Browsing by Author "Kese, Phumla"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemTaal en praktyk : 'n gevallestudie oor Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 4-leerders in 'n meertalige skool(LitNet, 2019) Nel, Jana; Le Cordeur, Michael; Kese, PhumlaMeertalige onderrig en leer het ’n komplekse en algemene verskynsel in Suid-Afrikaanse skole geword, maar daar is nog steeds nie genoeg navorsing gedoen oor hoe leerders met verskillende huistale en kulture mekaar beïnvloed wanneer hulle ’n nuwe taal aanleer nie. Hierdie ondersoek fokus op sosiaal-konstruktivistiese mondelinge en skriftelike leerpraktyke van Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) vir graad 4-derde- of -vierdetaalsprekers. Die ondersoek het die vorm aangeneem van ’n gevallestudie met kwalitatiewe asook kwantitatiewe databronne as navorsingsmetodologie. Die literatuurstudie fokus op Piaget (1973) se teorie van kognitiewe ontwikkeling, die sosiaal-konstruktivistiese taalverwerwingsteorie van Vygotsky (1978) en Cummins (1984; 1988), en Pretorius en Mampuru (2007) se teorieë rakende die aanleer van ’n tweede taal. ’n Skool in die Wes-Kaap is oor ’n tydperk van twee kwartale besoek, waartydens waarnemings gemaak is en onderhoude gevoer is met leerders, hul ouers en die Afrikaansonderwyser, terwyl leerders se boeke as databron gebruik is. Hierdie artikel sal vir die leser aanbevelings gee oor die leerpraktyke vir Afrikaans EAT van graad 4-derde- of -vierdetaalsprekers, binne ’n meertalige en sosiokulturele konteks. Verdere navorsing kan uit hierdie ondersoek ontwikkel word om voorspraak te maak vir verskillende etnografiese benaderings wat huislike en skoolgeletterdheid integreer sodat die leerpraktyke binne en buite die klaskamer, sowel as in die Afrikaans EAT-kurrikulum, verbeter word. Dit is belangrik dat die leerpraktyke die rol van die addisioneletaalonderwyser, as ’n strategiese fasiliteerder van tweedetaalleer van veral leerders van die minderheidsgroep sal definieer. Indien hierdie rol nie erken word nie, sal kurrikulumbeleide steeds nie kognitiewe geregtigheid vir leerders wat leerondersteuning nodig het met die aanleer van addisionele tale in Suid-Afrika en in ander lande ondersteun nie.
- ItemTeaching non-indigenous speakers of isiXhosa : a critical evaluation of own practice(Stellenbosch University, 2012) Kese, PhumlaIn this article, the author reports on a mid-year critical evaluation of her teaching practice at a multilingual university with students who are non-indigenous speakers of isiXhosa. Data is gleaned from participatory observations, critical-incident journal entries, students’ assessments, views of an outside observer, and student feedback. The conclusion is drawn that to achieve communicative competence in the Xhosa language, the following are vital towards meeting the challenges of students’ anxieties about the course: increasing student motivation, confronting the differences between students’ home languages and isiXhosa, using tutors who are proficient in the students’ mother tongue, as well as encouraging creativity together by keeping a balance between oral and written tasks.