’n Vaste plek vir Afrikaans : taaluitdagings op kampus

Date
2006
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : SUN PReSS
Abstract
AGTERBLAD: Die woelinge oor die voertaalbeleid op kampusse wat eens grootliks enkelmedium Afrikaans was, duur al tien jaar. Dit het in die afgelope jaar veel hewiger geword, sonder enige aanduiding dat temperature gaan afkoel. In Pretoria het meer as duisend Tukkies teen die marginalisering van Afrikaans geprotesteer - en dit was vir die universiteitsbestuur nodig om dosente te herinner aan studente se reg om toetse en werkstukke in Afrikaans te lewer. Die besluit van die Fakulteit Lettere e Wysbegeerte op Stellenbosch om dubbelmedium tot in die derde jaar deur te voer, het tot waarskynlik die grootste polemiek nog in Die Burger gelei. Hierteenoor was die Bloemfonteinse en Potchefstroomse kampusse, wat taalbeleid betref, redelik rustig. Die konflik is nie net ‘n intellektuele binnegeveg waarin akademici hulle verlustig nie. Afrikaans se toekoms as openbare taal hang van die uitslag af. Word Stellenbosch en Pretoria hoofsaaklik Engels, volg van die beste hoërskole gou die voorbeeld. Teen ‘n agtergrond van die opmars van Engels in internasionale taalgebruik, gee die boek ‘n oorsig en ontleding van ontwikkelinge op Suid-Afrikaanse kampusse in die afgelope tien jaar – en die implikasies daarvan vir Afrikaans, ander inheemse tale en kulturele diversiteit. Teenoor die standpunt dat Afrikaans as onderrigtaal met “taalvriendelikheid” en met oop hekke vir Engels gebruik moet word, stel hierdie boek die standpunt wat bekend staan as Laponce se Wet: Hoe taalvriendeliker mense is, hoe dodeliker raak die geveg tussen ‘n kwesbare en ‘n sterker taal (by ons Afrikaans en Engels). “Slim” oplossing kan nie sekerheid vir Afrkiaans – en al ons inheemse tale – bring nie. Ons kwesbare tale se toekoms sal uiteindelik afhang van universiteitsbesture se beginselvastheid, eerlikheid, en hul verantwoordbaarheid aan taalgemeenskappe. En slegs die Afrikaanse taalgemeenskap self kan die verantwoordbaarheid, en daarmee saam ‘n vaste plek vir ons taal, afdwing.
Description
Giliomee, H. & Schlemmer, L. 2006. ’n Vaste plek vir Afrikaans : taaluitdagings op kampus. Stellenbosch: SUN PReSS. doi:10.18820/9781920109172.
The original publication is available from AFRICAN SUNMeDIA - www.sun-e-shop.co.za
Keywords
Afrikaans as educational language, Language and education -- South Africa, Afrikaans language -- South Africa, Higher education and state -- South Africa
Citation
Giliomee, H. & Schlemmer, L. 2006. ’n Vaste plek vir Afrikaans : taaluitdagings op kampus. Stellenbosch: SUN PReSS. doi:10.18820/9781920109172.
Collections