Browsing by Author "Lesch, Harold"
Now showing 1 - 5 of 5
Results Per Page
Sort Options
- ItemA descriptive overview of the interpreting service in Parliament(SUN MeDIA Bloemfontein, 2010) Lesch, HaroldLanguage and language policy played a seminal role in the transformation of South Africa. The legislative framework laid down a multilingual language policy with the recognition of eleven official languages. Besides questions regarding its economic viability, there is a perception that the language policy is merely an attempt at political correctness. Nevertheless, societal issues and linguistic realities in the public arena necessitate that language service delivery in a multilingual country be granted a prominent role. This article portrays the reality of an interpreting service within the context of the public domain with specific reference to the highest state organs - nationally and provincially - as transformed entities, but also critically investigates the tasks to be fulfilled by language practitioners.
- ItemGemeenskapsvertaalpraktyk : gewone taal vir die hervertaling van 'n bankteks(LitNet, 2020) Cupido, Adriaan; Lesch, HaroldSuid-Afrika is ’n land waar Engels geredelik as voorkeurtaal of oorbruggingstaal in verskeie openbare domeine gebruik word. Een van daardie domeine is die bankwese. Hierdie toedrag van sake is egter problematies, veral as daar gekyk word na die statistieke rakende die taalverspreiding in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse regering het verskeie wette, onder andere die Wet op Verbruikersbeskerming en die Nasionale Kredietwet, uitgevaardig. Hierdie wette stipuleer duidelik dat enige geskrewe kommunikasie, ingesluit in die bankwese, in gewone taal beskikbaar moet wees, en dat verbruikersdokumente toeganklik moet wees vir elke kliënt. Dit bepaal dus dat dokumentasie beskikbaar moet wees in taal wat die kliënt verstaan. As gevolg van die wyd uiteenlopende geletterdheidsvlakke in Suid-Afrika is dit ondoeltreffend om dokumente bloot direk in die verskillende tale te vertaal sonder om bykomende aanpassings aan te bring om te verseker dat die kliënte met wisselende geletterdheidsvlakke geakkommodeer word. Hierdie wetgewing het ten doel om te verseker dat openbare deelname en toegang tot inligting bevorder en aangemoedig word. Indien kliënte nie die dokumente wat hulle ontvang, verstaan nie, is hulle nie in ’n posisie om ingeligte besluite te kan neem of aktief in die samelewing te kan deelneem nie. Die doel van hierdie studie is om ’n hervertaling van ’n bestaande bankteks te doen en die beginsels van gewone taalgebruik en gemeenskapsvertaling toe te pas ten einde ’n vertaling te skep wat toeganklik en verstaanbaar is vir beide die ingeligte en oningeligte leser. Die hervertaling word dan ook geannoteer om die verskille tussen die oorspronklike Afrikaanse vertaling en hervertaling uit te lig, en te beklemtoon watter rol gewone taalgebruik en gemeenskapsvertaling speel in die beskikbaarstelling van verstaanbare dokumente in die openbare domein en die bevordering van openbare deelname en billike toegang tot inligting.
