Preventing violence against children: A critical analysis of the relevance and feasibility of evidence-based practice in South Africa

Date
2022-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Violence against children (VAC) is one of the worst epidemics on the globe, and more than one billion children are exposed to violence yearly. In South Africa, there have been problems translating policies into practice and finding good strategies to address VAC, and many children are victims of violence. A plethora of methods for addressing violence have been proposed, with the seven INSPIRE strategies of World Health Organization (WHO) for the prevention of VAC being the most prominent. The INSPIRE programme is resourced and promoted through the Pathfinding programme, of which South Africa is a member state, obliging the government to act against VAC. However, adopting an international evidence-based practice for VAC in South Africa might be problematic, as little is known about the extent to which such evidencebased practice is relevant and feasible to South Africa. The thesis employs a qualitative approach, adopting an exploratory research design, due to the flexible and open-ended nature of the research questions. Moreover, the data that was collected was secondary in nature, namely data that already existed in the public domain. The thesis aims to undertake a critical desktop review of the relevance and feasibility of international evidencebased practice for the prevention of VAC in South Africa. It documents this by evaluating INSPIRE’s seven strategies for violence prevention and the relevance of these strategies to South Africa. Available evidence suggests that South African children experience risk factors for violence at multiple levels. Findings from the critical analysis shows that an adaption of INSPIRE in South Africa seem impractical, considering the current climate of implementation challenges, corruption, entrenched social and cultural norms and values, poor law enforcement and the impact of COVID-19. The study findings however provide insight into promising areas for future research and for possible VAC prevention interventions, while at the same time revealing that INSPIRE proves useful in identifying VAC prevention gaps South Africa needs to address.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Geweld teen kinders (GTK) is een van die ergste epidemies wereldwyd en meer as een biljoen kinders word jaarliks aan geweld blootgestel. In Suid-Afrika is daar probleme met die oordrag van beleid na die praktyk en word daar gesukkel om goeie strategiee vir die hantering van GTK te vind; baie kinders is dus die slagoffers van geweld. Talle metodes om geweld teen te werk, is reeds voorgestel, met die sewe ‘INSPIRE’ strategiee vir die voorkoming van GTK van die Wereldgesondheidsorganisasie (WGO) die belangrikste. Die INSPIRE-program word deur die ‘Pathfinding’-program, waarvan Suid-Afrika ʼn lidstaat is, gefinansier en bevorder. Hierdie lidmaatskap verplig die regering om teen GTK op te tree. Dit kan egter problematies wees om ʼn internasionale bewysgebaseerde praktyk vir GTK in Suid-Afrika toe te pas, aangesien min bekend is oor die mate waartoe sodanige bewysgebaseerde praktyke vir Suid-Afrika tersaaklik en haalbaar is. Die tesis maak van ʼn kwalitatiewe benadering en ʼn verkennende navorsingsontwerp gebruik, weens die buigsame en oop aard van die navorsingsvrae. Die data was ingesamel is, was van sekondere aard en het dus reeds in die openbare domein bestaan. Die tesis beoog om ʼn kritiese lessenaaroorsig van die tersaaklikheid en haalbaarheid van internasionale bewysgebaseerde praktyke vir die voorkoming van GTK in Suid-Afrika te onderneem. Hierdie oorsig word gedokumenteer deur die evaluasie van INSPIRE se sewe strategiee vir geweldvoorkoming en die tersaaklikheid van hierdie strategiee vir Suid-Afrika. Die beskikbare bewyse dui aan dat Suid-Afrikaanse kinders risikofaktore vir geweld op veelvuldige vlakke ervaar. Die bevindings van die kritiese ontleding toon dat ʼn aanpassing van INSPIRE vir Suid-Afrika onprakties is, gegewe die huidige klimaat van implementeringshindernisse, korrupsie, gevestigde maatskaplike en kulturele norme en waardes, swak wetstoepassing en die impak van Covid-19. Die studiebevindings bied egter wel insig in belowende gebiede vir toekomstige navorsing en vir moontlike intervensies ter voorkoming van GTK en onthul ook dat INSPIRE nuttig is vir die identifisering van die gapings in die voorkoming van GTK waaraan Suid-Afrika moet werk.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Children -- Violence against -- Prevention, Children -- Violence against -- South Africa, COVID-19 (Disease), Evidence-based social work -- South Africa, World Health Organization, UCTD
Citation