Masters Degrees (Industrial Psychology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Industrial Psychology) by Subject "Advertising, Newspaper"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie ontwikkeling van 'n psigometriese toetsbattery vir die keuring van advertensieverteenwoordigers in 'n Suid-Afrikaanse media-groep(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1990-04) Marais, Adriaan; De Jager, L. C.; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Industrial Psychology.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie ondersoek is om 'n psigometriese toets= battery te ontwikkel wat gebruik kan word in die keuringsproses van advertensieverteenwoordigers. Uit literatuur het geblyk dat daar 'n teoretiese raamwerk bestaan naamlik 'n samevallende geldigheidsmodel waarvolgens die navorsings= projek uitgevoer kan word. Eienskappe word ook geldentifiseer wat kerunerkend van suksesvolle verteenwoordigers is. Genoegsame bewyse is gevind dat persoonlikheid, belangstelling en aanleg belangrike eienskappe van suksesvolle verteenwoordigers is. Die navorsings= probleem wat ontstaan is "of die sukses van advertensie= verteenwoordigers in die koerantsektor voorspel word deur middel van 'n keuringsbattery bestaande uit psigometriese toetse?\I Psigometriese toetse wat psigometriese eienskappe meet gebaseer op belangstelling, aanleg en persoonlikheidsmetings wat Nasionale Pers se suksesvolle en onsuksesvolle advertensieverteenwoordigers van mekaar onderskei, wat sodoende in die toekoms tydens die keuringsproses gebruik kan word om beter advertensieverteenwoordigers te keur. Om'n antwoord op die navorsingsprobleem te kry was dit nodig om die advertensieverteen= woordigers by die verskillende dagblaaie wat onderskeidelik as die suksesvolle en onsuksesvolle presteerders bestempel kan word aan die hand van die volgende kriteria te identifiseer: kornrnissieverdien, prestasiebeoordeling en 'n kornbinasie van die kriteria. Dit was ook nodig om die nie-kognitiewe eienskappe naamlik: persoonlikheid, belangstelling en aanleg te identifiseer wat die suksesvolle presteerders beskryf. Hierdie eienskappe word gemeet deur die volgende toetse: Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za die Sest.ienpersoonlikheids~faktorvraelys, Gestruktureerde Objektiewe Rorschachtoets, 19-Veld-Belangstellingsvraelys en die Senior Aanlegtoets. Hierdie meetinstrumente is geselekteer op grond van die waarskynlikheid dat hulle die eienskappe meet wat kenmerkend van suksesvolle presteerders is gebaseer op grond van inligting voortspruitend uit 'n posontleding en literatuurstudie. Die respondente was 77 advertensieverteenwoordigers wat binne die koerante-sektor van Nasionale Pers werksaarn is. Vervolgens is van kontrasgroepe gebruik gemaak om die eienskappe wat kenmerkend van die suksesvolle advertensieverteenwoordigers is mee te bepaal asook 'n sarnevallende geldigheidsmodel waardeur die korrelasies tussen advertensieverteenwoordigers se metings op die psigometriese toetse en aanslae op die prestasiebeoordelingsinstrument bereken is. Op grond van die kontrasgroepe se resultate is daar nie genoegsarne be\vyse gevind dat daar 'n beduidende onderskeid tussen suksesvolle en onsuksesvolle advertensieverteenwoordigers op grond van hul persoonlikheid-, belangstelling- en aanlegtellings gemaak kan word nie. Dit was egter moontlik om op grond van die resultate van 'n meervoudige regressie-ontleding 'n psigometriese toetsbattery saarn te stel vir die keuring van advertensieverteenwoordigers. Deur stapsgewyse regressie is 'n regressie-vergelyking wat 6 veranderlikes insluit verkry met 'n meervoudige korrelasie van 0,62 tussen die betrokke voorspellers en die prestasiebeoordelingmetings. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za Deur die samestelling van 'n voorspellingsmodel is gevind dat die huidige keuringsmetode wat gebruik word met 19,34% verbeter kan word indien 'n psigometriese toetsbattery as een van die fases in die keuringsbattery ingesluit word. Sodoende slaag hierdie ondersoek in sy doel om 'n psigometriese toetsbattery daar te stel wat in die