Research Articles (Educational Psychology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Research Articles (Educational Psychology) by Subject "Animals -- Therapeutic use -- South Africa"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie effek van 'n troeteldier-ondersteunde leesprogram op woordherkenningsvaardighede van graad 3-kinders(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2015-06) Le Roux, Marieanna; Swartz, Leslie; Swart, EstelleDie doel van die huidige studie was om die effek van ’n troeteldier-ondersteunde leesprogram (TOL) op die woordherkenningsvaardighede van graad 3-kinders te bepaal. Al die kinders wat met behulp van die ESSI Leestoets as nievaardige lesers (N=102) geïdentifiseer is, is ewekansig toegewys aan drie eksperimentele groepe en een kontrolegroep. Een maal per week vir 10 weke lank het die Leeshondgroep (n=27) vir ’n leeshond in die teenwoordigheid van ’n Pets as Therapyvrywilliger gelees, die Volwassenegroep (n=24) het slegs vir ’n volwassene gelees terwyl die Teddiebeergroep (n=26) vir ’n teddiebeer in die teenwoordigheid van ’n volwassene gelees het. Die Kontrolegroep (n=25) het voortgegaan met hul normale skoolaktiwiteite. Die kinders in die drie eksperimentele groepe het individueel vir ongeveer 20 minute gelees uit graad 1-, 2- en 3-vlak boekies. Data-insameling het plaasgevind voor die aanvang van die leesprogram (Tyd 1), direk ná voltooiing van die leesprogram (Tyd 2) en met ’n opvolgmeting agt weke later (Tyd 3). Die resultate het getoon dat die kinders in die Leeshondgroep op ’n beduidend hoër graadvlak gelees het tydens Tyd 2 en Tyd 3 as die ander drie groepe.