Methods for aggregating microeconomic data : applications to art prices, business sentiment and historical commodity prices

Date
2018-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : In the modern world, large microeconomic datasets are becoming increasingly available due to technological developments. These datasets provide an opportunity to improve the measurement of a range of economic phenomena and to bolster economic research. One particular way in which these large datasets can aid economic analysis is to allow the creation of macroeconomic indicators from aggregated microeconomic data. Yet, there are often challenges in aggregating these large datasets and in identifying the underlying pattern in the data. The aim in this dissertation is to explore aggregation methods that overcome specific challenges in aggregating three relatively large microeconomic datasets to create time-series indicators. The first case explores aggregation methods for estimating South African art price indices (2000Q1-2015Q4), using a large database of art auction prices. The challenge in aggregating this dataset is that artworks are by and large unique and infrequently traded, which means that the composition of items sold is not constant over time. To address this challenge, central tendency, hedonic and hybrid repeat sales methods are used to estimate quality-adjusted South African art price indices. The second case explores aggregation methods for estimating indicators of business confidence and uncertainty for South Africa (1992Q1-2016Q3), using the Stellenbosch University Bureau for Economic Research’s (BER) business tendency surveys. The challenge in aggregating this dataset is to measure these concepts by identifying a pattern in the disparate views of individual agents. To address this challenge, aggregation methods for capturing the full distribution of the qualitative survey responses are explored. The cross-sectional weighted first and second moments of the distribution of responses are calculated to create new indicators of business confidence and uncertainty for South Africa. The third case explores aggregation methods for estimating monthly commodity price indices for the Cape Colony (September 1889 - July 1914), using two newly digitised datasets of commodity prices for various towns in the Colony. The challenge in aggregating these datasets is that both sets of records are incomplete, in terms of the coverage of both products and towns. The repeat sales method is used to aggregate the incomplete price series for various towns from both sources, to create more complete monthly commodity price indices for the Cape Colony. Testing specific hypotheses is useful, both in demonstrating the potential research applications for the aggregated indicators, and in assessing the validity of the proposed aggregation methods. The dissertation therefore uses the time-series indicators to test a specific hypothesis in each case. The first case examines the estimated South African art price indices for evidence of a bubble. The hypothesis that South African art prices exhibited mildly explosive behaviour between 2000 and 2015 is tested. The second case examines the relationship between business sentiment and real activity in South Africa, by testing the hypothesis that there was significant comovement between the sentiment indicators and real GDP growth. The third case examines the commodity price indices, as well as indicators of price dispersion, for evidence of increasing internal market integration in the Cape Colony. The hypotheses of price convergence between towns and cointegration of regional price indices are tested. This dissertation is a contribution to the literature in that it demonstrates suitable aggregation methods to overcome some of the challenges in aggregating relatively large microeconomic datasets. These aggregation challenges relate to (i) estimating quality-adjusted price indices for unique and infrequently traded items, (ii) developing aggregate measures of sentiment based on the disparate views of a large number of respondents, and (iii) estimating complete price indices from data that is incomplete. These aggregation methods may prove useful in a variety of settings where there are similar challenges. The estimated time series may prove useful for further research in each of the relevant fields and are reported in the chapter appendices.
