Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys

Date
2017
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Performatiwiteit in die onderwys is ’n neoliberale verskynsel. Die neoliberalisme is ’n gedagterigting wat effektiwiteit, doeltreffendheid en gehalte beklemtoon. Met hierdie artikel word daar op die toenemende belang van hierdie tipies besigheidsbeginsels in skole gefokus. Binne ’n performatiewe bestel word oordrewe klem op die regulering en bestuur van die onderwyser se werksverrigting geplaas. Deur performatiwiteit in die dagtake van onderwysers in te dwing, het regerings toenemend beheer oor daardie onderwysers se werkslewe verkry. Spesifieke tegnieke van dophouding en moniteringstelsels, soos selfbeheer, beheer deur ander, beheer deur inligtingsvervaardiging, beheer deur leerderprestasie en beheer deur assesseringsdata, is ingestel sodat onderwysers verplig word om hul toerekenbaarheid aan die onderwysowerhede te demonstreer. Die bestuur van hierdie toerekenbaarheidsprosesse is ’n soort skrikbewind wat ook die “gruwels (terrors) van performatiwiteit” genoem word. Hierdie gruwelhouding kan nie net ernstige gevolge vir die aard van onderrig en leer in skole inhou nie. Die negatiewe uitwerking kan ook fel op die innerlike lewe en die professionele identiteit van die onderwyser wees. Dit blyk dat onderwysers deur die gruwels van performatiwiteit verswelg word. Daar behoort weerstand teen die newe-effekte van performatiwiteit gebied te word, maar is so ’n optrede moontlik? Ten einde dit vir onderwysers moontlik te maak om konstruktiewe betekenis aan ’n weerstandsbeweging te verleen, word die volgende aanbevelings gemaak: Eerstens moet deelname aan onderlinge gesprekvoering tussen onderwysers aangemoedig word, sodat hulle saam oor hul professionaliteit kan besin. Tydens hierdie geleenthede van kollektiewe reflektering behoort onderwysers betrokke te wees in kritiese gesprekke oor die gevare van performatiwiteit, en eie ervarings binne ’n kultuur van performatiwiteit behoort met mekaar gedeel te word. Tweedens behoort onderwysers die geleenthede te inisieer om in interaksie met die beleidmakers oor onderwysbeleide te tree. Die uitdaging hier is om die ingesteldheid van die beleidmakers tot so ’n mate te verander dat onderwysers die geleentheid kan kry om nie bloot passiewe ontvangers van beleide te wees nie. Sodoende sal onderwysers die geleentheid kry om meer aktief by die vorming van onderwysbeleide betrokke te wees.
As in the case of other Western countries the South African government has put education policies in place to regulate the work of teachers. This development needs to be understood in the context of a shift in the role of the state from that of being primarily a provider to that of being a regulator and monitor. This shift accompanies the erosion of the welfare state across the globe. In the context of education, the introduction of new measures such as accountability regimes has direct implications for all teachers in public schools in the Republic of South Africa. This has given rise to a phenomenon in schools termed a culture of performativity, whereby teachers’ work and worth are continuously measured and the quickest input-output ratio is pursued at all costs.
Description
CITATION: Van Wyk, M. & Le Grange, L. 2017. Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys. LitNet Akademies, 14(2):540-564.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za/
Keywords
Education and state -- South Africa, Performative (Philosophy), Educational accountability -- South Africa, Performativity, Teachers
Citation
Van Wyk, M. & Le Grange, L. 2017. Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys. LitNet Akademies, 14(2):540-564.