Exploring the lifelong learning journeys of two South African Sign Language (SASL) interpreters at a South African university

Date
2021-10-25
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to gain insight into the lifelong learning journeys of two South African Sign Language (SASL) interpreters, focusing on how their formal learning in general and the acquisition of SASL, in particular, influenced how they navigate the acquisition of new literacies, especially as educational interpreters. Differentiation was made between interpreters based on the fact that one is the child of Deaf adults (CODA), while the other is the child of hearing adults (COHA). This provided insight into how their lifelong learning (LLL) journeys from childhood to professional South African Sign Language (SASL) interpreters have influenced how they now acquire new literacies and how they make meaning of newly acquired knowledge. To form an understanding of their lifelong learning journey, the study looked at each participants relationship with SASL, their membership to the Deaf community and how it influenced their learning journeys to date. While the study explores their entire learning journey from a SASL-related point of view, the greater focus is on their current realities as full-time SASL educational interpreters at a South African university. To adequately conceptualise and understand the experience and challenges that these participants had to face, and continue to face, within an educational context, a single theoretical framework is too one-dimensional. The theoretical framework thus uses a three-pronged approach, comprising three theories, namely Jarvis’s learning theory, communities of practice and Dialogical self-theory to analyse and make sense of the data. The research is positioned within the interpretivist research paradigm, using a narrative approach and qualitative style of data gathering. Two participants were identified using purposive sampling and each participant participated in an in-depth narrative interview. The narrative interviews were analysed using thematic analysis to identify the prevailing themes and patterns that emerged from the stories that participants told of their lived experiences. The dominant themes such as workplace literacy, communities of practice and identity were highlighted and investigated in greater depth by using the theoretical framework, as explained above. The analysis and insights gained provided some insight into the complexities that form part of the life-worlds of the two participants. Their daily lives as they straddle the hearing and the Deaf communities in which they work and live are very challenging. Working for or serving members of any marginalised community comes with challenges, but when that community has such a strong culture and identity as the Deaf community, there are additional obstacles and cultural hindrances that must be acknowledged, addressed and respected. The different self-positions that the two participants take on is a clear indication of how their lifelong learning journey influenced how they interact with members of the Deaf community and how they understand and mitigate the barriers that they face in their right and on behalf of their clients―the students.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie is ’n verkenning van die lewenslange leerreise van twee Suid -Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) tolke, met die doel om insig en begrip te bevorder. Daar word spesifiek gefokus op hoe hul formele opleiding in die algemeen en die aanleer van SAGT, in die besonder, ’n invloed gehad het op die manier waarop hulle die verwerwing van nuwe geletterdhede navigeer, veral binne die konteks van hul loopbane as opvoedkundige tolke. Onderskeid tussen deelnemers is getref op grond van die feit dat die een tolk die kind van dowe ouers is, terwyl die ander tolk se ouers beide horend is. Hierdie navorsing bied insig en begrip oor hoe die lewenslange leerreis (LLL) van die individue, hoe hulle die verwerwing van nuwe kennis en vaardighede benader en hoe hulle sin maak en betekenis aan die nuut verworwe kennis koppel. Die studie het dus ondersoek ingestel na hul verhouding met SAGT sedert hulle daaraan blootgestel is, tot die hede waar hulle tans as professionele gebaretaaltolke werk binne ’n opvoedkundige milieu. Om ’n begrip te vorm van die lewenslange leerreis, het die studie gekyk na elke deelnemer se verhouding met SAGT, hul lidmaatskap tot die Dowe gemeenskap en hoe dit hul leerreise tot dusver beinvloed het. Terwyl die studie hul lewenslange leerreis vanuit ’n SAGT-verwante oogpunt ondersoek, val die groter fokus op hul huidige realiteite as voltydse SAGT-opvoedkundige tolke aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit. Om die ervarings en uitdagings waarmee deelnemers binne ’n opvoedkundige konteks te kampe het te konseptualiseer en te verstaan is ’n drieledige teoretiese raamwerk gebruik. Die raamwerk bestaan uit drie teoriee, naamlik Jarvis se leerteorie, praktykgebaseerde-gemeenskappe en Dialogiese Selfteorie om die data te ontleed en daarvan sin te maak. Die studie is binne die interpretivistiese navorsingsparadigma gesposisioneer en bied ’n binnekringperspektief op die unieke ervarings van die twee deelnemers. ’n Doelgerigte steekproefmetode is gebruik om die deelnemers aan die studie te identifiseer en ’n narratiewe metodologie is toegepas om toegang tot hul geleefde ervarings en oorvertellings daarvan te kry. ‘n Kwalitatiewe styl van data-insameling is gebruik en elke deelnemer het aan ’n diepgaande narratiewe onderhoud deelgeneem. Die datakorpus bestaan uit die transkripsies wat van video-opnames van die MS Teams-onderhoude gemaak is. Die transkripsies is ontleed deur middel van tematiese analise om die oorheersende temas en patrone te identifiseer wat uit die verhale na vore gekom het waar deelnemers van hul geleefde ervarings vertel het. Die dominante temas soos werksplekgeletterdheid, praktykgebaseerde gemeenskappe en identiteite is uitgelig en in meer diepte ondersoek deur van die teoretiese raamwerk gebruik te maak, soos hierbo verduidelik. Die ontleding bied insig in die kompleksiteite wat deel van die geleefde werelde van die twee deelnemers uitmaak. Die feit dat hul daaglikse lewe en werksomgewing binne die horende en Dowe gemeenskappe skakel, het inherente uitdagings wat uniek is tot hul beroep en leefwêreld. Om binne ’n gemarginaliseerde gemeenskap te werk het ooglopende uitdagings. Wanneer die gemeenskap so ’n sterk kultuur en identiteit soos die Dowe gemeenskap het, is daar egter addisionele struikelblokke en kulturele hindernisse wat erken, aangespreek en gerespekteer moet word. Die verskillende self-posisies wat die twee deelnemers inneem, is ’n duidelike aanduiding van hoe hul lewenslange leerreis beïnvloed is deur hul interaksie met lede van die Dowe gemeenskap, asook hoe hulle die hindernisse wat hulle in eie reg, en namens hul kliente – die studente—in die gesig staar, verstaan en mitigeer.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Sign language -- Education (Higher) -- South Africa, SASL, South African Sign Language -- Education (Higher) -- South Africa, Translating and interpretation, Interpreters for the deaf, Deaf students -- Education (Continuing education), Holistic education, Educational psychology, Educational sociology, Self -- Social aspects, Communities of practice -- Education (Higher) -- South Africa -- Psychological aspects, UCTD
Citation