Research Articles (Music)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Music) by Title
Now showing 1 - 18 of 18
Results Per Page
Sort Options
- ItemAfrikaans en Musiek. Kantaantekeninge van iemand wat aan die kant teken(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2017-06) Ludemann, WinfriedTeen die agtergrond van vrae oor die toekoms van Afrikaans stel hierdie artikel vokale musiek as 'n eie "bestaansdomein" van taal aan die orde. Die spesifiek musikale kenmerke van Afrikaans in vergelyking met ander tale word ondersoek asook die implikasies daarvan vir die komponis van Afrikaanse musiek. 'n Kritiese oorsig word verskaf oor toonsettings van Afrikaanse tekste van die afgelope eeu, veral wat kunsliedere met klavierbegeleiding en verwerkings van Psalms en Gesange betref. Die betekenis van die huidige opbloei van koormusiek in Suid-Afrika word geskets en 'n pleidooi word gelewer dat koormusiek erken word as 'n belangrike domein waarin Afrikaans as kultuurtaal bestaan. Persoonlike woord vooraf Hierdie artikel word geskryf vanuit die perspektief van 'n nie-Afrikaanssprekende buitestander wat van die kantlyn af na ontwikkelinge rondom Afrikaans kyk. As geleentheidskomponis het ek 'n aantal beskeie bydraes tot Afrikaanse koormusiek gelewer en ek het in hierdie verband baie besin oor die musikale potensiaal van die Afrikaanse taal in vergelyking met ander tale waarin ek ook gekomponeer het. Teen my aanvanklike vooroordeel in het Afrikaans my as musiektaal toenemend begin fassineer. Ek het agtergekom dat die potensiaal daarvan as taal vir koormusiek nog nie behoorlik ontdek en ontgin is nie. Dit is hoe die titel van hierdie artikel verstaan moet word.
- ItemHerbert Wiegand with a "metalexicographical panga" in the jungle : an unlocking of Worterbuchforschung(Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch University, 2001) Smit, MariaThis article discusses volume 1 of Wiegand's Wörterbuchforschung, which contains asection on the structure of the research field of lexicography, and a section on research on dictionaryuse. Wiegand firstly discusses different aspects of language lexicography and dictionaryresearch to determine whether this type of research constitutes a scientific discipline. He concludesthat it is a scientific research field on its way to become a scientific discipline. In the second section,Wiegand puts forward a theoretical framework for research on dictionary use, based on actiontheory, and a detailed methodology which includes empirical research. Such a theoretical andmethodological foundation, which also takes into account the systematic research on dictionarystructure, can be informative to lexicographers and enable them to plan the microstructures offuture dictionaries in a more systematic way. This might also lead to a more scientific concept ofuser-friendliness in dictionaries.
- ItemIndigenisation and history : how opera in South Africa became South African opera(SUN MeDIA, 2012) Roos, HildeIn South Africa, the exposure of opera to local cultures and circumstances has in time resulted in a number of opera productions that have departed from Western aesthetic norms and prompted innovations to the genre. These innovations can be traced in newly created operas as well as in the production of a number of operas from the standard canon that have been ‘translated’ to local contexts and social realities. This article explores the historical trajectory of opera production in South Africa from 1801 to the present through the lens of indigenisation and shows that, in its most subtle form, this phenomenon can be traced in local opera productions long before the issue of the reflection of indigenous cultures in opera became relevant. In constructing this history, the author hopes to identify moments when one musical element became another, or changed sufficiently to become a similar, but different element. Clearly, in discovering the South African roots of opera and understanding the many projects that currently characterise the opera scene in this country, the issue is not only one for cultural or textual analysis, but also, very pertinently, a matter for historiography.
- ItemLewe-in-werk : outobiografiek in Arnold van Wyk se musiek(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2008-03) Grove, IzakAFRIKAANSE OPSOMMING: Die artikel handel oor die populêre vraag rakende die konsep van betekenis in die kunsmusiek, meer spesifiek die musiek van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk (1916-1983). Tydens ’n onderhoud met die komponis in 1982 het hy aanduidings gegee ten opsigte van die skeppingsproses van sy klavierwerk, Nagmusiek (wat geskryf is in 1945-1958). Onlangse insae in sketse en briewe wat betrekking het op hierdie en ander werke het nie alleen die komponis se mededelings bevestig nie, maar ook dit onthul wat gesien kan word as aanduidings van die outobiografiese aard van die musiek. Daar kan geargumenteer word dat die komponis bepaalde aspekte van sy innerlike self en sy lewenstyl teruggehou het, om slegs deur middel van sy musiek tot uitdrukking te bring.
