"Hoe vertel jy op papier wie jy was en wie jy nou is?" Die konstruksie van die vroulike subjek in twee bildungsromane : annerkant die longdrop van Anoeschka von Meck en De vriendschap van Connie Palmen

Date
2013-03
Authors
Vorster, Carla
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this study the genre-theory of the ‘female’ Bildungsroman is utilised as a theoretical lens in the analysis of Annerkant die longdrop [Beyond sanity] by Anoeschka von Meck (1998) and De vriendschap [The friendship] by Connie Palmen. Differences and similarities between these narratives of female development, in comparison to the traditional Bildungsroman and ‘female’ Bildungsroman, are identified. This procédé leads to new insights regarding the female characters and their journeys to selfhood in Annerkant die longdrop and De vriendschap. The ‘female’ Bildungsroman is distinguished from her patriarchal counterpart by the central motifs of the developing female body and sexuality which are inscribed in the discourse. These motifs and the subversion of the traditional Bildungsroman are linked with French feminists’ concept of écriture féminine. By comparing Annerkant die longdrop and De vriendschap as ‘female’ Bildungsromane and examples of écriture féminine new derivations can be made about the genre and narratives of female development. The difference between male and female development is one of the aspects highlighted when the ‘female’ Bildungsroman is utilised as theoretical lens. Furthermore the fluidity and instability of the female subject and of the texts in which she comes to life are emphasized. This study raises new questions about the development and emancipation of the female character in Afrikaans literature from 1960 onwards. Furthermore it demonstrates that the theory of the Bildungsroman opens up new research possibilities, especially regarding identity, and can be utilised in the reading of a variety of Afrikaans texts.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die genre-teorie van die ‘vroulike’ Bildungsroman dien in hierdie studie as primêre teoretiese bril of lens by die analise van Annerkant die longdrop (1998) deur Anoeschka von Meck en De vriendschap (1995) deur Connie Palmen. Die ontwikkeling van vroulike protagoniste in hierdie romans word met die eienskappe van beide die tradisionele Bildungsroman én die ‘vroulike’ Bildungsroman in verband gebring en vergelyk. Dié procédé bring nuwe aspekte oor die ontwikkelende vrouekarakters en ontwikkelingsreise in Annerkant die longdrop en De vriendschap na vore. Die wyse waarop die ‘vroulike’ Bildungsroman die literêre grense van die tradisionele Bildungsroman ondermyn en die ontwikkelende vroulike liggaam en seksualiteit inskryf in die diskoers, word met Franse feministe se teoretiese konsep van écriture féminine in verband gebring. Uit die vergelyking van Annerkant die longdrop en De vriendschap blyk dit dat die genre-teorie van die ‘vroulike’ Bildungsroman en die feministiese tradisie van die écriture féminine nuwe aspekte oor narratiewe van vroulike ontwikkeling na vore bring. So beklemtoon hierdie teorie byvoorbeeld die verskil tussen manlike en vroulike ontwikkeling en wys op sowel die vloeiende, onvaste aard van hedendaagse vroulike subjekte as op die tekste wat die ontwikkeling van hierdie vroulike subjekte verwoord. Nuwe vrae oor die mate waarin Afrikaanse vrouekarakters sedert die sestigerjare ontwikkel het, kan na aanleiding van hierdie studie gestel word. Verder wys die ondersoek op nuwe navorsingsmoontlikhede, veral in terme van die soeke na identiteit, wat die Bildungsroman inhou by die bestudering van die Afrikaanse literatuur.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
Bildungsroman, Von Meck, Anoeschka -- Annerkant die longdrop, Palmen, Connie -- De vriendschap, Feminism in literature, Dissertations -- Afrikaans literature, Theses -- Afrikaans literature
Citation