Filmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf

dc.contributor.authorVan Dyk, Adeanen_ZA
dc.date.accessioned2020-02-04T07:21:20Z
dc.date.available2020-02-04T07:21:20Z
dc.date.issued2019
dc.descriptionCITATION: Van Dyk, A. 2019. Filmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf. LitNet Akademies, 16(3):158-185.
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractMichael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se roman Triomf (1994) verskyn in 2008. Aanpassings wat die filmverwerking aan die romanverhaal maak, lei tot ’n alternatiewe vertelling van die Triomf-verhaal. ’n Vergelykende studie wat hierdie aanpassings ondersoek, lewer insigte in die filmverwerkingsproses en kontemporêre adaptasiestudies op. Adaptasiestudies bestudeer die verhouding tussen filmverwerkings en hul brontekste en bied insiggewende vergelykingsmodusse tussen die twee media. Navorsers voer aan dat getrouheidskritiek tydens vergelykende studies vermy moet word. Gevolglik word alternatiewe vergelykingsmodusse ondersoek ten einde hiërargiese plasings van die romanteks bó die filmteks (of omgekeer) te vermy. McFarlane (1996:23) wys daarop dat vergelykende studies moet vasstel wat uit die romanverhaal behou is, wat verander is en wat die gevolglike interpretasie daarvan is. Leitch (2007:18) argumenteer dat die gapings tussen die twee tekste bestudeer moet word om vas te stel of die filmverwerking ’n nuwe vertelling van die oorspronklike verhaal bied. Doelbewuste aanpassings dui op die mate waarin die filmverwerking die bronteksverhaal interpreteer. Die Triomf-filmverwerking word met die romanverhaal vergelyk om die gapings tussen die twee tekste te identifiseer. Vergelykend word ondersoek hoe die romanverhaal aangepas is en of hierdie aanpassings op ’n interpretasie en dus ’n alternatiewe vertelling van die Triomfverhaal dui, met die verdere doel om ’n oorspronklike teks te lewer. Hier onder word die titel, tydruimtelike aspekte, struktuur en intrige, karakterisering, toneelseleksie en tematiek onder die loep geneem. Die artikel stel die volgende navorsingsvraag: Tot watter mate interpreteer Michael Raeburn se filmverwerking van Marlene van Niekerk se Triomf die romanverhaal ten einde ’n oorspronklike verhaal daar te stel? Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die Triomf-filmverwerking ’n interpretasie lewer wat meer sinies en somber in toon is, met ’n suggestie dat hoop vir ’n vreedsame toekoms na die 1994-verkiesing nie moontlik is nie. As sodanig bied die Triomf-filmverwerking ’n alternatiewe vertelling van die romanverhaal en dien dit as ’n oorspronklike verhaal.en_ZA
dc.description.abstractMichael Raeburn’s film adaptation of Marlene Van Niekerk’s seminal 1994 novel Triomf was released in 2008. It is clear that Raeburn’s film, Triomf, deviates from Van Niekerk’s novel, offering an alternative version of the Triomf story. A comparative study of these two texts offers insight into the adaptation process and contemporary adaptation studies. Adaptation studies scrutinises the relationship between film adaptations and their source texts.
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent28 pages
dc.identifier.citationVan Dyk, A. 2019. Filmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomf. LitNet Akademies, 16(3):158-185.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/107424
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectVan Niekerk, Marlene -- Triomfen_ZA
dc.subjectRaeburn, Michael -- Triomfen_ZA
dc.subjectFilm adaptationsen_ZA
dc.subjectMotion pictures and literatureen_ZA
dc.subjectAfrikaans literatureen_ZA
dc.subjectSouth African literature -- Film adaptationsen_ZA
dc.titleFilmverwerking as interpretasie : die verwerkingsproses van roman na film met verwysing na Marlene van Niekerk se Triomf en Michael Raeburn se Triomfaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
vandyk_filmverwerking_2019.pdf
Size:
507.02 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: