Filmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf

Date
2019
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se roman Triomf (1994) verskyn in 2008. Aanpassings wat die filmverwerking aan die romanverhaal maak, lei tot ’n alternatiewe vertelling van die Triomf-verhaal. ’n Vergelykende studie wat hierdie aanpassings ondersoek, lewer insigte in die filmverwerkingsproses en kontemporêre adaptasiestudies op. Adaptasiestudies bestudeer die verhouding tussen filmverwerkings en hul brontekste en bied insiggewende vergelykingsmodusse tussen die twee media. Navorsers voer aan dat getrouheidskritiek tydens vergelykende studies vermy moet word. Gevolglik word alternatiewe vergelykingsmodusse ondersoek ten einde hiërargiese plasings van die romanteks bó die filmteks (of omgekeer) te vermy. McFarlane (1996:23) wys daarop dat vergelykende studies moet vasstel wat uit die romanverhaal behou is, wat verander is en wat die gevolglike interpretasie daarvan is. Leitch (2007:18) argumenteer dat die gapings tussen die twee tekste bestudeer moet word om vas te stel of die filmverwerking ’n nuwe vertelling van die oorspronklike verhaal bied. Doelbewuste aanpassings dui op die mate waarin die filmverwerking die bronteksverhaal interpreteer. Die Triomf-filmverwerking word met die romanverhaal vergelyk om die gapings tussen die twee tekste te identifiseer. Vergelykend word ondersoek hoe die romanverhaal aangepas is en of hierdie aanpassings op ’n interpretasie en dus ’n alternatiewe vertelling van die Triomfverhaal dui, met die verdere doel om ’n oorspronklike teks te lewer. Hier onder word die titel, tydruimtelike aspekte, struktuur en intrige, karakterisering, toneelseleksie en tematiek onder die loep geneem. Die artikel stel die volgende navorsingsvraag: Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel? Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die Triomf-filmverwerking ’n interpretasie lewer wat meer sinies en somber in toon is, met ’n suggestie dat hoop vir ’n vreedsame toekoms na die 1994-verkiesing nie moontlik is nie. As sodanig bied die Triomf-filmverwerking ’n alternatiewe vertelling van die romanverhaal en dien dit as ’n oorspronklike verhaal.
Michael Raeburn’s film adaptation of Marlene Van Niekerk’s seminal 1994 novel Triomf was released in 2008. It is clear that Raeburn’s film, Triomf, deviates from Van Niekerk’s novel, offering an alternative version of the Triomf story. A comparative study of these two texts offers insight into the adaptation process and contemporary adaptation studies. Adaptation studies scrutinises the relationship between film adaptations and their source texts.
Description
CITATION: Van Dyk, A. 2019. Filmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf. LitNet Akademies, 16(3):158-185.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Van Niekerk, Marlene -- Triomf, Raeburn, Michael -- Triomf, Film adaptations, Motion pictures and literature, Afrikaans literature, South African literature -- Film adaptations
Citation
Van Dyk, A. 2019. Filmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf. LitNet Akademies, 16(3):158-185.