Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd
Date
2019
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Waarom sou iemand wat nie self Palestyns is nie, die Palestynse stryd aktief en in die openbaar
ondersteun? Hierdie artikel bied ’n oorsig oor die redes waarom Joods-Israeliese en SuidAfrikaanse burgers aangesluit het by die Palestynse bevrydingstryd. Dus: Wat het die 21
deelnemers aan die navorsing laat beweeg van onbetrokkenheid na aktivisme? Ek beantwoord
hierdie vrae aan die hand van navorsing vir my doktorale studie in empiriese etiek. Dié
kwalitatiewe, induktiewe studie was ondersoekend en is daarom gerig deur ’n navorsingsvraag
eerder as deur enige teorieë of hipoteses. My doel was om die respondente se werklike redes
vanuit hulle eie gesigspunte te verstaan, en daarom is die navorsingsresultate in die vorm van
begronde stellings.
Ongeveer die helfte van die deelnemers het die stelselmatige, veelvlakkige en onwettige aard
van Israel se magsmisbruik herken sonder dat hulle enige gevestigde Sionistiese persepsies of
ander lojaliteite moes verskuif. Die ander helfte was egter onthuts, geskok en ontstel deur die
magdom vals inligting wat hulle geglo het en dat hul lojaliteit teenoor Israel se beleid teenoor
die Palestyne indruis teen hulle sienings van menswaardigheid. Hierdie groep het drastiese
aanpassings gemaak. Nie een van die 21 deelnemers het dus hulle waardes verskuif toe hulle
aktiviste geword het nie, maar almal het hul innerlike moraliteit met die werklikheid
gekalibreer. Organiserende beginsels soos toeval, keuse, normaliteit, bestemming, intuïsie en
die onverklaarbare speel ’n rol by almal se toetredes, en so ook ’n verskeidenheid kontekstuele
faktore wat as katalisators of snellers gedien het. Almal is dit egter eens dat die Palestynse stryd
’n appèl plaas op hulle integriteit. Ten diepste het hulle behoefte om eerlik en konsekwent hul
waardes ten opsigte van almal en in alle omstandighede uit te leef en om ander dieselfde te gun
as vir hulself, hulle tot aksie laat oorgaan.
Why would one publicly join the Palestinian cause if one is not Palestinian oneself? What about Israel, which also suffers violent attacks? Views on Israel and the Palestinians are often positioned as though there is a conflict between two equal entities. As a result, some people argue for a “balanced” or a “neutral” approach in a case that many deem as too complex to unravel or too hopeless to address. In this article I use some of the findings of my doctoral research in empirical ethics (Momberg 2017) to explain why Israeli and South African citizens joined the Palestinian struggle.

Description
CITATION: Momberg, M. 2019. Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd. LitNet Akademies, 16(2):23-46.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Apartheid -- South Africa, Jews -- South Africa, Palestine
Citation
Momberg, M. 2019. Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd. LitNet Akademies, 16(2):23-46.