An evaluation of the specific apple replant problem in Western Cape orchard soils

Date
2001-12
Authors
Rabie, Louise
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Apple replant disease (ARD) is one of the major impediments to the establishment of an economically viable apple orchard on sites previously planted to apple. In spite of extensive research on ARD, the etiology remains to be fully elucidated. A possible biological origin of ARD etiology in South Africa was investigated by the dilution of replant field soil with sterilised soil. Commercial orchards with ARD were selected for use in pot trials and disease severity evaluated after three months, by measuring shoot length, dry mass of plants as well as root discolouration. Although diluting replant soil to 25 and 50% (v/v) significantly reduced the effects of ARD, symptoms were only absent in 0% replant soil. It was clear that seedlings planted in any mixture containing replant soil, even only 25% replant soil, consistently exhibited symptoms of stunted growth and root discolouration similar to those seedlings grown in 100% replant soil. This indicates that ARD in South Africa is primarily of a biological nature. As an initial step in formulating sustainable disease control alternatives to replace methyl bromide, pot trials were conducted to assess the impact of compost treatments as well as biological control products on ARD. Compost as well as sterilised and unsterilised compost teas (compost extract) significantly increased seedling growth even under optimum nutrient conditions when compared to the control, suggesting that they negate the effects of ARD. Results also indicated that applying high concentrations of compost does not necessarily provide additional growth benefits compared to lower concentrations. Results with biocontrol formulations were less favourable. Only one of the biocontrol formulations, a combination of Bacillus spp. (Biostart®) improved growth significantly compared to the control. There was, however, some inconsistency with results for the different trials conducted using this product. Fungal as well as nematode populations associated with ARD soils were characterised to the generic level to get a clearer understanding of the etiology of ARD in South Africa. Pythium and Cylindrocarpon spp. were consistently isolated from all six replant soils in all trials that formed part of this study, indicating that these fungi may have a role in ARD etiology in South Africa. Nematodes implicated in ARD development were inconsistently associated with ARD soils used in these studies. This suggests that nematodes do not have a primary causal role in ARD etiology in South Africa. Field trials were conducted in commercial orchards to assess the impact of organic amendments and promising biological control products, as indicated by the pot trials, on ARO severity under field conditions. These biological soil amendments were also compared with the standard chemical control methods for ARO, methyl bromide and chloropicrin. In all three trials established, compost and mulch as well as manure and mulch, consistently increased growth to the same extent as the standard chemical treatments and by combining these chemical treatments with organic amendments a significant, additional growth increase could be attained. Biocontrol formulations evaluated in field studies gave variable results. Biostart® improved growth when applied on its own, but not in combination with the chemical Herbifume (metham-sodium). Inoculating soil with effective microorganisms (EM), consisting primarily of photosynthetic bacteria, had no significant effect on growth. Results from this study indicate that application of organic amendments could possibly substitute for soil fumigation in replanted apple orchards. However, compost quality standards need to be implemented and because few types of compost are universally effective, different types of composts should be compared in specific soil environments before recommendations can be made. Oue to variable results with biocontrol products, ARO management with these biological soil amendments cannot be guaranteed at this stage and further studies are recommended.
