Masters Degrees (Afrikaans and Dutch)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Afrikaans and Dutch) by Author "Bezuidenhout, Andries Jacobus"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie drukking van dakke : ruimtelikheid en morele agentskap in Gert Vlok Nel se digbundel "om te lewe is onnatuurlik” en “Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle”(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2013-03) Bezuidenhout, Andries Jacobus; Van Niekerk, Marlene; Anker, Willem; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die eerste gedeelte van hierdie tesis ondersoek die ruimtelike basis vir morele agentskap in Gert Vlok Nel se digbundel om te lewe is onnatuurlik. As teoretiese raamwerk word daar van die teoloog/letterkundige Wesley Kort, die letterkundige/sosioloog Irma du Plessis en die radikale geograaf David Harvey se werk gebruik gemaak. Kwessies soos die (i) wisselwerking tussen omvattende, sosiale en intieme ruimtes deur narratiewe ruimtelikheid in poësie, (ii) die onstandvastigheid van die onderskeid tussen private en openbare ruimtes en (iii) verkillende vorms van ruimtelikheid, soos absolute, relatiewe en relasionele ruimtes, asook materiële ruimte, gerepresenteerde ruimte en ruimtes van representasie kom aan die bod. Daar word aangevoer dat Gert Vlok Nel se bewustelike plasing van homself as randfiguurdigter binne die Afrikaanse literêre sisteem as vorm van morele agentskap gesien kan word. Verder word getoon dat, as om te lewe is onnatuurlik in geheel en as familiekroniek gelees word, die onderskeid tussen private en openbare ruimtes waar geweld en trauma plaasvind ondergrawe word en sodoende politieke magskwessies as persoonliketiese kwessies herdefinieer. Laastens word argument gevoer dat, alhoewel die sprekerdigter in die bundel (“Gert”, of “Gertjie”) op die oog af gebrekkige agentskap blyk te toon, die besonderse tydruimtelike plasing van die spreker-digter die moontlikheid vir verruiming van agentskap skep en sodoende die idee van versplinterde subjek uitdaag. Hierdie akademiese opstel hou verband met die kreatiewe gedeelte van die tesis, digbundel getiteld Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle, waarin huishoudelike ruimtes as vertrekpunt gebruik word om kwessies soos morele verantwoordbaarheid, kreatiewe aandadigheid, post-koloniale manlikheid, sosiale verandering en trauma te ondersoek.