Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd

dc.contributor.authorMomberg, Marthieen_ZA
dc.date.accessioned2020-02-14T10:15:11Z
dc.date.available2020-02-14T10:15:11Z
dc.date.issued2019
dc.descriptionCITATION: Momberg, M. 2019. Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd. LitNet Akademies, 16(2):23-46.en_ZA
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractWaarom sou iemand wat nie self Palestyns is nie, die Palestynse stryd aktief en in die openbaar ondersteun? Hierdie artikel bied ’n oorsig oor die redes waarom Joods-Israeliese en SuidAfrikaanse burgers aangesluit het by die Palestynse bevrydingstryd. Dus: Wat het die 21 deelnemers aan die navorsing laat beweeg van onbetrokkenheid na aktivisme? Ek beantwoord hierdie vrae aan die hand van navorsing vir my doktorale studie in empiriese etiek. Dié kwalitatiewe, induktiewe studie was ondersoekend en is daarom gerig deur ’n navorsingsvraag eerder as deur enige teorieë of hipoteses. My doel was om die respondente se werklike redes vanuit hulle eie gesigspunte te verstaan, en daarom is die navorsingsresultate in die vorm van begronde stellings. Ongeveer die helfte van die deelnemers het die stelselmatige, veelvlakkige en onwettige aard van Israel se magsmisbruik herken sonder dat hulle enige gevestigde Sionistiese persepsies of ander lojaliteite moes verskuif. Die ander helfte was egter onthuts, geskok en ontstel deur die magdom vals inligting wat hulle geglo het en dat hul lojaliteit teenoor Israel se beleid teenoor die Palestyne indruis teen hulle sienings van menswaardigheid. Hierdie groep het drastiese aanpassings gemaak. Nie een van die 21 deelnemers het dus hulle waardes verskuif toe hulle aktiviste geword het nie, maar almal het hul innerlike moraliteit met die werklikheid gekalibreer. Organiserende beginsels soos toeval, keuse, normaliteit, bestemming, intuïsie en die onverklaarbare speel ’n rol by almal se toetredes, en so ook ’n verskeidenheid kontekstuele faktore wat as katalisators of snellers gedien het. Almal is dit egter eens dat die Palestynse stryd ’n appèl plaas op hulle integriteit. Ten diepste het hulle behoefte om eerlik en konsekwent hul waardes ten opsigte van almal en in alle omstandighede uit te leef en om ander dieselfde te gun as vir hulself, hulle tot aksie laat oorgaan.en_ZA
dc.description.abstractWhy would one publicly join the Palestinian cause if one is not Palestinian oneself? What about Israel, which also suffers violent attacks? Views on Israel and the Palestinians are often positioned as though there is a conflict between two equal entities. As a result, some people argue for a “balanced” or a “neutral” approach in a case that many deem as too complex to unravel or too hopeless to address. In this article I use some of the findings of my doctoral research in empirical ethics (Momberg 2017) to explain why Israeli and South African citizens joined the Palestinian struggle.
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent24 pages
dc.identifier.citationMomberg, M. 2019. Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd. LitNet Akademies, 16(2):23-46.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/107480
dc.language.isoaf_ZAen_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectApartheid -- South Africaen_ZA
dc.subjectJews -- South Africaen_ZA
dc.subjectPalestineen_ZA
dc.titleIsraeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse strydaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
momberg_israeliese_2019.pdf
Size:
671.46 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: