Experimental testing and simulation of a nutating grinding mill.

Date
2024-02
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Mined materials are comminuted for valuable mineral extraction, often using a nutating grinding machine. The HICOM mill is known for efficient grinding but faces operational challenges, primarily due to fatigue at kinematic joints. This study investigates nutating mill dynamics, focusing on force responses at key kinematic joints. The NuMILL, an experimental model representing the HICOM, was designed for data collection. In addition to the experimental investigation, two simulation methods were used: Multi-Body Dynamics (MBD) and Discrete Element Method (DEM), where MBD deals with internal mechanical loads and DEM with loads acting on the chamber as a result of material contact. The critical load path was identified as the crankpin joint of the torque arm, which experiences high cyclic loads. The MBD and DEM simulations had limitations when used independently. The combined DEM and MBD model, accounting for both structural and charge material loads, was evaluated against experimental measurements. Its accuracy in predicting crankpin resultant forces varied with rotational speed, showing errors of 19 %, 6 %, and 1% at 100 RPM, 400 RPM, and 700 RPM, respectively. This combined simulation method demonstrated its potential for real-world application in predicting kinematic joint forces, as illustrated through its application to the HICOM mill.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Gemynde materiaal word fyn gemaal vir die ontginning van waardevolle minerale, dikwels met behulp van ’n nuterende maalmeul. Die HICOM-meul staan bekend vir effektiewe maalwerk, maar ervaar operasionele uitdagings, hoofsaaklik as gevolg van vermoeidheid by die kinematiese verbindings. Hierdie studie ondersoek die dinamika van die nuterende meul, met die fokus op die krag reaksies by sleutel kinematiese verbindings. Die NuMILL, ’n ksperimentele model wat verteenwoordigend is van die HICOM, is ontwerp vir dataversameling. Benewens die eksperimentele ondersoek is twee simulasie-metodes gebruik: Multi- Ligaamdinamika (MLD) en die Diskrete Element Metode (DEM), waar MLD handel met interne meganiese belastings en DEM met belastings wat op die maal kamer inwerk as gevolg van materiaal kontak. Die kritieke belastingspad is geïdentifiseer as die krukpenverbinding van die wringkragarm, wat ho˝e sikliese belasting ervaar. Die MLD- en DEM-simulasies het beperkings gehad wanneer dit onafhanklik gebruik is. Die gekombineerde DEM- en MLD-model, wat rekening hou met beide strukturele en materiaalbelastings, is geëvalueer aan die hand van eksperimentele metings. Die akkuraatheid van die voorspelde krukpen resultante kragte het gewissel met die rotasiespoed en het foute van 19 %, 6% en 1% getoon teen 100 RPM, 400RPM en 700RPM onderskeidelik. Hierdie gekombineerde simulasie-metode het sy potensiaal vir praktiese toepassing in die voorspelling van kinematiese verbindingskragte gedemonstreer deur die toepassing daarvan op die HICOM-meul.
Description
Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2024.
Keywords
Citation