Gedeeltelike beskrywing van bakteriee in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiele probiotika

Date
2015-08
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Perlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes. Daar word derhalwe swaar gesteun op die gebruik van antibiotika vir die beheer en behandeling van bakteriële infeksies in akwakultuurspesies. As gevolg van die ontwikkeling van antibiotikaweerstandigheid in bakterieë en die betreklik maklike verspreiding daarvan in akwatiese omgewings, word die gebruik van antibiotika bevraagteken. ’n Alternatief vir die gebruik van antibiotika is probiotika, ’n lewende mikrobiese aanvulling wat ’n positiewe effek op die gasheer het, en wat die mikrobiese gemeenskappe wat met die gasheer en die onmiddellike omgewing geassosieer word, verander. Die doel van hierdie studie was die isolering en identifisering van bakterieë in die spysverteringsverteringskanaal (SVK) van Suid-Afrikaanse perlemoen, Haliotis midae. Die isolate is oorweeg as ’n potensiële probiotikum gebaseer op bestaande literatuur.
The ocean’s fish resources are declining mainly because of irresponsible exploitation. Fish is a vital source of protein for humans, and growing world populations are threatening the sustainability of commercial fisheries. This has led to the rapid growth of aquaculture worldwide. In South Africa, aquaculture of both fresh and marine species is expanding and is now practised in all nine provinces of the country. One of the major problems in aquaculture is financial loss as a result of disease. Viruses, bacteria, fungi and parasites are known to infect fish, with bacteria causing the majority of diseases. One of the largest groups of disease-causing bacteria in aquaculture comes from the family Vibrionaceae. The genus Vibrio includes more than 30 species and many are pathogenic. Major abalone pathogens from this genus include V. splendidus and V. harveyi. Disease outbreaks usually occur during the summer abalone spawning period, when there is a sharp increase in water temperature. During this period the energy reserves of the abalone are limited and their immune systems are relatively suppressed. Other stress-related factors, such as handling or poor water quality, may also contribute to disease outbreaks.
Description
CITATION: Postma, A. & Jacobs, K. 2015. Gedeeltelike beskrywing van bakteriee in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiële probiotika. LitNet Akademies, 12(2):455-475.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Haliotis midae, Aquaculture -- South Africa, Abalone culture, Bacteria, Antibiotics, Probiotics
Citation
Postma, A. & Jacobs, K. 2015. Gedeeltelike beskrywing van bakteriee in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiële probiotika. LitNet Akademies, 12(2):455-475.