AFRIKAANSE OPSOMMING : In die moderne wêreld lei tegnologiese ontwikkelings tot die toenemende beskikbaarheid van groot mikro-ekonomiese datastelle. Hierdie datastelle bied die geleentheid om verskeie ekonomiese verskynsels beter te meet en om sodoende ekonomiese navorsing te verbeter. Een wyse waarop hierdie groot datastelle ekonomiese ontleding kan ondersteun is in die skep van makro-ekonomiese aanwysers op grond van geaggregeerde mikro-ekonomiese data. Tog is daar dikwels uitdagings rondom die aggregasie van hierdie datastelle en die identifisering van die onderliggende patroon in die data. Die doel van hierdie proefskrif is om metodes te ondersoek wat spesifieke uitdagings in die aggregasie van drie relatief groot mikro-ekonomiese datastelle kan oorkom, ten einde tydreeksaanwysers te beraam. Die eerste geval behels ’n studie van aggregasiemetodes om Suid-Afrikaanse kunsprysindekse te bereken (2000K1 tot 2015K4), met behulp van ’n groot databasis van kunsveilingpryse. Die uitdaging vir die aggregasie van hierdie datastel is dat die kunswerke merendeels uniek is en nie gereeld verhandel word nie, wat beteken dat die komposisie van die items wat wel verkoop word nie konstant is oor tyd nie. Sentrale-tendens-, hedoniese en gemeng-herhaalde-verkope-metodes word ondersoek ten einde kwaliteit-aangepaste Suid-Afrikaanse kunsprysindekse te beraam. Die tweede geval behels ’n ondersoek na aggregasiemetodes om aanwysers van sakevertroue en onsekerheid vir Suid-Afrika te beraam (1992K1 tot 2016K3), op grond van saketendens-opnames van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch. Die uitdaging vir die aggregasie van hierdie datastel is om hierdie konsepte te meet deur ’n onderliggende patroon te identifiseer in die uiteenlopende vooruitsigte van individuele firmas. Om hierdie uitdaging aan te spreek word aggregasie metodes ondersoek om die volle verdeling van die kwalitatiewe antwoorde vas te vang. Die kruissnit-geweegde-eerste en -tweede momente van die verdeling word bereken om aanwysers van sakevertroue en onsekerheid vir Suid-Afrika te beraam. Die derde geval ondersoek aggregasiemetodes om maandelikse kommoditeitsprysindekse vir die Kaapkolonie te beraam (September 1889 tot Julie 1914), met behulp van twee nuwe datastelle van kommoditeitspryse vir verskeie dorpe in die Kolonie. Die uitdaging by die aggregasie van hierdie twee datastelle is dat beide stelle rekords onvolledig is, met wesenlike gapings in die individuele reekse. Die herhaalde-verkope metode gebruik om die onvolledige rekords saam te voeg om meer volledige maandelikse kommoditeitsprysindekse vir die Kaapkolonie te beraam. Die toets van spesifieke hipoteses is nuttig, beide om potensiële toepassings vir die aanwysers te demonstreer, en om die geldigheid van die aggregasiemetodes te evalueer. Die proefskrif gebruik dus die tydreekse om ’n spesifieke hipotese te toets in elke geval. Die eerste geval ondersoek die beraamde Suid-Afrikaanse kunsprysindekse vir bewyse van ’n prysborrel. Die hipotese van eksplosiewe gedrag in Suid-Afrikaanse kunspryse gedurende die periode word getoets. Die tweede geval ondersoek die verhouding tussen sakesentiment en reële ekonomiese aktiwiteit in Suid-Afrika. Die hipotese dat sentimentaanwysers beduidend met reële BBP groei saambeweeg het word getoets. Die derde geval ondersoek die beraamde kommoditeitsprysindekse, asook aanwysers van prysverspreiding, vir bewyse van toenemende interne mark-integrasie in die Kaapkolonie. Die hipoteses word getoets dat pryse tussen dorpe in die Kaapkolonie gedurende die steekproefperiode konvergeer het, en dat daar ko-integrasie tussen streeksprysindekse bestaan. Hierdie proefskrif lewer ’n bydrae tot die literatuur deur tegnieke te demonstreer wat spesifieke uitdagings by die aggregasie van relatief groot mikro-ekonomiese datastelle kan oorkom. Die uitdagings behels (i) die beraming van kwaliteit-aangepaste prysindekse vir items wat uniek is en nie gereeld verhandel word nie, (ii) die ontwikkeling van geaggregeerde aanwysers van sentiment gebaseer op die uiteenlopende vooruitsigte van ’n groot aantal respondente, en (iii) die beraming van volledige prysindekse op grond van onvolledige data. Die aggregasietegnieke mag nuttig wees in ander gevalle waar soortgelyke uitdagings bestaan. Die beraamde aanwysers mag nuttig wees vir toekomstige navorsing in elk van hierdie velde en word in die bylaag van elke hoofstuk voorsien.
Description
Thesis (DCom)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Art -- Prices -- South Africa, Art -- Economic aspects -- South Africa, Art -- Economic aspects -- Statistical methods, Art -- Cape of Good Hope (Colony) -- Economic aspects, UCTD
Citation