Games of truth in the age of transparency: international organisations and the construction of corruption

Snyman, Roan Alexander (2017-03)

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.

Thesis

ENGLISH SUMMARY: The objective in this thesis is to analyse the role that the anti-corruption industry plays in international governance and in the administration of states. The anti-corruption industry has expanded at a very rapid rate since its inception in the mid-1990s. Despite the growth of the industry, anti-corruption reforms have failed to make progress in the alleviation of corruption. This failure to address the widespread prevalence of corruption has not deterred the expansion of the industry. On the contrary, failure in the alleviation of corruption has served only to incite its vigour and vitality. There is very little understanding of what the anti corruption industry is and what its actual global impact has been. For this reason, it is very important to come to grips with the underlying motivating factors that drives the expansion of the industry, as well as the totalising nature of its discourse. Therefore my aim in this thesis is to create a better understanding of the fight against corruption as an international governmental practice. This entails unpacking its discourses and practices and the role that international organisations have played in bringing the industry to life and driving its global proliferation. I make use of Foucault’s method of genealogy to trace the development of anticorruption discourse since the 1950s. Additionally, Foucault’s concepts of governmentality, disciplinary power, normalisation and the three modes of objectification are used to analyse the industry. Utilising Foucault’s work presents a clear picture of how knowledge and truth are constructed for the purposes of achieving governmental, political and ideological objectives. The argument is made that International organisations and western actors have fostered into existence a totalising form of discourse which is part of an endeavour to clarify the complexities of the international political economy, as well as part of a strategy to mitigate the risks that are presented by unpredictable and ‘abnormal’ states, societies and cultures. This indicates that the failure of the industry to address the prevalence of corruption is not due to a lack of support or resources. On the contrary, the industry has not failed at its objective, because fighting corruption is not its primary purpose. The industry is driven, legitimised and globally propagated with the objective of displacing and transposing divergent governmental structures, institutions, policies, and practices of states and societies that operate contrary to international norms. As such, anti-corruption has become an endeavour to instil a normative framework of governance globally; a framework through which alternative modes of governance, different ethical codes, morals and societal values are characterised as abnormal and thereby delegitimised and displaced.

AFRIKAANS OPSOMMING: Hierdie tesis het ten doel om 'n analise te doen ten opsigte van die rol wat die teenkorrupsie bedryf speel in internasionale bestuur en staats-administrasie. Die teenkorrupsie-bedryf het 'n tydperk van baie vinnige uitbreiding en ontwikkeling ervaar sedert dit in die middel-1990s as 'n bedryf ontstaan het. Ten spyte van hierdie bedryfsgroei het teenkorrupsie-regstellings nie voldoende vooruitgang in die vermindering van korrupsie getoon nie. Die mislukking om die omvattende voorkoms van korrupsie te beperk, het egter nie die ontwikkeling en uitbreiding van die bedryf benadeel nie. Dit het inteendeel tot gevolg gehad dat daar met groter ywer en doelgerigtheid gepoog word om meer sukses te behaal. Daar bestaan 'n beperkte begrip ten opsigte van die teenkorrupsie-bedryf en die globale impak wat dit tot dusver gehad het. Dit is dus noodsaaklik om insig te verkry in die onderliggende faktore wat as motivering dien tot die ontwikkeling en uitbreiding van die bedryf. Ek het dus met hierdie tesis gepoog om 'n beter begrip te verkry ten opsigte van korrupsie as internasionale bestuurspraktyk. Hierdie navorsing behels die ontleding van die diskoerse en praktyke asook die rol wat internasionale organisasies gespeel het om die teenkorrupsie-bedryf tot stand te bring en aanleiding te gee tot die vinnige globale groei. Ek gebruik Foucault se genealogiese metode om die bedryfsontwikkeling van teenkorrupsie-aktiwiteit sedert die 1950s na te spoor. Tesame hiermee is gebruik gemaak van die konsepte beheerbaarheid (governmentality), dissiplinêre mag (disciplinary power), normalisering (normalisation) en die drie vorme van objektifikasie soos gedefinieer deur Foucault. Deur gebruik te maak van Foucault se navorsing en metodes kan 'n duidelike beeld verkry word van hoe kennis en waarheid gekonstrueer word met die doel om regerings-, politiese en ideologiese mikpunte te bereik. Internasionale organisasies en westerse betrokkenes het 'n allesomvattende vorm van diskoers en praktyk ontwikkel waardeur meer duidelikheid verkry kan word ten opsigte van die kompleksiteite van die internasionale politieke ekonomie. Dit vorm ook deel van 'n strategie om die risiko’s en gevolge van onvoorspelbare en ‘abnormale’ state, gemeenskappe en kulture te versag en verminder. Die rede waarom die teenkorrupsie-bedryf voortdurend verder uitbrei en ontwikkel ten spyte van die teleurstellende resultate is dus nie omdat die studieveld misluk het om voldoende ondersteuning te verkry of omdat dit so 'n besonder skadelike onderwerp is nie. Daar moet kennis van geneem word dat die vermindering van korrupsie nie die primêre doelwit is nie, maar dat die teenkorrupsie-bedryf voordurend ontwikkel, geregverdig en globaal uitgedra word met die doel om uiteenlopende regerings-strukture, instellings, beleide, etiese waardes en praktyke van regerings en gemeenskappe te omvorm en te normaliseer volgens algemeen aanvaarde riglyne. As sulks het die teenkorrupsie-bedryf ‘n onderneming geword waardeur gepoog word om ontslae te raak van gebruike wat in konflik is met internasionale norme en praktyke.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/101115
This item appears in the following collections: