Self-assessment by computer-assisted interpreter training (CAIT) for practising interpreters : Parliament as a case in study

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Computer-assisted interpreter training (CAIT), as a relatively new field in interpreting studies, explores the implementation of information and communication technologies (ICT) in the training of interpreters. Currently very little, if any research has been conducted on CAIT within the South African context. International research on CAIT and its application in the development of self-assessment skills has focused mainly on its implementation within institutions of higher learning as a tool in the training of student interpreters. There has been no dedicated study on the possible use in the training and self-assessment of the practising interpreter. These CAIT tools may also prove useful when utilised for self-assessment skills development within institutions that employ interpreters on a permanent basis. This research explores the use of CAIT as a tool for the development of self-assessment skills in interpreting performance. The aim of this study is to investigate and evaluate the effectiveness of the CAIT software in the development of self-assessment skills of practising interpreters in the Parliament of the Republic of South Africa. The research design for this study comprises an evaluation study approach, based on an experimental intervention design. In order to collect data that would address the research questions, questionnaires, an experiment and interviews were used. The experimental group was exposed to the software, Black Box, in order to measure the impact thereof on the development of their self-assessment skills. The results indicate that the experimental group practising interpreters who were exposed to the software, displayed an improvement in self-assessment skills and indicated a better understanding of the criteria which is important in the assessment of interpreting performance as well as a better awareness of the strengths and weaknesses in their interpreting performance. The study concludes that CAIT proves to be a viable tool also for in-house training and development of self-assessment skills of professional interpreters.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Rekenaargesteunde tolkopleiding oftewel computer-assisted interpreter training (CAIT), as ’n relatiewe nuwe veld in tolkstudies, verken die implementering van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in die opleiding van tolke. Tans is daar baie min indien enige navorsing uitgevoer oor CAIT in die Suid-Afrikaanse konteks. Internasionale navorsing oor CAIT en die aanwending daarvan in die ontwikkeling van selfassesseringsvaardighede het hoofsaaklik gefokus op die implementering daarvan in instellings van hoër onderwys as ’n instrument in die opleiding van studenttolke. Daar is nog nie ’n toegewyde studie oor die moontlike gebruik in die opleiding en selfassessering van die praktiserende tolke nie. Hierdie CAIT-gereedskap kan ook nuttig wees wanneer dit aangewend word vir die ontwikkeling van selfassesseringsvaardighede binne instansies wat tolke op ’n permanente basis in diens neem. Hierdie studie verken die aanwending van CAIT as ’n instrument in die ontwikkeling van selfassesseringsvaardighede in tolkprestasie. Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die doeltreffendheid van CAIT-sagteware asook die beoordeling daarvan in die ontwikkeling van selfassesseringsvaardighede van praktiserende tolke in die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika. Die navorsingsontwerp vir die studie behels ’n evalueringsstudie-benadering wat gebaseer is op ’n eksperimentele-ingrypingsontwerp. ’n Vraelys, eksperiment en onderhoud is aangewend met die oog op die insameling van data wat die navorsingsvrae sal hanteer. Die eksperimentele groep is blootgestel aan die sagteware, Black Box, ten einde die impak daarvan te meet in die ontwikkeling van hul selfassesseringsvaardighede. Die resultate dui daarop dat die eksperimentele groep praktiserende tolke wat aan die sagteware blootgestel is, ’n toename toon in hul selfassesserings, ’n beter begrip het van die kriteria wat belangrik is in die beoordeling van tolkprestasie asook 'n beter bewustheid van die sterk- en swakpunte in die tolk se tolkprestasie. Die gevolgtrekking van die studie dui daarop dat CAIT blyk ’n lewensvatbare instrument te wees vir interne opleiding en die ontwikkeling van selfassesseringsvaardighede van praktiserende tolke.
Description
Thesis (MA)-- Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Interpreter training, Computer-assisted interpreter training (CAIT), Interpreters -- Self-assessment, UCTD
Citation