Breaking the silence : sexual reproductive health as a challenge and opportunity for youth ministry in the Church of Central Africa Presbyterian (CCAP) synod of Livingstonia
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The study was motivated by the increased prevalence
of unwanted pregnancies, early marriages, unsafe abortions, and school dropouts among the youth due to a lack of Sexual Reproductive Health (SRH) knowledge. The aim of the study was to explore and establish whether the Church of Central Africa Presbyterian (CCAP) is silent on issues of SRH, and if
so, how the Synod can break the silence.
This study investigated how the CCAP Synod of Livingstonia can engage theological concepts to break the silence on SRH as a challenge or opportunity for youth ministry. The study focused on human dignity as the main theological concept that pays attention to the image of God (imago dei). The theological concept of human dignity focused on some attributes of the image of God, such as inviolability among others. Every human being, in the image of God, should
be able to exercise their rights. It further explored how the church must consider SRH services as part of holistic ministry.
The literature studied further indicated that there are some SRH determinants such as social and cultural behaviours, social-religious beliefs, and poor health facilities. The empirical research was conducted within the CCAP catchment area where the interviewees were either church elders, church ministers, or youth. Usingin-depth semi-structured interviews and focus group discussions, the views and opinions of those participants mentioned above were
gathered. The data was analyzed using thematic analysis, and subjected to theological interpretations.
The study findings showed that Synod had an SRH policy in place. However, that policy had not been implemented since the package of SRH contradicts its church doctrines that emphasize abstinence among the youth. Further, findings indicated that the church was not doing much to promote SRH among the youth because should the Synod be engaged in SRH issues, it might be seen as promoting immorality among the youth.
Nonetheless, almost all respondents accepted that individuals are aware of the importance and appreciate the package in SRH as it will be able to protect the youth from the consequences of lack of SRH. The findings further confirmed that the church had witnessed youth being suspended due to unwanted pregnancies despite continuous preaching of abstinence. One of the worst scenarios mentioned by participants was the deaths of young women in the church suspected to have died from complications of unsafe abortions. However, church policies do not allow the Synod to promote SRH services.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie is gemotiveer deur die verhoogde voorkoms van ongewenste swangerskappe, vroeë huwelike, onveilige aborsies en skoolverlatings onder die jeug weens 'n gebrek aan kennis oor seksuele reproduktiewe gesondheid. Die doel van die studie was om te verken en vas te stel of die CCAP swyg oor kwessies van SRH en, indien wel, hoe die Sinode die stilte kan verbreek. Hierdie studie ondersoek hoe die CCAP Sinode van Livingstonia in Malawi teologiese konsepte kan betrek om die stilte te verbreek oor seksuele en reproduktiewe gesondheid. Die studie het gefokus op menswaardigheid as die hoof teologiese konsep wat verband hou met die beeld van God (imago dei). Die teologiese konsep van menswaardigheid het gefokus op sommige eienskappe van die beeld van God, soos onder andere onaantasbaarheid. Elke mens, geskape na die beeld van God, moet vry wees om hul regte kan uitoefen. Dit het verder ondersoek hoe die kerk SRH-dienste as deel van holistiese bediening moet beskou. Die literatuur wat bestudeer is, het aangedui dat daar sommige SRH-determinante is soos sosiale en kulturele gedrag, sosiaal-godsdienstige oortuigings en swak gesondheidsfasiliteite. Die empiriese navorsing is uitgevoer binne die CCAP-opvanggebied, waar die deelnemers kerk-ouderlinge, kerkpredikante en jeug was, deur gebruik te maak van in-diepte semi-gestruktureerde onderhoude en fokusgroepbesprekings. Data is ontleed deur tematiese analise met behulp van teologiese interpretasies. Die studiebevindinge toon dat die Sinode 'n SRH-beleid in plek het. Daardie beleid word egter nie geïmplementeer nie aangesien die SRH-beleid die kerk se geestelike leerstellings weerspreek wat onthouding onder die jeug beklemtoon. Bevindinge dui verder aan dat die kerk nie veel gedoen het om SRH onder die jeug te bevorder nie, want sou die Sino de betrokke wees by SRH-kwessies, sou dit gesien word as die bevordering van immoraliteit onder die jeug. Byna alle respondente het egter aanvaar dat individue bewus is van die belangrikheid van en waardering het vir die SRH-pakket aangesien dit die jeug sal kan beskerm teen die gevolge van 'n gebrek aan SRH. Die bevindinge het verder bevestig dat die kerk kan getuig van skorsing van die jeug uit die kerk weens ongewenste swangerskappe ondanks voortdurende prediking van onthouding. Die ergste scenario was die dood van jong vroue in die kerk wat vermoedelik aan komplikasies van onveilige aborsies gesterf het. Kerklike beleid laat die Sinode egter nie toe om SRH-dienste te bevorder nie.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2024.