Research Articles (Microbiology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Microbiology) by Subject "Abalone culture"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemGedeeltelike beskrywing van bakteriee in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiele probiotika(LitNet, 2015-08) Postma, Anneke; Jacobs, KarinPerlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes. Daar word derhalwe swaar gesteun op die gebruik van antibiotika vir die beheer en behandeling van bakteriële infeksies in akwakultuurspesies. As gevolg van die ontwikkeling van antibiotikaweerstandigheid in bakterieë en die betreklik maklike verspreiding daarvan in akwatiese omgewings, word die gebruik van antibiotika bevraagteken. ’n Alternatief vir die gebruik van antibiotika is probiotika, ’n lewende mikrobiese aanvulling wat ’n positiewe effek op die gasheer het, en wat die mikrobiese gemeenskappe wat met die gasheer en die onmiddellike omgewing geassosieer word, verander. Die doel van hierdie studie was die isolering en identifisering van bakterieë in die spysverteringsverteringskanaal (SVK) van Suid-Afrikaanse perlemoen, Haliotis midae. Die isolate is oorweeg as ’n potensiële probiotikum gebaseer op bestaande literatuur.