- ItemMaking the Dutchman proud of his language... : ’n honderd jaar van die Afrikaanse kunslied(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2011-12) Grove, IzakDie ontwikkeling van die Afrikaanse kunslied kan herlei word na die eerste voorbeeld daarvan, ’n toonsetting deur Jan Gysbert Bosman (ook bekend as Bosman di Ravelli) in 1908 van wat beskou word as die eerste volwasse gedig in dié jong taal, d.w.s. Eugène Marais se ikoniese teks, Winternag. In ’n breër perspektief begin die geskiedenis van die Afrikaanse lied met volksmusiekagtige pogings voor die eeuwending, deur die patriotiese lied in die jare onmiddellik na die Anglo-Boereoorlog (soos dié van Stephen Eyssen), tot by populêre liedere gedurende die twintigerjare, op die patroon van die Engelse “drawingroom” ballades, deur Stephen le Roux Marais. Die koms van die digkuns van die dertigerjare het ook die verskyning van die Afrikaanse kunslied, op die patroon van Europese modelle, ingelui. Hierdie era het gekulmineer in Arnold van Wyk se siklus Van Liefde en Verlatenheid (1953). Dit is interessant dat die begin van die Afrikaanse kunslied saamval met die afname van die Europese kunslied-tradisie, wat egter steeds in stand gehou word deur ’n groep plaaslike liedkomponiste en -bewonderaars.
- ItemMiniature blueprints, spider strategems : a Michael Blake retrospective at 60(The Musical Times Publications Ltd, 2011) Muller, StephanusSEVENTEEN YEARS after the first democratic elections in South Africa in 1994, radical voices in the country are asking the question: to what extent does the South Africa of 2011 display more continuities than discontinuities with the apartheid state that preceded it? Writing in the Mail and Guardian of 29 April 20II, for example, New Frank Talk editor Andile Mngxitama motivated his call to boycott local government elections as follows: The past 17 years of ANC rule can not longer be defended, even by elites who have benefited so handsomely from it( ... ]. When the ANC took over in 1994 and paid allegiance to the god of capitalism it meant that old white .privileges would be maintained and a politically connected black layer would be allowed to accumulate. This is not the voice of the corrupt political populists who dominate news headlines in South Africa, but of the radical intellectual inheritors of Steve Bantu Biko's Black Consciousness. Central to this debate, as Mngxitama's argument makes clear, is the belief that the 1994 negotiated settlement was a political 'deal' designed to ensure continued white privilege (fundamentally connected to acceptance of private property ownership as the basis of white wealth) and the qualified extension of that small class of owners to black politicians and, as they are known in South Africa, 'tenderpreneurs' (i.e. young black businessmen who are politically well-connected and become overnight millionaires through government tenders). However, the date '1994' and the 'democratic miracle' connected to the release of Nelson Mandela has become so dominant discursively (not only in South Africa, but also internationally) that contemporary cultural production in South Africa has also become beholden to the myths of interpretation connected with these events.
- ItemMusic production in the intercultural sphere : challenges and opportunities viewed from a complexity perspective(SUN MeDIA, 2012) Huyssen, HansAs a South African composer working in a culturally, politically and ecologically heterogeneous environment, I deliberately refer to musical ‘differences’ in many of my works. The artistic vision developed in these works finds expression in the fusion of ‘differences’ and often highly disparate materials into unified forms of expression. In this article I respond to Kofi Agawu’s contestation of ‘difference’ from a complexity perspective indebted to Edgar Morin’s reflections on diverse systems and Paul Cilliers’s interpretation of non-foundational complexity. I use informed performance practice to respond to the overarching topic of this volume – translation – and offer a discussion of my composition The Songs of Madosini (2002) as an instance of cultural translation.
