Thinking through postcolonial climate justice with Margaret Atwood’s MaddAddam trilogy

Date
2023-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The MaddAddam Trilogy by Margaret Atwood is a much-studied, pioneering work of climate fiction. It is celebrated for its exploration of the place of the human within the web of life, its critique of neoliberal capitalism, and its navigation of horrific climate disasters. However, in all the work produced around the trilogy, there is little that considers the implications of the series for the postcolony. In this study, I provide a close reading of the trilogy and place it in conversation with postcolonial and anticapitalist thinkers. I examine the stimulus that the trilogy provides for thinking through climate justice in a poor and postcolonial context, the consequent demands of the most vulnerable on the efforts of climate justice, and the ideologies and ecophilosophies that hamper the development of bespoke, reparative environmental action. The trilogy provides a deft navigation of the experiences of the environmentally vulnerable, demonstrating the correlation between privilege and exposure to climate catastrophe. It denounces the trends in ecological discourse that blame homogenous humanity, call for depopulation, and ignore or negatively impact the postcolony. Moreover, it locates the origins of such ecophilosophies in reductive epistemological frameworks. Finally, it cultivates hope for the postcolony by suggesting that change is possible through its exposure of the farcical belief that the harmful status quo is inevitable and unchangeable. There are several limitations which complicate the trilogy’s fruitfulness as anintellectual tool for engaging the issue of decolonised environmentalism. However, the successes of the series outweigh its limitations, and ultimately, The MaddAddam Trilogy is a nuanced work that drives the reader to consider the ecological and social needs of the poor and the postcolony. It exposes the failures of dominant environmental discourse that must be avoided in the development of climate justice that amplifies the survival chances of the most vulnerable. Finally, it fosters the energising hope that change to the systems that have produced our climate crisis – and the social inequality that makes poor humans most vulnerable to ecological decline – is possible through collective reimagination and action.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die MaddAddam-trilogie deur Margaret Atwood is goed-bestudeerde baanbrekerswerke in klimaatfiksie. Dit is befaamd vir die wyse waarop dit die mens se posisie binne die web van die lewe verken, die kritiek daarvan op neoliberale kapitalisme en die wyse waarop dit afgryslike klimaatsrampe navigeer. In al die werk wat reeds op grond van die trilogie voortgebring is, is daar min wat die implikasies van die reeks vir die postkolonie in ag neem. In hierdie studie bied ek ʼn indringende lees van die trilogie en plaas dit in gesprek met ʼn verskeidenheid postkoloniale en antikapitalistiese denkers. Ek ondersoek die stimulus wat die trilogie bied vir nadenke oor die betekenis van klimaatsgeregtigheid in ʼn arm en postkoloniale konteks, die gevolglike eise wat die mees kwesbare aan die pogings tot klimaatsgeregtigheid stel, en die ideologieë en ekofilosofieë wat tans die ontwikkeling van pasgemaakte, herstellende omgewingsoptrede kniehalter. Die trilogie navigeer op behendige wyse die ervarings van diegene wat kwesbaar ten opsigte van die omgewing is, en demonstreer die verband tussen voorreg en blootstelling aan klimaatskatastrofes. Dit stel die tendense in die ekologiese diskoers wat die homogene mensdom blameer, vra vir ontvolking, en die postkolonie meestal ignoreer of negatief daarop inwerk, aan die kaak. Voorts plaas dit terselfdertyd die oorsprong van sodanige ekofilosofieë in reduktiewe epistemologiese raamwerke. Laastens wek dit hoop vir die postkolonie deur voor te stel dat verandering moontlik is deur die blootstelling van die belaglike oortuiging dat die skadelike status quo onvermydelik en onveranderbaar is. Daar is verskeie beperkings wat die trilogie se vrugbaarheid as ʼn intellektuele hulpmiddel vir omgang met die kwessie van gedekoloniseerde omgewingsaktivisme kompliseer. Die suksesse van die reeks weeg egter swaarder as die beperkings daarvan, en uiteindelik is die MaddAddam-trilogie ʼn genuanseerde werk wat die leser aanspoor om die ekologiese en maatskaplike behoeftes van die armes en die postkolonie te oorweeg. Dit lê die mislukkings van die dominante omgewingsdiskoers bloot, wat in die ontwikkeling van klimaatsgeregtigheid ter versterking van die oorlewingskanse van die mees kwesbare vermy moet word. Laastens kweek dit die kraggewende hoop dat verandering aan die stelsels wat tot ons klimaatskrisis – en die maatskaplike ongelykheid wat arm mense die kwesbaarste vir ekologiese agteruitgang maak – gelei het, deur kollektiewe herverbeelding en optrede moontlik is.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation