Research Articles (Social Work)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Social Work) by Subject "Cancer diagnosis"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemBehoeftes van gesinne waar ’n kind met kanker gediagnoseer is : persepsies van maatskaplike werkers(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2018) Slabbert, Ilze; Steenkamp, TerikaAs ʼn kind met kanker gediagnoseer word, is dit nooit maklik om te verwerk nie. Die hele gesinsisteem ervaar ontwrigting om by sodanige diagnose aan te pas, en almal ervaar sekere behoeftes in hierdie situasie. Vir hierdie studie is die sisteemteorie gekies as teoretiese raamwerk om die verskillende behoeftes van die subsisteme in die gesin te eksploreer en te verken. Die doel van die studie was om die persepsies van maatskaplike werkers te ondersoek oor die behoeftes van gesinne waar ʼn kind met kanker gediagnoseer is. ʼn Kwalitatiewe studie is onderneem en etiese klaring is daarvoor verkry. Agtien deelnemers van ses verskillende hospitale en hospiese landwyd het aan die studie deelgeneem. Doelbewuste steekproefneming is gedoen. Data is ingesamel aan die hand van ʼn semi-gestruktureerde onderhoudskedule. Drie temas is geïdentifiseer, naamlik die behoefte aan inligting, ondersteuning en kommunikasie. Relevante subtemas is ook geïdentifiseer. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die gesinsisteem waar ʼn kind met kanker gediagnoseer is, sekere behoeftes ervaar waarvan maatskaplike werkers bewus moet wees ten einde effektiewe dienslewering aan hierdie gesinne te bied.