- ItemMusiek en kulturele diversiteit in Suid-Afrika(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2009-12) Ludemann, WinfriedHierdie artikel gaan uit van die mening dat die politieke versoening, wat tot die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika gelei het, nie gepaardgegaan het met ’n ooreenkomstige en gelykwaardige versoening op die sosiale en veral kulturele terreine nie. Hierdie “onafgehandelde besigheid” gee toenemend aanleiding tot spanning op allerlei vlakke, soos die taalkwessie, plekname, interpretasie van die geskiedenis, skoolleerplanne, ens. Ook op die gebied van musiek – veral in die openbare media, die onderwys en die toedeling van fondse – is hierdie probleme merkbaar. Om die bydrae te ondersoek wat musiek kan maak tot versoening van die soort konfl ik wat potensieel met kulturele diversiteit gepaardgaan, word dit gekoppel aan die begrip menswaardigheid, gebaseer op die opvatting dat musikaliteit ’n universele kenmerk is wat met die evolusie van homo sapiens na vore gekom het. Met musiek (soos met taal) artikuleer die mens sy menswees en dus sy menswaardigheid. Met verwysing na moderne ekumeniese teologie word daar tot die gevolgtrekking gekom dat ’n versoening van musikale (en by implikasie ook kulturele) diversiteit slegs op die basis van menswaardigheid en vanuit ’n houding van selfkritiek bereik kan word. Dit gaan daarom dat die ander se estetiese sienings aanvaar word sonder om jou eie sienings prys te gee. Vanuit ’n posisie van selfkritiek word dit moontlik om elkeen se reg te erken om sy eie musikale identiteit te kies terwyl die verskillende musiekstyle terselfdertyd aan kritiek onderwerp kan word. ’n Musikale (en intellektuele) middelgrond word bepleit waar die verskillende musiekstyle met mekaar in interaksie kan tree sonder om noodwendig hulle eie estetiese paradigmas te moet prysgee. Demokrasie verskaf die mees geskikte raamwerk waarbinne dit kan plaasvind. Gebrek aan kulturele versoening in Suid-Afrika, en die konfl ikpotensiaal wat dit inhou, kan die delikate ooreenkomste wat veertien jaar gelede op politieke terrein bereik is, ongedaan maak. Sodanige musikale versoening sou as ’n belangrike model kon dien vir ’n veel breër kulturele versoening.
- Item'n Blik op die resepsiegeskiedenis van Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africana(UNISA Press, 2009) Muller, StephanusOp 19 Augustus 2004 het die Kaapse Filharmoniese Orkes onder Ieiding van die Amerikaanse dirigent Leslie B. Dunner vir die eerste keer Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africana uitgevoer in die Kaapstadse stadsaal. Die simfonie is gekomponeer in opdrag van die Vriende van Afrikaans. Op daardie stadium was die skrywer 'n gereelde medewerker van Die Burger in Kaapstad se kunsblad as skrywer van 'n gereelde rubriek, opiniestukke, profiele en resensies. Die skrywer het self versoek om Hofmeyr se nuwe werk te resenseer en het die komponis vroeg reeds gevra vir 'n partituur van die werk om dit te bestudeer, en het voor die eerste uitvoering een repetisie daarvan in die stadsaal bygewoon. Die resensie is op 21 Augustus 2004 in Die Burger gepubliseer onder die opskrif 'Nuwe "Africana" wek bewondering en vrae '. Op 28 Augustus verskyn door in Die Burger 'n brief van Carmen Marchetti (' "Sinfonia" was nie 'n feesviering nie ') wat 'n kritiese standpunt teenoor die Hofmeyr-werk ingeneem het, tesame met 'n brief van die digteres Lina Spies ('Dis onverdraagsaamheid') wat die resensie oor die werk sterk gekritiseer het. Hierna het briewe met reëlmaat in Die Burger verskyn: op 27 Augustus skryf Deon Knobel ('Hofmeyr se werk is monumentaal') en Janette Badenhorst ('Die kritiek was ongevraag'); op 3 I Augustus skryf Maryna Botha ("'Sinfonia" 'n grootse werk') en weer Deon Knobel ('Lees Afrikaans korrek'); op 2 September skryf Chris Walton ('Taal het nie vyande nodig ') en John en Collena Blanckenberg (' 'n Verruimende boodskap '); op 3 September skryf Jozua Serfontein ('Trant van resensie verbaas ') en Veranza Joubert ('Roerende luisterervaring'); op 4 September is dit nogmaals Deon Knobel wat skryf ('Kritiek berus op hoorsê') en op 7 September skryf Pierre Joubert ('Komponis had vrye opdrag '). Met die uitsondering van Marchetti en Walton se briewe, was al die onder bydraes sterk krities oor die resensie. Die debat wat deur die werk en die resensie ontketen is, is ook elders as in briewekolomme voortgesit. Op 8 September verskyn 'n berig van Liza Albrecht in Die Burger met die opskrif 'Kwaai reaksie op "Sinfonia" verras hom, se Hofmeyr '. Ook op 8 September word 'n onderhoud tussen Hofmeyr, Lina Spies, Hans Huyssen en Coenraad Walters op LitNet Paneelklopper geplaas. Op 28 Oktober is die publieke gesprek oor die Sinfonia Africana op die spits gedryf in 'n open bare debat tussen die skrywer en Hofmeyr in die Jannaschsaal van die Departement Musiek op Stellenbosch. Die geleentheid was die jaarlikse Colloquium van die Departement Afrikaans en Nederlands, wat aangebied is onder die opskrif 'Hoe word Afrikaans vandag musiek? Die referaat wat die huidige skrywer tydens die geleentheid gelewer het op uitnodiging van dr. Etienne Britz, word hier op versoek van Musicus vir die eerste keer gepubliseer.
