed as oortappingsmetode in resussitasie scenario’s word veral in afgeleë hospitale gebruik. Volgens die literatuur ver- oorsaak spuiting noemenswaardig meer hemoliese as die gebruik van ‘n druksak. Hierdie verhoogde hemoliese kan potensiële negatiewe gevolge vir die pasiënt wat die oortapping ontvang inhou. Vir hierdie studie is bloedvloei met behulp van die oopbron eindige element sagte- ware deal.II as ’n Newtoniese vloeistof sowel as ’n nie-Newtoniese vloeistof gemodelleer. Resultate vanaf hierdie modelle word met resultate vanaf numeriese simulasies in Ansys Fluent vergelyk. Albei metodes word teen ’n analitiese tweedimensionele oplossing geve- rifieer. Daarna word vloei deur ’n skielike vernouing, wat ’n spuit naboots, gesimuleer. Laastens word ’n driedimensionele opstelling van ’n hipodermiese naald geïmplementeer. Die persentasie hemoliese word in ’n naverwerkingstap met behulp van die tydgeskiedenis van die skuifspanning langs stroomlyne, bereken. Die numeriese simulasies toon goeie ooreenstemming met die analitiese oplossings, en die persentasie hemoliese-resultate wat behaal is, is in ooreenstemming met gepubliseerde literatuur.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2024.
Keywords
Citation