Uitsettings onder die Suid-Afrikaanse grondwet : die verhouding tussen artikel 25(1), artikel 26(3) en die uitsettingswet (deel 1)

Date
2006-01
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Juta Law
Abstract
Die beskerming van onroerende eiendomsreg het sedert Chetty v Naidoo twee belangrike ontwikkelings ondergaan. Enersyds is eienaarsbeskerming beïnvloed deur die inwerkingtreding van artikel 26(3) van die grondwet, waarin daar (binne die konteks van die reg op toegang tot behuising) bepaal word dat geen persoon vanuit sy/haar huis gesit mag word tensy dit deur 'n hofbevel gemagtig word nie en dan slegs nadat alle omringende omstandighede oorweeg is. Andersyds het die inwerkingtreding van die Wet op die Verbod op Onwettige Uitsetting en Onregmatige Okkupasie van Grond 19 van 1998 (uitsettingswet) die posisie met betrekking tot die uitsettingsremedie aansienlik aangepas. Artikel 4 van die uitsettingswet bepaal naamlik dat die wet se bepalings by uitsetting toegepas moet word en dat gemeenregtelike remedies gevolglik nie meer beskikbaar is vir die beskerming van onroerende eiendom wat vir behuisingsdoeleindes gebruik word nie.
Description
AANHALING: Pienaar, J.M. & Mostert, H. 2005. Uitsettings onder die Suid-Afrikaanse grondwet : die verhouding tussen artikel 25(1), artikel 26(3) en die uitsettingswet (deel 1). Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2006(2):277-299.
The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_tsar
Keywords
eiendomsreg, property law, private property, private ownership, grondwet, eienaarsbeskerming, behuising, onroerende eiendomsreg
Citation
Pienaar, J.M. & Mostert, H. 2005. Uitsettings onder die Suid-Afrikaanse grondwet : die verhouding tussen artikel 25(1), artikel 26(3) en die uitsettingswet (deel 1). Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2006(2):277-299.