Exploring how individual adaptability and hardiness predict work engagement among recruits in the Military Skills Development System (MSDS)
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The current global socioeconomic status and the COVID-19 pandemic revived the research topic of work engagement. Researchers have established that work engagement in the military context is caused by various factors such as rewards, leadership, and aspects related to a specific job including job satisfaction, work environment and career advancement opportunities to name a few. However, work engagement among military recruits has not received much attention. Therefore, the purpose of the present study was to explore how personal resources predict work engagement amongst the Military Skills Development System (MSDS) recruit as no studies according to the knowledge of the researcher has explored this phenomenon previously. More specifically, this study focused on measuring the levels of work engagement of the recruits and explored the relationship between individual adaptability and hardiness (i.e., two independent variables) and work engagement (the dependent variable), respectively. A quantitative cross-sectional survey was conducted, and the data were collected from a sample of MSDS recruits (N = 74) who serve in the Tactical Intelligence Corps in the South African National Defence Force (SANDF). The results revealed that the military recruits who participated in this study have an average level of work engagement (M = 3.72, SD = .85); and that hardiness shows a positive, strong relation with work engagement (r = .60, p < .01); whilst individual adaptability shows a positive medium relation with work engagement (r = .39, p < .01). In determining whether individual adaptability and hardiness could be used as predictors of work engagement amongst recruits, a multiple regression model determined that hardiness is indeed a significant predictor of work engagement (β = 1.04, t = 6.44 p < .001), but individual adaptability does not significantly predict unique variance in work engagement (β = .24, t = 1.66, p = .10). The findings of this research contribute valuable knowledge to the field of career psychology and can be applied in the military context to promote the likelihood of engaged recruits during, and after basic military training. The study concludes with recommendations for future research and practice in the military setting which includes a focus on developing SANDF recruits’ hardiness, a focus on ensuring person job fit and job crafting to improve the work engagement of recruits.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die huidige globale sosio-ekonomiese status en die COVID-19-pandemie het die navorsingsonderwerp van werksbetrokkenheid laat herleef. Navorsing in die weermag het vasgestel dat werksbetrokkenheid in die militere konteks veroorsaak word deur verskeie faktore wat organisatoriese faktore soos belonings, leierskap en werksaspekte insluit. Navorsing het egter meestal gefokus op die werkhulpbronne en -eiseaspek van die JD-R-model, wat die aspek van persoonlike hulpbronne verwaarloos. Verder is die konsep van werksbetrokkenheid nie in die konteks van rekrute ondersoek nie. Die doel van die huidige studie was om te verken hoe individuele aanpasbaarheid en gehardheid werkbetrokkenheid onder rekrute in die Militere Vaardigheidsontwikkelingstelsel (MSDS) voorspel. Die huidige studie het veral verbande tussen individuele aanpasbaarheid en werksbetrokkenheid, en gehardheid en werksbetrokkenheid ondersoek, en was daarop gefokus om die vlak van werksbetrokkenheid van die rekrute te meet. Die studie het gebruik gemaak van Schaufeli (2002) se Utrecht Work Engagement Scale (UWES-9) wat bestaan uit drie onderling verwante dimensies, naamlik lewenskragtigheid, toewyding en absorpsie om werksbetrokkenheid te meet. Individuele aanpasbaarheid is gemeet met behulp van die Nederlandse Aanpasbaarheid Dimensies en Prestasietoets en gehardheid is gemeet met behulp van die militere gehardheidskaal. 'n Kwantitatiewe deursnee-opname is uitgevoer, en die data is versamel uit 'n steekproef van 74 MSDS-rekrute onder die Tactical Intelligence Corp in die SANW. Die resultate het betekenisvolle verwantskappe tussen die veranderlikes aan die lig gebring. Die resultate het spesifiek aan die lig gebring dat gehardheid 'n positiewe matige korrelasie met werksbetrokkenheid gehad het (r = .60), terwyl individuele aanpasbaarheid 'n positiewe lae korrelasie met werksbetrokkenheid getoon het (r = .39). Die studie het ook bepaal dat die rekrute 'n gemiddelde vlak van werksbetrokkenheid gehad het (M = 3.72, SD = .85). Verdere analise tussen die dimensies van die veranderlikes het die interaksie van die veranderlikes in diepte verduidelik, en het dus gewys dat sommige dimensies van die onafhanklike veranderlikes beter voorspellers van werksbetrokkenheid is as ander, wat in hierdie geval gehardheidsdimensie 'n beter voorspeller van werksbetrokkenheid was. Die lineere regressie tussen individuele aanpasbaarheid en werksbetrokkenheid is beduidend gevind en verder is gevind dat die lineere regressie tussen gehardheid en werksbetrokkenheid beduidend is`'n Meervoudige regressiemodel is verder uitgevoer om te bepaal of beide individuele aanpasbaarheid en gehardheid in 'n enkele model gebruik kan word om rekrute se werksbetrokkenheid te voorspel. Die studie het bepaal dat die model beduidend is [F (2,71) = 30.62, R² = .46, p < .001], maar net gehardheid is beduidend gevind (β = 1.04, t = 6.44 p < .001), terwyl individuele aanpasbaarheid nie betekenisvol was nie (β = .24, t = 1.66, p = .10). Die bevindinge dra waardevolle kennis by tot die veld van Beroepsielkunde en kan in die militere konteks toegepas word om die waarskynlikheid van betrokke rekrute tydens en na basiese militere opleiding te bevorder. Die studie word afgesluit met aanbevelings vir toekomstige navorsing en praktyk in die militere omgewing.

Description
Thesis (MCom)--Stellenbosch University, 2024.