'n Blik op die resepsiegeskiedenis van Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africana

dc.contributor.authorMuller, Stephanus
dc.date.accessioned2014-07-17T12:59:25Z
dc.date.available2014-07-17T12:59:25Z
dc.date.issued2009
dc.descriptionPlease cite as follows:en_ZA
dc.descriptionMuller, S. 2009. 'n Blik op die resepsiegeskiedenis van Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africana. Musicus, 37(1): 19-23.en_ZA
dc.description.abstractOp 19 Augustus 2004 het die Kaapse Filharmoniese Orkes onder Ieiding van die Amerikaanse dirigent Leslie B. Dunner vir die eerste keer Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africana uitgevoer in die Kaapstadse stadsaal. Die simfonie is gekomponeer in opdrag van die Vriende van Afrikaans. Op daardie stadium was die skrywer 'n gereelde medewerker van Die Burger in Kaapstad se kunsblad as skrywer van 'n gereelde rubriek, opiniestukke, profiele en resensies. Die skrywer het self versoek om Hofmeyr se nuwe werk te resenseer en het die komponis vroeg reeds gevra vir 'n partituur van die werk om dit te bestudeer, en het voor die eerste uitvoering een repetisie daarvan in die stadsaal bygewoon. Die resensie is op 21 Augustus 2004 in Die Burger gepubliseer onder die opskrif 'Nuwe "Africana" wek bewondering en vrae '. Op 28 Augustus verskyn door in Die Burger 'n brief van Carmen Marchetti (' "Sinfonia" was nie 'n feesviering nie ') wat 'n kritiese standpunt teenoor die Hofmeyr-werk ingeneem het, tesame met 'n brief van die digteres Lina Spies ('Dis onverdraagsaamheid') wat die resensie oor die werk sterk gekritiseer het. Hierna het briewe met reëlmaat in Die Burger verskyn: op 27 Augustus skryf Deon Knobel ('Hofmeyr se werk is monumentaal') en Janette Badenhorst ('Die kritiek was ongevraag'); op 3 I Augustus skryf Maryna Botha ("'Sinfonia" 'n grootse werk') en weer Deon Knobel ('Lees Afrikaans korrek'); op 2 September skryf Chris Walton ('Taal het nie vyande nodig ') en John en Collena Blanckenberg (' 'n Verruimende boodskap '); op 3 September skryf Jozua Serfontein ('Trant van resensie verbaas ') en Veranza Joubert ('Roerende luisterervaring'); op 4 September is dit nogmaals Deon Knobel wat skryf ('Kritiek berus op hoorsê') en op 7 September skryf Pierre Joubert ('Komponis had vrye opdrag '). Met die uitsondering van Marchetti en Walton se briewe, was al die onder bydraes sterk krities oor die resensie. Die debat wat deur die werk en die resensie ontketen is, is ook elders as in briewekolomme voortgesit. Op 8 September verskyn 'n berig van Liza Albrecht in Die Burger met die opskrif 'Kwaai reaksie op "Sinfonia" verras hom, se Hofmeyr '. Ook op 8 September word 'n onderhoud tussen Hofmeyr, Lina Spies, Hans Huyssen en Coenraad Walters op LitNet Paneelklopper geplaas. Op 28 Oktober is die publieke gesprek oor die Sinfonia Africana op die spits gedryf in 'n open bare debat tussen die skrywer en Hofmeyr in die Jannaschsaal van die Departement Musiek op Stellenbosch. Die geleentheid was die jaarlikse Colloquium van die Departement Afrikaans en Nederlands, wat aangebied is onder die opskrif 'Hoe word Afrikaans vandag musiek? Die referaat wat die huidige skrywer tydens die geleentheid gelewer het op uitnodiging van dr. Etienne Britz, word hier op versoek van Musicus vir die eerste keer gepubliseer.en_ZA
dc.description.versionPost-printen_ZA
dc.format.extent5 p.
dc.identifier.citationMuller, S. 2009. 'n Blik op die resepsiegeskiedenis van Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africana. Musicus, 37(1): 19-23.en_ZA
dc.identifier.issn0256-8837 (print)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/95495
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUNISA Pressen_ZA
dc.rights.holderUNISAen_ZA
dc.subjectSinfonia Africanaen_ZA
dc.subjectMusic -- South Africaen_ZA
dc.subject.lcshHofmeyr, Hendrik
dc.title'n Blik op die resepsiegeskiedenis van Hendrik Hofmeyr se Sinfonia Africanaen_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
muller_blik_2009.pdf
Size:
629.01 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Post-print
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.95 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: