Masters Degrees (School of Accountancy)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (School of Accountancy) by Author "Combrink, Thomas"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Kritiese evaluasie van die toedeling van insetbelasting in Artikel 17(1) van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde no. 89 van 1991(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2005-12) Combrink, Thomas; Van Dyk, D. P.; University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of AccountancyAFRIKAANSE OPSOMMING: Insetbelasting soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde No. 89 van 1991 (“die Wet”) kan teruggeëis word waar die goedere of dienste, ten opsigte waarvan die insetbelasting geëis word, vir die maak van belasbare lewerings verkry is. Waar goedere of dienste verkry word, gedeeltelik vir die maak van belasbare lewerings en gedeeltelik vir die maak van vrygestelde lewerings, moet ʼn toedeling van die insetbelasting ooreenkomstig die bepalings van Artikel 17(1) van die Wet gemaak word. Artikel 17(1) bepaal dat die omset-gebaseerde toedelingsmetode gebruik moet word vir die toedeling van toedeelbare insetbelasting. Hierdie metode wat voorgeskryf word gee aanleiding tot die volgende twee probleemstellings, naamlik : · Onduidelikheid in die Wet rakende die hantering van verskillende tipes lewerings binne die toedelingsformule, en · Onduidelikheid oor welke bedrae of gevalle by die toedelingsformule inof uitgesluit moet word. Artikel 17(1) bepaal ook dat, indien die omset-gebaseerde toedelings-metode nie toepaslik vir ʼn ondernemer is nie, ʼn alternatiewe metode gebruik kan word mits die alternatiewe metode ʼn redelike en regverdige alternatief daarstel. Hierdie uitsondering gee aanleiding tot ʼn derde probleemstelling, naamlik: · Wat kan as ʼn redelike en regverdige alternatief beskou word? Laastens maak Artikel 17(1) voorsiening vir ʼn voorbehoudsbepaling wat bekend staan as die de minimis-reël. Hiervolgens hoef ʼn ondernemer nie te voldoen aan Artikel 17(1) indien die ondernemer se totale belasbare lewerings minstens 95% van sy totale lewerings beloop nie. Die voorbehoudsbepaling maak egter nie voorsiening vir die hantering van abnormale omstandighede wat die implementering van die voorbehoudbepaling kan beïnvloed nie. Dit gee aanleiding tot die vierde probleemstelling, naamlik : · Watter maatreëls bestaan daar om te verseker dat die de minimis-reël nie deur abnormale omstandighede beïnvloed word nie? In hierdie studie word Artikel 17(1) krities ontleed ten einde te poog om oplossings vir bostaande probleemstellings te vind. Relevante wetgewing en publikasies van lande soos die Verenigde Koninkryk, Kanada, Australië en Ierland is ook bestudeer en na aanleiding hiervan kan die volgende afleidings gemaak word, naamlik: · dat ʼn lewering uit meer as een tipe lewering kan bestaan, hetsy belasbaar of vrygestel. Sodanige lewerings kan geklassifiseer word as toevallige-, saamgestelde- of gemengde lewerings wat, afhangend van die tipe lewering, die insetbelasting wat teruggeëis mag word, verskillend kan beïnvloed. Uitsluitsel oor die klassifikasies van lewerings moet verkry word alvorens dit in die toedelingsformule ingesluit word; · dat die in- of uitsluiting van spesifieke bedrae en gevalle in die toedelingsformule eerstens aan die hand van die ekonomiese aktiwiteitstoets gemeet moet word. Die resultate van ʼn ekonomiese aktiwiteitstoets sal aandui watter invloed ʼn spesifieke bedrag of geval op die toedelingsformule kan hê. Die spesifieke eienskappe van elke bedrag of geval moet daarna ontleed word om te bepaal of sodanige bedrag of geval by die toedelingsformule in- of uitgesluit moet word om die manipulasie van die toedelingsformule te voorkom; · dat riglyne bepaal moet word of die toepassing van ʼn alternatiewe toedelingsmetode redelik en regverdig is ten einde enige onsekerhede uit die weg te ruim. Dit behoort op ‘n soortgelyke wyse geïmplementeer te word as die bestaande riglyne in die wetgewing van lande soos Kanada, Ierland en die Verenigde Koninkryk; · dat die de minimis-reël uitgebrei moet word deur nie net na ʼn vaste persentasie te verwys nie, maar ook die gebruik van historiese syfers, randwaardes en maandelikse ontledings in te sluit, soos wat dit tans die gebruik in Kanada en die Verenigde Koninkryk is. Daar bestaan dus reeds in ander lande wetgewing wat die probleemareas, soos in die Suid-Afrikaanse wetgewing geïdentifiseer, aanspreek. Dit is dus nodig om aan die hand hiervan die Suid-Afrikaanse wetgewing uit te brei ten einde enige onduidelikhede en areas vir moontlike manipulasie uit te skakel