dc.contributor.advisor | Swart, Marius | en_ZA |
dc.contributor.author | Snyman, An-Mari Celeste | en_ZA |
dc.contributor.other | Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch. | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2021-12-06T20:39:57Z | |
dc.date.accessioned | 2021-12-22T14:31:21Z | |
dc.date.available | 2021-12-06T20:39:57Z | |
dc.date.available | 2021-12-22T14:31:21Z | |
dc.date.issued | 2021-12 | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/123956 | |
dc.description | Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021. | en_ZA |
dc.description.abstract | ENGLISH ABSTRACT: University languages around the world are increasingly under the pressure from English
(Mikanowski, 2018). The study aimed to determine how three universities in three
different countries respond to the pressure from English, as well as the impact of English
on the chosen official languages of these three countries as languages of instruction in
higher education.
The study sought to determine through a critical discourse analysis what the impact of
English is on Portuguese, Dutch and Afrikaans as university languages. Afrikaans, one
of South Africa's official languages that is also a university language, has made frequent
headlines in recent years due to decisions that have put the language under pressure in
higher education. The study's relevance is supported by several newspaper headlines
and articles dealing with English, the language so often referred to as the global,
international or language of the world (Clark, 2012; Center for Applied Linguistics, s.a .;
BBC NEWS, 2010).
History, politics, economics, ideology and power are all factors that emerged and were
needed to be taken into account during the study. The field of language planning includes
not only the consideration of changes within a language, but also the differences and
changes within a group of diverse languages, specifically the communication patterns
within a society (Lo Bianco, 2010: 37). In today's multicultural societies, multilingualism
is also becoming more and more common. The three selected universities, namely
Stellenbosch University, the University of Groningen and the State University of Rio
Grande do Sul (UFRGS) all have several languages that are relevant and were to be
examined as smaller versions of Shohamy's concept of the multilingual society.
From the very beginning of the study, it was clear that English plays a role in all three of
these countries. However, whether the size and impact of that role is the same in each
country and at the different universities, only became clearer towards the end of the study.
Internationalization - the result of the need to be seen as an international university and
to increasingly attract international students - are factors that have emerged repeatedly
at all three universities. These are goals and drivers that serve as motivations for the iv
decisions made. The textual analysis uncovered that diversity and inclusivity are two
other goals that SU and the UG have particularly in common. It can be assumed that
diversity, inclusivity and the need to internationalize served as underlying goals when
these two institutions decided to give preference to English, the language considered to
be the lingua franca of the world.
The impact that English has on Afrikaans, Dutch and Portuguese as university languages
was therefore found not to be consistent. The possibility is there that this may change in
the future. At this stage Afrikaans and Dutch suffer more from the power of English than
Portuguese. In the case of most South African and Dutch universities, the study found
that they chose to be more accommodating for the sake of factors such as inclusivity,
internationalization and diversity and argue that English is the solution. As a result, the
impact of English is much greater on Afrikaans and Dutch as university languages, than
on Portuguese. | en_ZA |
dc.description.abstract | AFRIKAANSE OPSOMMING: Universiteitstale reg oor die wêreld verkeer toenemend onder die druk van Engels
(Mikanowski, 2018). Die studie se doel was om vas te stel hoe drie universiteite in drie
verskillende lande op die druk van Engels reageer, asook die impak van Engels op die
gekose ampstale van hierdie drie lande as onderrigtale in die hoër onderwys.
Die studie het daarna gestrewe om deur middel van 'n kritiese diskoersanalise vas te stel
wat die impak van Engels op Portugees, Nederlands en Afrikaans as universiteitstale is.
Afrikaans, een van Suid-Afrika se ampstale wat ook ¢n universiteitstaal is, het in die
afgelope paar jare gereeld opslae gemaak weens besluite wat geneem is wat die taal in
die hoër onderwys onder druk geplaas het. Die studie se relevansie is ondersteun deur
verskeie koerantopskrifte en artikels wat handel oor Engels – die taal waarna daar so
dikwels verwys word as die globale, internasionale of wêreldtaal (Clark, 2012; Center for
applied linguistics, s.a.; BBC NEWS, 2010).
Die geskiedenis, politiek, ekonomie, idologieë en mag is alles faktore wat in geneem en
ondersoek moet word tydens die bestudering van taal en die rol wat dit vertolk (Shohamy,
2006:8). Taalbeplanning behels nie net die inagneming van veranderinge binne ¢n taal
nie, maar ook die verskille en veranderinge binne ¢n groep diverse tale, met klem op die
kommunikasiepatrone binne ¢n samelewing (Lo Bianco, 2010:37). In vandag se
multikulturele samelewings is veeltaligheid ook al hoe meer algemeen. Die drie gekose
universiteite naamlik, die Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van Groningen en die
Staatsuniversiteit van Rio Grande do Sul (UFRGS) het almal verskeie tale wat ter sprake
is en kan ondersoek word as kleiner weergawes van Shohamy se konsep van die
meertalige samelewing.
Dit was van die begin van die studie af reeds duidelik dat Engels 'n rol in al drie hierdie
lande speel. Dit sou egter eers teen die einde duideliker word of die grootte en impak van
hierdie rol by elke land en by die verskillende universiteite dieselfde is of nie.
Internasionalisering – die gevolg van die behoefte om as 'n internasionale universiteit
gesien te word en om toenemend internasionale studente te lok - is faktore wat by herhaaling by al drie universiteite na vore gekom het. Dit is doelwitte en dryfvere wat as
motiverings dien vir die besluite wat geneem word. Die teksontleding het ontbloot dat
diversiteit en inklusiwiteit twee ander doelwitte is wat die US en die UG veral in gemeen
het. Daar kan aanvaar word dat diversiteit, inklusiwiteit en die behoefte om te
internasionaliseer as onderliggende doelwitte gedien het toe hierdie twee instellings
besluit het om voorkeur te gee aan Engels, die taal wat as die lingua franca van die
wêreld gesien word.
Daar is dus gevind dat die impak wat Engels op Afrikaans, Nederlands en Portugees as
universiteitstale het, nie konsekwent is nie. Die moontlikheid is daar dat dit in die toekoms
kan verander. Afrikaans en Nederlands ly in hierdie stadium meer onder die mag van
Engels as Portugees. In die geval van die meeste Suid-Afrikaanse en Nederlandse
universiteite het die studie bevind dat hulle verkies het om meer tegemoetkomend te
wees ter wille van faktore soos inklusiwiteit, internasionalisering en diversiteit en
redeneer dat Engels die oplossing is. Gevolglik is die impak van Engels baie groter op
Afrikaans en Nederlands as universiteitstale, as op Portugees. | af_ZA |
dc.format.extent | 158 pages | en_ZA |
dc.language.iso | af_ZA | af_ZA |
dc.publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University | en_ZA |
dc.subject | Language and languages -- Study and teaching (Higher) | en_ZA |
dc.subject | Language and education | en_ZA |
dc.subject | Stellenbosch University -- Language policy | en_ZA |
dc.subject | University languages | en_ZA |
dc.subject | UCTD | en_ZA |
dc.title | Die impak van Engels op Afrikaans, Nederlands en Portugees as universiteitstaal : ʼn kritiese diskoersanalise | af_ZA |
dc.type | Thesis | en_ZA |
dc.description.version | Masters | en_ZA |
dc.rights.holder | Stellenbosch University | en_ZA |