AFRIKAANSE OPSOMMING: EVALUERING VAN DIE SPESIFIEKE APPELHERVESTIGING-PROBLEEM IN BOORDE IN DIE WES-KAAP Appelhervestiging-siekte (AHS) skep 'n groot probleem in die vestiging van jong appelbome op grond waar daar reeds voorheen appels verbou is. Ten spyte van omvangryke navorsing is die oorsaak van die probleem nog hoofsaaklik onbekend. 'n Moontlike biologiese oorsaakleer is in Suid-Afrika ondersoek deur die hervestigings-effek te probeer verminder deur die vermenging van hervestigingsgrond met gesteriliseerde grond. Kommersiële boorde met 'n appelhervestigingsprobleem is geselekteer en gebruik in potproewe. Die ernstigheidsgraad van die siekte is na drie maande se groei geevalueer deur lootlengte, droë massa en wortelverkleuring te meet. Alhoewel verdunning van die hervestigingsgrond tot 50 en 25% (vlv) die effek van AHS op groei betekenisvol verminder het, kon die skadelike effek van die veroorsakende faktor slegs uitgeskakel word deur saailinge in 100% gesteriliseerde grond te plant. Dit was duidelik dat saailinge wat in enige grondmengsel geplant is waarin hervestigingsgrond voorgekom het, selfs al was dit net 25%, konsekwent simptome van vertraagde groei en wortelverkleuring getoon het. Dit is 'n aanduiding dat AHS in Suid-Afrika hoofsaaklik biologies van aard is. Potproewe is uitgevoer as 'n eerste stap in die formulering van volhoubare siektebeheer-strategieë, om die impak van kompos-behandelings en biologiese beheer produkte op AHS te ondersoek. Kompos sowel as gesteriliseerde en ongesteriliseerde kompos-tee (kompos-water) het, selfs onder optimale voedingsomstandighede, die groei van saailinge betekenisvol verbeter. Dit dui aan dat hierdie behandelings die effek van AHS kan teenwerk. Resultate het ook daarop gedui dat hoër kompos konsentrasies nie noodwendig enige addisionele voordele vir groei inhou in vergelyking met laer konsentrasies nie. Resultate met biologiese beheer produkte was minder gunstig. Slegs een van die produkte wat geëvalueer is, 'n kombinasie van Bacillus spp. (Biostart®), het groei betekenisvol verbeter in vergelyking met die kontrole. Resultate was egter inkonsekwent vir die verskillende proewe waarin hierdie produk gebruik is. Swampopulasies sowel as aalwurmpopulasies wat met hervestigingsgrond geassosieer word, is geïdentifiseer tot op generiese vlak om vas te stel waardeur AHS in Suid-Afrika veroorsaak word. Pythium en Cylindrocarpon spp. is konsekwent van al ses hervestigingsgronde geïsoleer wat daarop dui dat hierdie twee swamgenera 'n beduidende rol in AHS ontwikkeling in Suid-Afrika mag hê. Aalwurms wat aangedui is in die literatuur om 'n moontlike rol in AHS te hê, was slegs in enkele gevalle geassosieer met hervestigingsgronde waarvan in hierdie studie gebruik gemaak is. Die gevolg-trekking is dus gemaak dat aalwurms nie 'n betekenisvolle rol speel as hoof-veroorsakende organisme onder Suid-Afrikaanse toestande nie. Veldproewe is uitgevoer in kommersiële appelboorde om vas te stel wat die effek van organiese materiaal, asook belowende biologiese beheermiddels, soos aangedui deur potproewe, op AHS onder veldtoestande is. Die biologiese grondtoedienings is ook vergelyk met die standaard chemiese beheermiddels (metielbromied en chloorpikrien). In al drie proewe wat gevestig is, het kompos met 'n deklaag, sowel as kraalmis met 'n deklaag, groei betekenisvol verbeter tot dieselfde mate as chemiese middels. Daar kon ook 'n beduidende, addisionele groeitoename gemeet word in gevalle waar chemiese middels met organiese materiaal gekombineer is. Resultate met biologiese beheer formulasies wat onder veldtoestande geëvalueer is, het gevarieer. Biostart® het groei verbeter wanneer dit alleen toegedien is, maar in kombinasie met die chemiese middel Herbifume (metham-sodium) het dit geen effek gehad nie. Die inokulering van grond met 'n oplossing van effektiewe mikroorganismes (EM) wat hoofsaaklik uit fotosinterende baterieë bestaan, het ook geen betekenisvolle effek op groei gehad nie. Die gevolgtrekking is gemaak dat toediening van organiese materiaal moonlik as plaasvervanger vir metielbromied-beroking kan dien in die beheer van AHS. Die nodige komposkwaliteit-standaarde moet egter eers geïmplimenteer word. Omdat feitlik geen kompos universeel effektief kan wees nie, is dit ook nodig dat verskillende tipes kompos met mekaar vergelyk moet word in spesifieke grondtoestande voordat verdere aanbevelings gemaak kan word. As gevolg van variërende resultate met biologiese beheer produkte kan AHS beheer met hierdie middels nie gewaarborg word op hierdie stadium nie en verdere studies word aanbeveel.
Description
Thesis (MScAgric)--University of Stellenbosch, 2001.
Keywords
Apples -- Planting -- South Africa -- Western Cape, Apples -- Diseases and pests -- South Africa -- Western Cape, Apples -- Soils -- South Africa -- Western Cape, Apple replant disease
Citation