- ItemOrientalizing Europe, Europeanizaing Africa : the fantastical lives and tale of Jan Gysbert Hugo (The Marquis) (Louis de) (Vere) Bosman di Ravelli, also known as Gian Bonzar(Department of Musicology, Faculty of Music, University of Arts in Belgrade, 2010) Muller, StephanusBefore he was being invented by others, or started imagining himself in autobiographical texts, he was creating new names for himself. Born Jan Gysbert Hugo Bosman on 24 February 1882, the first of these names was the Italianate Vere di Ravelli, a name made up for the concert stage. Combining the name he had read in a book with a shortened form of the Spanish for "Gysbert" or "Gilvere", he was using the stage name in 1902 during his second concert tour of the cities of Berlin, Magdeburg, Paris, Strasbourg and Cologne. A letter to Johannes J. Smith of 15 November 1912,includes two Sapphic reconstructions by "Gian Bonzar" for translation into Afrikaans and possible publication. The letter, signed by Bosman with his invented stage name, "Vere di Ravelli".
- ItemPerforming the aporias of the archive : towards a future for South African music archives(Historical Association of South Africa, 2016) Lambrechts, LizabeNational memory is continuously contested in South Africa and archives and museums are often called upon to store objects or material remnants of similarly contested pasts or histories. In addition, these institutions may already have collections that could be seen as contentious. If we consider these institutions as places where history is produced, what should be done with these objects and collections in a democratic country? This article provides a critical enquiry into the systems through which these objects are produced/recorded, appraised, catalogued and preserved as one methodology through which we can engage more fully with how these resources can be mobilised in the present. As a case study, the article will look at the International Library of African Music (ILAM), arguably one of the most important music archives in South Africa. The largest portion of ILAM's holdings comprises field recordings collected by Hugh Tracey, a scholar who is both celebrated and contested. This paper proposes that through engaging with the processes and ambivalence inherent in Hugh Tracey's recording and classification methods, ILAM has the capacity to provide critical and nuanced insight into one of the most important collections of music in southern-Africa.
- ItemSeks, ras en boeremusiek : agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees(LitNet, 2014-08) Froneman, WillemienIn 20ste-eeuse besinnings oor die “kultuuraard” van die Afrikaner word daar meermale melding gemaak van wit Afrikaners se sogenaamde gebrek aan sanglus. In 1938 – die jaar van die Voortrekkereeufees – het hierdie gesprek veral na vore gekom in klagtes oor feesgangers se onentoesiastiese deelname aan “volksang”. In hierdie artikel ondersoek ek die geldigheid en ideologiese onderbou van sulke aansprake deur te fokus op die verrassende teenwoordigheid van boeremusiek by die 1938-Eeufeesvieringe. Nóg die geskiedenisse van die fees, nóg die amptelike beriggewing in die Afrikaanse pers van die tyd erken die impak van boeremusiek by Eeufeesplegtighede. Die somtyds oneerbiedige storie van boeremusiek lees ’n mens nie in hoofartikels en voorbladstories raak nie, maar tussen die reëls en in die kantlyne van Afrikaanse tydskrifte en koerante. Dit is veral uit die kleinadvertensies en briewekolomme van publikasies soos Die Transvaler, Die Burger en Die Brandwag dat wit Afrikaanssprekendes se populêre musiekbelewing in 1938 gerekonstrueer kan word. Die teenwoordigheid van boeremusiek weerlê die indruk wat deurgaans deur kultuurleiers geskep is oor wit Afrikaners se sogenaamde inherente onmusikaliteit. En meer: die debatte oor boeremusiek in 1938 wys op andersyds versluierde maniere na die rassevrese wat bewerings oor die Afrikaner se gebrek aan sanglus onderlê het. Hierdie aansprake moet verstaan word binne die konteks van oorgelewerde seksueel-musikale rassestereotipes van die koloniale wêreld en 20ste-eeuse uitbreidings op die debat rondom musiek, dans en seks. Die gewildheid van boeremusiek by feesgangers het teen Afrikanerleiers se ideale rondom rassesuiwerheid en morele agteruitgang ingedruis. Aansprake oor die “volk” se “gebrek aan sanglus” het dus nie daarop gedui dat Afrikaners van die tyd nie kon of wou sing nie. Dit was eerder ’n meganisme waardeur die grense tussen wit en niewit bevestig kon word.
