Die konstruksie van Afrikaanse manlikheid in tydskrifte (2005 tot 2015) : ’n diskoersanalitiese ondersoek

Date
2023-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In the past 30 years, the South African society has undergone political, social and economic changes (News24 2013; Vollgraaff 2015). According to Whitehead (2002:5) and Alexander (2003:536) gender relations are influenced by such changes. Gender as a social construction implies that the constructions of masculinity are continuously developed and modified, and that masculinity can be realised in different ways (Morrell 2001; Diamond 2002; Benwell 2003b; Mikkola 2017). The variety of masculinities is one of many reasons for the development of the so-called “masculinity in crisis” phenomenon (Benwell 2003b:14), although the democratisation of South Africa is the main contributor to the South African “masculinity in crisis” (Viljoen 2012:652). Magazines play an important role in the development of new masculinities, firstly, by highlighting a variety of masculinities in society and secondly, by presenting different modes of expressing masculinity to the readers (McRobbie 1999:48; Benwell 2003b:7,8; Del Mar Rubio-Hernández 2010:69). Men can also use magazines to help them understand the “masculinity in crisis” phenomenon and their reactions to it (Benwell 2003b:14-15). This study focuses on the constructions of Afrikaans masculinity in Afrikaans magazines (2005 to 2015) that men read. I investigated Huisgenoot, Landbouweekblad, Sarie, Kuier, Weg!, Plaastoe and Intiem vir Mans. A variety of magazines are therefore studied together in order to expose the wider Afrikaans society’s shaping of masculinity. The overall aim is to provide insights into the dynamics of the interaction between society, the media and gender constructions in a context that has been characterised by large-scale changes in a relatively short time.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse samelewing het in die afgelope 30 jaar politieke, sosiale en ekonomiese veranderinge ondergaan (News24 2013; Vollgraaff 2015). Volgens Whitehead (2002:5) en Alexander (2003:536) word genderverhoudinge deur sulke veranderinge beïnvloed. Gender as sosiale konstruksie impliseer dat die konstruksies van manlikheid deurlopend gevorm en verander word en dat manlikheid op verskillende maniere uitgeleef kan word (Morrell 2001; Diamond 2002; Benwell 2003b; Mikkola 2017). Die verskeidenheid van manlikhede is een van vele redes vir die ontstaan van die sogenaamde “manlikheid-in-krisis”-fenomeen (Benwell 2003b:14), alhoewel die demokratisering van Suid-Afrika hoofsaaklik tot die Suid-Afrikaanse manlikheid-in-krisis bygedra het (Viljoen 2012:652). Tydskrifte speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van nuwe vergestaltings van manlikhede, deur eerstens ʼn verskeidenheid van manlikhede in die samelewing uit te lig en tweedens deur verskillende moontlikhede van manlikheid aan die lesers voor te hou (McRobbie 1999:48; Benwell 2003b:7,8; Del Mar Rubio-Hernández 2010:69). Mans kan tydskrifte ook gebruik om die sogenaamde krisis te verwerk (Benwell 2003b:14-15).
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Afrikaanse media, ATLAS.ti
Citation