Browsing by Author "Van Aardt, Stephanus Petrus"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemUys Krige se familiebriewe uit Frankryk en Spanje 1931-1935 : teksuitgawe, met historiese oriëntering, teoretiese verantwoording en annotasies(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2009-12) Van Aardt, Stephanus Petrus; Kannemeyer, J. C.; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie verhandeling word die briewe, wat Uys Krige tydens sy verblyf in Frankryk en Spanje tussen die jare 1931 en 1935 aan sy gesin en vriende geskryf het, in ’n geredigeerde vorm uitgegee, terwyl annotasies verskaf word waar dit nodig is om spesifieke persone te identifiseer en sekere gedeeltes, sover dit agterhaalbaar is, te verhelder. Op dié wyse sal Krige se briewe teen die agtergrond geplaas word van die Mediterreense wêreld wat hy in dié tydvak leer ken het. Terselfdertyd sal die groeiproses belig word wat hy as skrywer in hierdie belangrike fase van sy lewe deurgemaak het. Die hoofdoel van die studie is om, uitgaande van die beginsels van die hedendaagse edisiewetenskap, ’n leesbare teks te konstitueer wat egter steeds getrou aan Krige se oorspronklike briewe sal bly. Deur só ’n teks tot stand te bring, word terselfdertyd tot dusver grotendeels onbekende fasette van ’n prominente Afrikaanse skrywer bekend gestel. Die oorspronklike briewe is almal per hand geskryf en is aan die Nasionale Biblioteek in Kaapstad deur J.G.J. (Bokkie) Krige geskenk. Hy het egter eers die briewe oorgetik en in vier leergebonde bundels laat inbind wat tans in die besit is van Eulalia Krige, die dogter van die skrywer. ’n Fotokopie van die getikte briewe dien as die uitgangspunt van hierdie studie. Dit word getranskribeer, versorg en met die oorspronklike briewe vergelyk om te verseker dat die tekste korrek oorgetik is. Die briewe van Uys Krige aan sy familie, wat in hierdie studie opgeneem word, strek tussen die jare 1931, wanneer Krige, kort ná sy aankoms uit Londen, hom in die suide van Frankryk vestig, tot November 1935, wanneer hy uit Spanje, ná die publikasie van sy debuutbundel Kentering, na Suid-Afrika terugkeer.