Browsing by Author "De Jager, Eloise"
Now showing 1 - 4 of 4
Results Per Page
Sort Options
- ItemDoes free higher education in South Africa make economic sense? Views of commerce students(HESA, 2020) De Jager, Eloise; Baard, RoelofStudent protests demanding ‘free’ higher education at South Africa universities in 2015 is a reminder that there are still a lot of unresolved issues regarding the inequalities due to the apartheid era in the higher education system. Some of these issues include insufficient state funding of higher education, the increase of tuition fee and unpaid student debt. Even though ‘free’ higher education sounds appealing, the question is whether implementing ‘free’ higher education would make economic sense in South Africa. The study aimed to investigate the perceptions of commerce students at one South African university regarding the economic feasibility of ‘free’ higher education and how it might affect the South African economy. The research aimed to give a descriptive analysis of the perceptions of commerce students and were empirically investigated by means of a questionnaire, containing both open and closed questions. Gaining understanding into student perceptions can be invaluable, as they are considered the livelihood of higher education institutions.The results show that the respondents do not think that ‘free’ higher education make economic sense in South Africa as the economy is too weak and there is too much corruption and wasteful spending in government. The respondents also indicated that the economy will mostly be negatively affected by ‘free’ higher education in that there will be an increase of the financial burden on the South African economy and tax payer. They also regard other government services to be of greater importance than implementing ‘free’ higher education.The results of this study are not necessarily generalisable beyond the scope of the particular institution, but the findings do create a platform for the continued debate on the importance, economic feasibility and implementation of ‘free’ higher education in South Africa.
- ItemFirst-year students’ participation and performance in a financial accounting support group(Clute Institute, 2013-04) De Jager, Eloise; Bitzer, EliThe academic performance and retention of first-year students are under scrutiny worldwide. In view of the emphasis on first-year success, a support group was established in a first-year module - Financial Accounting 178 - at Stellenbosch University in South Africa. The article reports on students’ perceptions of their participation and their pass rates within the support group. Both qualitative and quantitative data were obtained from interviews, questionnaires, and an analysis of support group pass rates. The overall conclusion from this study is that students in financial accounting perceived their participation as positive and an increase in pass rates, compared to previous results, was observed. Small-group participation, tutorial classes, and peer student assistance all appear to contribute positively to improved performance of support groups. A number of areas for possible future research were identified from the results.
- ItemStudente se belewenis van 'n hulpgroep in 'n eerstejaarsmodule in Finansiële Rekeningkunde.(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-03) De Jager, Eloise; Bitzer, E. M.; University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies. Centre for Higher and Adult Education.; University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies. Centre for Higher and Adult Education.AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond tot die studie: As gevolg van die druk wat op die sukses van eerstejaarstudente by hoëronderwysinstellings geplaas word, word ‘n hulpgroep in ‘n eerstejaarsmodule, Finansiële Rekeningkunde, in die B.Rekeningkunde graadprogram by die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Die hulpgroep is daarop gemik om studente, in besonder die voorheen-benadeelde eerstejaarstudente, te help om sukses te behaal in Finansiële Rekeningkunde. Die hulpgroep het verskeie kenmerke. Daar is byvoorbeeld 6 lesings per week in plaas van die normale 4 lesings en bywoning van die lesings is verpligtend. Die hulpgroep grootte word beperk tot ‘n maksimum van 70 studente om aktiewe leer aan te moedig. Op Vrydae is daar ‘n tutoriaalklas waar studente ‘n vraag uitwerk in die klas met die hulp van studente-assistente. ‘n Verskeidenheid bystandsprogramme en hulp word jaarliks aangebied om die deurvloeikoerse van eerstejaarstudente te verhoog en ook om vir studente ‘n positiewe eerstejaarservaring te verseker. Die probleem is dat al hierdie bystand en hulp baie tyd en spesiale insette van dosente en die departement verg, sodat die vraag ontstaan of dit werklik waarde toevoeg. ‘n Verdere kwessie behels die studente se belewenis van so ‘n hulpgroep. Dit was dus noodsaaklik om hierdie en soortgelyke vrae te ondersoek en vas te stel of ‘n hulpgroep beantwoord aan die doel waarvoor dit geskep is. Opsomming van die werk: Daar is gebruik gemaak van ‘n gevallestudie-ontwerp. Die doel van die studie was om vas te stel wat studente se belewenisse van ‘n hulpgroep by die eerstejaarsmodule in Finansiële Rekeningkunde is. ‘n Kombinasie van die kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbenadering is in die ondersoek gebruik deur middel van vraelyste, onderhoude en die analise van prestasiepunte. Gevolgtrekking: Die algehele gevolgtrekking wat uit die ondersoek voortgevloei het, is dat die hulpgroep positief deur die studente beleef word. Verskeie implikasies en voorstelle om die hulpgroep van Finansiële Rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch meer doeltreffend te maak, het uit die studie voortgevloei. Voorstelle vir verdere navorsing is ook gemaak.
- Item’n Studenteterugvoer-perspektief op top- universiteitsdosente se onderrig(Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 2013-12) De Jager, Eloise; Bitzer, EliDie gehalte van onderrig aan hoëronderwysinstellings word deur ’n velerlei faktore beïnvloed. Dit sluit die kenmerke van dosente en studente, die institusionele kultuur, dissiplinêre en klaskontekste en individuele benaderings tot onderrig en leer in. Dit is dus nie ongewoon dat onderwysnavorsers dikwels uitwys hoe die gehalte van onderrig verband hou met die eienskappe en optrede van uitstekende dosente en hul studente se beoordeling daarvan nie. Hierbenewens word studenteterugvoer oor onderrig as een van die aanwysers van onderriggehalte wyd aanvaar as ’n geldige wyse om elemente van effektiewe onderrig te beoordeel. Studente is aan die ontvangkant van dosente se onderrig en derhalwe sou dit irrasioneel en onverantwoordelik wees om hul menings te negeer. Hierdie artikel handel oor ’n analise van studenteterugvoer aan ’n universiteit waar goeie onderrig dikwels onderwaardeer en soms misken word. Terugvoer oor die drie dosente wat, volgens hul studente, die beste gevaar het in elk van nege fakulteite is ontleed en kenmerke wat gehalte in die onderrig van hierdie topdosente aandui, is uit die terugvoer afgelei. Vanuit die analise was dit moontlik om generiese faktore oor onderriggehalte aan te dui, wat vir leiers en bestuurders in hoër onderwys, praktiserende dosente, studente, professionele onderigontwikkelaars en selfs ouers van studente van belang mag wees. Die ondersoek toon egter ook dat daar kontekstuele veranderlikes binne fakulteite en dissiplines is wat nie veralgemeenbaar is nie en unieke vorme van onderriggehalte verteenwoordig.