Gender identity and gender fluidity amongst low-income transgender and gender diverse people in the Western Cape, South Africa: Implications for HIV service access

Date
2023-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Transgender women are at high risk for HIV globally. HIV amongst transgender women has been largely under-researched in the South African context. Even less is understood about the experiences and risk levels of a particular group of people who fall under the trans umbrella but do not identify as transgender. These are feminine identifying trans women who have been assigned male sex at birth, termed in this study as transfeminine women. I aimed to understand the lived experiences of transfeminine women in lowincome and high HIV prevalent communities of the Western Cape of South Africa. I conducted a secondary analysis of data from a qualitative cohort nested in an HIV prevention trial. Eight transfeminine participants were repeatedly interviewed over one and a half years using themed discussion guides and participatory methods. The study was a dissertation by publication with the first publication a scoping review, to form part of the literature background of the study. The other three manuscripts were grouped into three themes to contextualise the experiences of transfeminine participants: gender expression, stigma and social support structures. Results from the scoping review showed research that used limited gender identification terms for transfeminine women, and that biologically assigned male sex persons who have a feminine gender identity were either conflated into key population groups of transgender women or men who have sex with men (MSM). We concluded in the gender identity manuscript that gender expression amongst the participants was very fluid and context bound – relating to the people they were relating to, the time and place. We found in the stigma manuscript transfeminine women anticipated, experienced and internalised both gender-related stigma and HIV-related stigma. There were added layers of stigmatisation related to other parts of participants’ social identities, such as being sex workers and their sexual orientation. These factors contributed to difficulty in accessing HIV services. In the social support manuscript we found that in and amongst largely discriminated lived realities, participants could rely on familial and household structures for social support. When the initial family or household unit neglected to support the participant, some participants were able to recreate and re-structure their support systems from peers, friends and extended family members, reorganising their social support structure to be better supported. These are some of the first results from a core sample of transfeminine women in the local South African context, in particular to lived experience around HIV service access, stigma, gender expression and social support. My recommendations are not to identify another sub-group of key-populations, but clearly point to disparities and variation within the key population groups of MSM and transgender. In this case I recommend gender sensitive services, training and intake forms to allow for people to be able to openly express their gender, sexual and other selfidentities. Clearly more work needs to be done with this group, and with sub-groups of key population groups, to allow for inclusion of services for everyone, especially groups such as transfeminine women with a very high HIV risk and low service uptake.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Transgender vroue wêreldwyd het ‘n hoë MIV-risiko. Daar is baie min MIV-navorsing oor transgender vroue in die Suid-Afrikaanse konteks. Daar is selfs minder kennis oor die ervaringe en risiko vlakke van ‘n spesifieke groep mense wat onder die trans kategorie val, maar wat nie identifiseer as transgender nie. Hierdie is vroulik-identifiserende trans persone wat manlike geslag toegeskryf is by geboorte. My mikpunt vir hierdie studie was om die geleefde ervaringe van transgeslagtige (transfeminine) vroue in gemeenskappe met lae inkomste en hoë MIV-voorkoms in die Wes-Kaap van Suid-Afrika te verstaan. Ek het sekondêre analise met data vanaf ‘n kwalitatiewe kohort as deel van ‘n MIVvoorkomingsproef uitgevoer. Ag transgeslagtige deelnemers was herhaaldelik onderhoud mee gevoer oor ‘n tydperk van een-en-‘n-half jaar met tema-gebasseerde onderhoudsgidse en deelnemende metodes. Hierdie studie was ‘n proefskrif deur publikasie, met die eerste manuskrip wat ‘n omvangsoorsig (scoping review) was. Die ander drie manuskripte was in drie temas gegroepeer, naamlik geslagsuitdrukking, stigma en sosiale ondersteuningstrukture. Die resultate van die omvangsoorsig het bevind dat daar in navorsing beperkte gebruik is van geslagsidentiteitsterme vir transgeslagtige vrouens, en dat persone, wat biologiese manlike geslag by geboorte toegeskryf was en wie ‘n vroulike geslagsidenteit het, in een of ander van die sleutelbevolkingsgroepe van mans-wat-met-mans-slaap (MSM) en transgender vrouens saamgesmelt word. Ons het in die geslagsidentiteit manuskrip bevind dat geslagsuitdrukking van die deelnemers baie vloeibaar en konsteksgebonde was, wat verwant was aan mense met wie hulle in verhouding was, asook aan spesifieke tyd en plek waar hulle hulself bevind het. In die stigma-manuskrip het ons gevind dat transgeslagstige vroue beide geslagsverwante stigma en MIV-verwante stigma verwag, ervaar en geïnternaliseer het. Daar was addisionele lae van stigma wat verwant was aan ander dele van deelnemers se sosiale identiteite. Hierdie het hulle toegang tot MIV-dienste bemoeilik. In die sosiale ondersteuningsmanuskrip was die bevinding dat deelnemers met grotendeels gediskrimineerde geleefde werklikhede op familie en huisehoudelike strukture kon staatmaak vir sosiale ondersteuning. Wanneer die inisiële familie of huishoudelike eenheid daarin misluk het om die deelnemer te ondersteun, was sommige van die deelnemers instaat om hulle ondersteuningsisteme te herskep en herstruktureer om ondersteuning te ontvang vanaf portuurgroeplede, vriende, uitgebreide familielede; en sodoende hul sosiale ondersteuningstruktuur te heroganiseer om beter ondersteun te word. Hierdie is van die eerste bevindinge van ‘n kern proefgroep van transgeslagtige vroue in die plaaslike SuidAfrikaanse konteks, met spesifieke fokus op hul geleefde ervaringe rondom MIVdienstoegang, stigma, geslagsuitdrukking en sosiale ondersteuning. My aanbeveling is nie om nog ‘n sub-groep van sleutelbevolkings te skep nie, maar dat die bevindinge duidelik na verskille en variasies wys binne die steutelbevolkingsgroepe van mans-wat-met-mansslaap en transgender vroue. In hierdie geval beveel ek geslagsensitiewe dienste, opleiding en inname vorms aan wat mense toelaat om openlik hulle geslag, seks en ander self identiteite te kan uitdruk en uitleef. Dis duidelik dat meer werk gedoen moet met hierdie groep, asook ander sub-groepe van sleutelbevolkings, om die insluiting van dienste aan almal moontlik te maak, wat spesifiek relevant is vir groepe soos transgeslagtige vroue wat ‘n baie hoë MIV-risiko en lae dienste opname het.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation