Masters Degrees (Afrikaans and Dutch)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Afrikaans and Dutch) by Author "Aldrich, Catrina"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemRuimte, identiteit en beweging in Tommy Wieringa se Joe Speedboot (2005)(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-12) Aldrich, Catrina; Van Zyl, D. P.; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die wyse waarop die ruimtebeelding in Joe Speedboot deur Tommy Wieringa in wisselwerking tree met die identiteitsontwikkeling in die roman. Aan die hand van teoretisering deur onder andere Henri Lefebvre word die uitbeelding van die sosiale ruimte in die roman aan die orde gestel. Die klassifikasie van Joe Speedboot as ‟n ontwikkelingsroman is hierby ‟n noemenswaardige uitgangspunt, omdat Wieringa die sentrale karakters se adolessensie, oftewel vormingsjare, in die roman uitbeeld. Die identiteitskonstruksie wat in die roman voorgestel word, strook met teoretiese beskouings van identiteit as ‟n dinamiese en gekonstrueerde konsep wat deur sosiale en kulturele oorwegings beïnvloed word. ‟n Ondersoek na die gesimuleerde werklikheid waarin Wieringa sy hooffigure situeer, dui aan dat die parogiale ruimte in die roman as stagnerend en voorspelbaar uitgebeeld word. In teenstelling tot die stilstand wat die ruimte kenmerk, word ‟n preokkupasie met beweging en vooruitgang aan die sentrale karakters toegeskryf. Beide die fisiese én eksistensïele dimensies van beweging en beweeglikheid figureer prominent in die roman. Dit word nóú verweef met die liminale posisie wat die karakters as adolessente in die gemeenskap beklee. Daar word geponeer dat die opposisie tussen stilstand en beweging nie net ingespan word by die ruimtebeelding en strukturele samestelling van die roman nie, maar ook ten grondslag lê aan die uitbeelding van die hoofkarakters se ontwikkelende identiteite. Die outeur kies in Joe Speedboot ‟n hoofkarakter met beperkte opsies en demonstreer hoe sy fisieke belemmeringe onafwendbaar op ‟n slot afstuur wat negatief óf positief geïnterpreteer kan word. In die lig van die hoë lof wat hierdie roman toegeswaai is, val dit vreemd op dat so min navorsing tot dusver oor Joe Speedboot onderneem is.