Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie : 'n Genealogiese verkenning

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
Die opkoms van die sosiobiologiese wetenskappe sedert die vorige eeu kan tereg beskou word as ’n oortydige erkenning van Darwin (1872) se insig dat nie net ons vlees nie, maar ook ons gees in ’n wereld van organe, selle en gene gebed is. Een van die gevolge van die insig is dat religie – vir lank as die uitsluitlike domein van die mens- en sosiale wetenskappe beskou – toenemend ook ’n onderwerp van studie vir die biologiese wetenskappe sou word. Die doel van die huidige artikel is nie om die biologiese benadering tot religie te kritiseer nie, maar om die aandag te vestig op die bedenklike oorsprong en invloed van een van die sleutelaannames aan die grond van die meerderheid van die studies. Dit is naamlik dat religie slegs met verwysing na die bonatuurlike en/of die buitengewone gedefinieer kan word. Die aanname vorm daarom die genealogiese fokuspunt vir ’n verkennende ondersoek na die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie as sodanig.
Description
CITATION: Troskie, S. 2020. Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie : 'n genealogiese verkenning. LitNet Akademis, 17(3):678-712.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Supernatural, Social Darwinism, Inspiration -- Religious aspects
Citation
Troskie, S. 2020. Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie : 'n genealogiese verkenning. LitNet Akademis, 17(3):678-712.