Die sigbaarheid van vertaaldheid in resensies van vertaalde Engelse en Afrikaanse romans

Date
2021
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Department of General Linguistics, Stellenbosch University
Abstract
Die neiging in die literêre kritiek om vertaalde werke as “oorspronklike” werke te resenseer, is alreeds deur verskeie navorsers ondersoek (sien byvoorbeeld Lambert 2010, Maier 2008, Paloposki 2012, en Schulte 2015). Dit beteken dat resensies baie selde daarvan melding maak dat die teks in der waarheid ’n vertaling is. Hierdie neiging van die kritiek om vertaalde tekste as “oorspronklik” te hanteer, is problematies. Vertalers en vertalings kan sodoende gemarginaliseer word, met negatiewe gevolge vir die vertaalprofessie sowel as vir die kanonisering van vertaalde romans (Leech 2005: 12). Vertalings en vertalers word voorts aan haas onmoontlike standaarde onderwerp, omdat resensente dikwels nie vertroud met vertaling is nie, en sodoende die nie-erkenning daarvan in die hand werk. Die studies waarna reeds verwys is, is in Europa uitgevoer, sodat daar ruimte is vir ’n soortgelyke studie in die Suid-Afrikaanse konteks. In hierdie studie val die fokus op resensies van vertaalde romans wat tussen 2006 en 2015 in Suid-Afrika gepubliseer is. Die ontleding sal lig werp op die vraag na die mate waartoe die vertaler en vertaalhandelinge in resensies sigbaar raak, en derhalwe of die resensering van vertaalde werke as oorspronklikes ook binne die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse Engelse literêre sisteem plaasvind.
Description
CITATION: De Roubaix, L. & Lourens, A. 2021. Die sigbaarheid van vertaaldheid in resensies van vertaalde Engelse en Afrikaanse romans. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 60:81-101, doi:10.5842/61-0-923.
The original publication is available at http://spilplus.journals.ac.za
Keywords
Fiction -- Book reviews, Afrikaans fiction -- Tranlations into English -- Reviews, English fiction -- Translations into Afrikaans -- Reviews, Reviews of translated novels, Literary criticism
Citation
De Roubaix, L. & Lourens, A. 2021. Die sigbaarheid van vertaaldheid in resensies van vertaalde Engelse en Afrikaanse romans. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 60:81-101, doi:10.5842/61-0-923