- ItemThe systematic development of Wiegand's metalexicography as demonstrated in Kleine Schriften(Bureau of the WAT, 2002) Smit, MariaThis review article deals with the contents of the publication Kleine Schriften, a selection of articles written by Herbert Ernst Wiegand and compiled by Matthias Kammerer and Werner Wolski. It purports to illustrate the topics with which Wiegand engaged himself over the years, and his gradual development over a span of thirty years. Wiegand has written on many topics, but in this article mainly two aspects are discussed. Firstly, Wiegand's spelling out of an "actional-semantic approach" to lexicography is explained. He investigates the works of many authors, sometimes drawing on them, and sometimes refuting their arguments. Secondly, Wiegand's construction of a detailed text theory for lexicographical texts is discussed. Wiegand is one of the most important theoretical lexicographers of our time, and his suggestions towards metalexicographical terminology and distinctions form an essential part of present-day lexicographical practices and planning across the world.
- ItemTussen Bethlehem en Bloubergstrand : vanaf die oue na die eie in Stefans Grove se oeuvre(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2013-06) Grove IzakAFRIKAANSE OPSOMMING: Die tradisionele idee van styl in die kunstenaar se produksie volstaan meestal by weinig meer as oppervlak-beskrywings van fasette van die kunswerk. In die musikale konteks kan sulke fasetteneerkom op min of meer vae beskrywings van karakteristieke eienskappe wat betrekking het op ritmiese en melodiese aspekte, vormbenadering en koloristiek, dit wil sê eienskappe wat gesamentlik as tipies vir die komponis se werk in die algemeen beskou kan word, of werke uit ’n bepaalde periode. Hiervolgens kan die komponis se benadering voortdurend verander, sodat die bekende driedeling van vroeë, middel- en laatstyl tot stand kom. Indien hierdie verdeling op Grové se musiek toegepas sou word, sou sy vroegste styloriëntering (vroeë veertigerjare) die modieuse Impressionisme van Debussy kon suggereer, met ’n wending na Hindemith en Bartók ietwat later. Die ekspressionistiese fase dek belangrike werke soos die Vioolkonsert (1959) en die Simfonie (1962). Die komponis self sien as sy derde, volwasse stylfase die klaviertokkate van 1966, ’n stylfase wat sedert sy terugkeer na Suid-Afrika in 1972 verder verryk is, en opgevolg is deur ’n vierde (!) fase sedert ongeveer 1983, wat sy “Afrika”-wortels tot uitdrukking moes bring. Vir die komponis is hierdie laasgenoemde ’n “Damaskus-moment”, en veronderstel sy eindelike musikale tuiskoms. Hy beskryf die styl van hierdie musiek gepas as “Afrosentriese impulse binne ’n Eurosentriese vormgewing”. Die artikel is ’n poging om hierdie eienskappe en dié van sy ouer musiek onder ’n enkele stilistiese noemer te bring. Vir dié doel word sy stylontwikkeling gehanteer in ooreenstemming met Leonard Meyer se styldefinisie en sy idee van ’n “sketsanalise”, dit wil sê ’n ondersoek na alle stilistiese sisteme, en geargumenteer ten gunste van hulle onderlinge verwantskappe en samehorigheid. Dit wil byvoorbeeld voorkom asof verwante stilistiese eienskappe herverskyn in verskillende werke uit verskillende tydstippe in sy loopbaan. Dit is selfs moontlik om reeds in een van die vroegste werke uit 1948 elemente te vind wat vooruitwys na die onlangse “Afrika”-reeks werke.
- ItemTwelve notes, twelve endnotes(Brendon Bell-Roberts, 2011) Muller, Stephanus"Exile" is always the narrative of one person or entity, an "I" or an "us". Therefore we speak not of "exiles" (the condition, that is), but of "exile". It is not that exile cannot be other than its volatile laws of signification dictate, but it can only be other in a violently interventionist way.
