Doctoral Degrees (Old and New Testament)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Old and New Testament) by Subject "Bible -- Reader-response criticism"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemIdeologie en mag in Bybelinterpretasie : op weg na 'n kommunale lees van 2 Samuel 13(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-03) Van der Walt, Charlene; Jonker, Louis C.; University of Stellenbosch. Faculty of Theology. Dept. of Old and New Testament.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die rol wat mag en ideologie speel in die konkrete interkulturele gespreksruimte wat tot stand kom as individue vanuit diverse kontekste mekaar ontmoet rondom Bybeltekste. Die interkulturele gespreksruimte word teoreties gefundeer vanuit die gesamentlike uitgangspunte van die Feminisme en 'n Afrika-hermeneutiek. Die kommunale ruimte bied hiervolgens teoreties die ruimte waarbinne individue vanuit diverse kontekste tot hulle reg kan kom in die kollektief. In Hoofstuk 2 van hierdie studie word die hermeneutiese raamwerk waaruit die studie sy vertrekpunte vind, omskryf wanneer die uitgangspunte van beide die Feminisme en 'n Afrika-hermeneutiek bespreek word. Die Feminisme beklemtoon die belang van die kontekstuele stem van die individu en Afrika-hermeneutiek stel die kommunale ruimte voor waarin die stemme tot hulle reg kan kom. Die interkulturele gesprek wat in hierdie studie ondersoek word, vind plaas met 2 Samuel 13:1-22 as gespreksdokument. In Hoofstuk 3 word 'n multidimensionele eksegetiese raamwerk beskryf wat gebruik word ten einde ‘n deurdagte interpretasie van 2 Samuel 13:1-22 te bied. ‘n In-diepte lesing van die teks word gedoen, sowel as ideologies(retories)-kritiese en leserrespons-kritiese analises. Ten slotte word in dié hoofstuk verwys na die interpretasiegeskiedenis van die teks vanuit ‘n dominant Westerse perspektief asook vanuit die Feminisme en ‘n Afrika-hermeneutiese konteks. Met die tweeledige hermeneutiese raamwerk as uitganspunt, en 2 Samuel 13:1-22 as gespreksdokument, word die empiriese komponent van die studie dan in die volgende hoofstukke beskryf. In die empiriese studie word die teoreties-geformuleerde interkulturele ruimte dan ‘n konkrete realiteit as kultureel-diverse vroue mekaar ontmoet in gesprek rondom die Tamar-verhaal van 2 Samuel 13. Die ontwerp van die empiriese studie wat in Hoofstuk 5 bespreek word, word in die vorige hoofstuk, Hoofstuk 4, gefundeer deur aandag te gee aan, onder andere, die omskrywing van sleutelterme soos kultuur, ideologie en mag. Die kwalitatiewe data wat ingewin is tydens die konkrete interkulturele gesprekke, word daarna geanaliseer en bespreek in Hoofstuk 6. Al die data wat ingewin is tydens die studie word as Bylae tot die proefskrif beskikbaar gestel in ‘n aparte meegaande bundel ten einde die lees-envergelyk- proses te vergemaklik. Die gevolgtrekking van die studie, in Hoofstuk 7, bring al die diverse besprekings soos dit in die argument hanteer is, bymekaar en poog om ‘n sinvolle interpretasie te bied van hoe mag en ideologie funksioneer in die interkulturele Bybelleesproses. Die teoretiese interkulturele ruimte wat deur die Feminisme en 'n Afrikahermeneutiek as oogmerk gestel word, word dus in die studie geproblematiseer deur te vra na die funksionering van mag en ideologie in daardie ruimte. Vanuit 'n kwalitatiewe analise van die data wat ingewin is tydens die empiriese komponent van die studie, word dit duidelik dat die interkulturele ruimte ‘n besondere spasie bied waarin individue tot hulle reg kom en waarin verandering gefasiliteer kan word. Dit wil egter verder blyk dat hierdie ruimte nie sonder uitdaging is nie aangesien die interkulturele ruimte nie die invloed van die magsdinamika vryspring nie. Daar is bevind dat die interkulturele gespreksruimte ‘n besondere instrument is wat ingespan kan word ten einde sosiale transformasie te fasiliteer, maar dit moet met groot omsigtigheid hanteer word.