'n Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaaps
Date
2014
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch University, Department of Linguistics
Abstract
Kaaps is een van die oudste variëteite van Afrikaans wat sedert die sewentiende eeu aan die
Kaap gepraat is en is vandag steeds die taal van die bruin werkersklas in die Kaapse Skiereiland.
Alhoewel dit hoofsaaklik as ʼn gesproke variëteit gebruik word, word dit ook aangewend in die
letterkunde. Dis veral die gebruik van Kaaps in die digkuns en drama van Adam Small wat
Kaaps help vestig het in die Afrikaanse literatuur en ʼn nuutgevonde belangsteling in dié
variëteit van Afrikaans gebring het. Vandag vind Kaaps neerslag in die teater, musiek, televisie,
radio en die gedrukte media. Die doel van die studie is om die gebruik van Kaaps in die
poniekoerant Son te ondersoek. Die studie wil bepaal tot watter mate Kaaps in die Son-artikels
gebruik word en tot watter mate diglossie voorkom in Son deur die gebruik van Kaaps en
Standaardafrikaans in een artikel of binne een uitgawe van Son. Die taalvariasie in Son word
vanuit ʼn sosiolinguistiese raamwerk ondersoek as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans.
Binne die raamwerk word taal binne die sosiale konteks waarbinne dit voorkom ondersoek. ʼn
Gelykevlakbenadering tot taalvariasie word gevolg waar Kaaps beskou word as deel van die
spektrum van Afrikaans en nie as ondergeskik tot die standaardvariëteit nie. Son is die eerste
Afrikaanse poniekoerant in Suid-Afrika en die eerste koerant wat ʼn informele vorm van
Afrikaans gebruik wat deur sommige beskou word as Kaaps. Die doel van die studie is om die
taalgebruik in Son te ondersoek in ʼn poging om te bepaal tot watter mate die taalgebruik in Son
ʼn getroue weerspieëling van Kaaps is en tot watter mate dit ooreenstem met die taalgebruik van
die sprekers van Kaaps. Die ondersoek word gedoen deur ʼn teksanalise van Son-artikels uit
verskillende uitgawes van Son. Die bevinding van die studie is dat die taalgebruik in Son nie
beskou kan word as ʼn ware weerspieëling van Kaaps nie, maar eerder as ʼn informele Afrikaans
wat elemente van Kaaps bevat.
Description
CITATION: Blignaut, J. & Lesch, H. 2014. ʼn Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaaps. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 45:19-41, doi:10.5842/45-0-628.
The original publication is available at http://spilplus.journals.ac.za
The original publication is available at http://spilplus.journals.ac.za
Keywords
Tabloids -- South Africa, Sociolinguistics, Language and culture, Afrikaans language -- Dialects
Citation
Blignaut, J. & Lesch, H. 2014. ʼn Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaaps. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 45:19-41, doi:10.5842/45-0-628.