Browsing by Author "Hamutumwa, Sylvia"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemAn assessment of the Namibian government’s application of the socio-economic rights of the San people(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2024-03) Hamutumwa, Sylvia; Brand, Dirk; Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. School of Public Leadership.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie is onderneem om die Namibiese regering se toepassing van sosio-ekonomiese regte van die San-mense te assesseer en om te bepaal hoe hulle die marginalisering van die San-mense hanteer het met betrekking tot die bevordering, beskerming en vervulling van hul sosio-ekonomiese regte. 'n Gevallestudieontwerp is gebruik met ’n fokus op die San-mense en 'n kwalitatiewe benadering is gevolg wat op ’n lessenaarstudie gesentreer was. Die studie het bevind dat die regering daarin geslaag het om sosio-ekonomiese regte toe te pas deur middel van strategiee soos die San-ontwikkelingsprogram. Die beleid het egter sommige sosio-ekonomiese regte soos sanitasie, maatskaplike toelaes en gesondheid oor die hoof gesien. Die onvermoë om die kollektiewe status van die San-volk te verander is egter te wyte aan ongelyke verspreiding van hulpbronne, gebrek aan befondsing en beperkte politieke wil ten opsigte van die substantiewe sosio-ekonomiese regte van die San-mense.‘n meer omvattende strategiee en inisiatiewe moet opgestel word met aangewese befondsing en 'n nasionale taakspan bestaande uit San-mense wat verseker dat mandate nagekom word. Die regering het sosio-ekonomiese regte in 'n groot mate vir sommige toegepas en in 'n mindere mate vir ander. Die studie het tot die gevolgtrekking gekom dat die regering beperkte sukses behaal het in die toepassing van sosio-ekonomiese regte aangesien die sosio-ekonomiese lewens van die San nie drasties verander het nie.