- Item'n Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaaps(Stellenbosch University, Department of Linguistics, 2014) Blignaut, Joline; Lesch, HaroldKaaps is een van die oudste variëteite van Afrikaans wat sedert die sewentiende eeu aan die Kaap gepraat is en is vandag steeds die taal van die bruin werkersklas in die Kaapse Skiereiland. Alhoewel dit hoofsaaklik as ʼn gesproke variëteit gebruik word, word dit ook aangewend in die letterkunde. Dis veral die gebruik van Kaaps in die digkuns en drama van Adam Small wat Kaaps help vestig het in die Afrikaanse literatuur en ʼn nuutgevonde belangsteling in dié variëteit van Afrikaans gebring het. Vandag vind Kaaps neerslag in die teater, musiek, televisie, radio en die gedrukte media. Die doel van die studie is om die gebruik van Kaaps in die poniekoerant Son te ondersoek. Die studie wil bepaal tot watter mate Kaaps in die Son-artikels gebruik word en tot watter mate diglossie voorkom in Son deur die gebruik van Kaaps en Standaardafrikaans in een artikel of binne een uitgawe van Son. Die taalvariasie in Son word vanuit ʼn sosiolinguistiese raamwerk ondersoek as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans. Binne die raamwerk word taal binne die sosiale konteks waarbinne dit voorkom ondersoek. ʼn Gelykevlakbenadering tot taalvariasie word gevolg waar Kaaps beskou word as deel van die spektrum van Afrikaans en nie as ondergeskik tot die standaardvariëteit nie. Son is die eerste Afrikaanse poniekoerant in Suid-Afrika en die eerste koerant wat ʼn informele vorm van Afrikaans gebruik wat deur sommige beskou word as Kaaps. Die doel van die studie is om die taalgebruik in Son te ondersoek in ʼn poging om te bepaal tot watter mate die taalgebruik in Son ʼn getroue weerspieëling van Kaaps is en tot watter mate dit ooreenstem met die taalgebruik van die sprekers van Kaaps. Die ondersoek word gedoen deur ʼn teksanalise van Son-artikels uit verskillende uitgawes van Son. Die bevinding van die studie is dat die taalgebruik in Son nie beskou kan word as ʼn ware weerspieëling van Kaaps nie, maar eerder as ʼn informele Afrikaans wat elemente van Kaaps bevat.
- ItemDie ontvanger as normeringsbeginsel vir ’n lesergerigte vertaalteks(SUN MeDIA Bloemfontein, 2009) Lesch, HaroldLanguage practitioners such as translators need norms to a lesser or greater degree to guide their language use. The general communication norm applies, namely that speakers/writers need to express themselves in such a way that what they say/ write is identifiable and that it can be interpreted by listeners/readers. At the same time it should coincide in the highest degree with how they want themselves to be understood. Apart from this general norm, which should also guide the community translator, there are specific norms that one should abide by in order to convey the message effectively. In this article specific norms are discussed that a community translator should adhere to. The norms are illustrated by representative (translated) text extracts.
- ItemVertaalpraktyke in die sosiale media : n verbeterde vertaalteks vir ʼn virtuele gemeenskap(Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2014-03) Lesch, HaroldAFRIKAANSE OPSOMMING: Die vertrekpunt van hierdie artikel is die idee dat gemeenskapsvertaling nie noodwendig sy oorsprong in tegnologiese vooruitgang en die virtuele rekenaarleefruimte het nie. Gemeenskapsvertaling het op ’n vroeër stadium ontwikkel as praktyk waardeur die doelteksleser talig bevoordeel is. Binne die Suid-Afrikaanse konteks is daar in die laat 1980’s begin om met hierdie vorm van vertaling te eksperimenteer met die doel om talig-benadeeldes te bemagtig. Hierdie artikel het ten doel om gesprek oor die grense van gemeenskapsvertaling te inisieer, asook oor die vraag of die bestaande grense van sodanige vertaling voorsiening maak vir die virtuele gemeenskap. Die doel is om bestaande norme, soos ontwikkel vir gemeenskapsvertaling, gedefinieer in terme van talig-benadeeldes, met massadeelvertaling (“crowdsourced translation”) in verband te bring in situasies waar massadeelvertaling op ʼn ongedefinieerde groot groep mense, gemeenskap of skare gerig is. Die ondersoek is ingebed in ʼn funksionalistiese vertaalraamwerk. Die metodologie behels ʼn uiteensetting van gemeenskapsvertaling, ʼn teoretiese verkenning van vertaalnorme en die formulering van norme vir gemeenskapsvertaling. In ooreenstemming met die doel om debat te inisieer, word daar dus nie pertinente bevindings gestel nie, maar word daar tog gesuggereer dat die bestaande grense van gemeenskapsvertaling verruim het om voorsiening te maak vir massadeelvertaling.