- ItemUlrike Rothe. Das einsprachige Worterbuch in seinem soziokulturellen Kon-text : Gesellschaftliche und sprachwissenschaftliche Aspekte in der Lexikogra-phie des Englischen und des Franzosischen(Bureau of the WAT, 2003) Smit, MariaThe main title of this work might be a bit misleading, because it creates the impression that a very wide and general topic will be discussed. The subtitle, however, is much more to the point, since the author specifically investigates English and French monolingual dictionaries in view of certain aspects. The author makes it clear (2001: 210) that she does not want to describe general "influences" of a socio-cultural nature on the contents of dictionaries, but rather how socio-cultural trends and traditions had an impact on the methodological aspects of lexicography in Britain and France. This means that generalisation for other languages will only be possible after further in-depth studies.
- ItemDie verband tussen vroee apartheidsintellektualisering, Afrikanermusiekhistoriografie en die ontluiking van 'n apartheidsestetika in die toonkuns(LitNet, 2011-12) Venter, CarinaEpistemologiese afhanklikheid van Europese verwysingspunte kenmerk dikwels analitiese modelle van Suid-Afrikaanse kunsmusiek en kunsmusiekhistoriografie. ’n Tipiese voorbeeld is die beskrywing van Stefans Grové se musikale styl aan die hand van sy artistieke aangetrokkenheid tot die werk van J.S. Bach, Olivier Messiaen en Paul Hindemith (Muller en Walton 2006:3). Hierdie soort koestering van estetiese genealogieë wat sigself aanhoudend terugverbeel na Europa, veronderstel die noodwendigheid van ’n Europese paradigma vir Suid-Afrikaanse kunsmusiek. Meer nog: die Grové-voorbeeld illustreer die voortsetting van ’n nasionale program gerig deur sekere propagandistiese idees, die soort ideologiese vertrekpunte wat Afrikaners se “eie” ryk kultuurerfenis verhef tot dié van verligte (Europese) ras in “donker Afrika”. In teenstelling met so ’n Eurosentriese (en problematiese) beskouing poog die teoretisering van Afrikanerkultuur in hierdie artikel om ’n kontekssensitiewe kultuurbegrip van Suid-Afrikaanse kunsmusiek in die 20ste eeu te formuleer. Die interpretatiewe raam wat hier geskep word, put uit ’n konstellasie verwante ideologieë wat krities gelees kan word uit kern historiografiese tekste en geselekteerde primêre dokumente in die argief van die komponis Arnold van Wyk.
- ItemWagneriaanse vergestaltings in Etienne Leroux se 18-44(LitNet, 2013-08) Fourie, Paula’n Belangrike aspek van Leroux se oeuvre is sy breedvoerige gebruik van ’n wye verwysingsveld, en veral sy invleg van uiteenlopende mitologieë, sielkundige teorieë en literêre bronne binne sy romans. Vanuit ’n musiekwetenskaplike perspektief is die talle verwysings na die musiekdramas van Wagner in 18-44 opvallend. Hierdie artikel neem as vertrekpunt ’n lesing van 18-44 as ’n teks tussen tekste, spesifiek met betrekking tot Richard Wagner se Der Ring des Nibelungen. Deur Wagner en Wagner-resepsie as ’n konteks vir Leroux te postuleer, word gepoog om nuwe interpretasiemoontlikhede in 18-44 bloot te lê. Uit hierdie herlesing kom belangrike temas en perspektiewe in die roman na vore, onder andere die huwelik as onmoontlike belofte en owerspel as noodsaaklike verraad. Regdeur Leroux se oeuvre is die soektog na ’n “lewende mite” ’n prioriteit. In hierdie artikel word die Götterdämmerung-tema in 18-44 hiermee in verband gebring en gelees as profesie van die Afrikaner se toekoms, die val van sy gode en sy desperate behoefte aan ’n “lewende mite”. Alhoewel hierdie voorgestelde konteks hoofsaaklik op Der Ring des Nibelungen berus, bestaan daar verdere moontlikhede om van Wagner se ander musiekdramas, veral Der Fliegende Holländer en Parsifal, doelbewus in ’n herlees van 18-44 te betrek. Deur Leroux vanuit hierdie perspektief te benader is my bedoeling om te demonstreer dat die veld van Leroux-navorsing geensins versadig is nie en dat ander interpretasies steeds deur’n “heruitvoering” (om Willem Weststeijn in Botha 2004:89–90 se konsep te ontleen) van 18-44 moontlik is.