Exploring enrolled nursing and midwifery students’ opinions on professionalism in their clinical placements
Date
2018-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : Introduction: Professionalism is a contested concept due to dynamic evolutions and variations in use and application. The term remains hard to define despite the extensive research by many social science researchers. Consequently, various professions have different viewpoints on which characteristics constitute professionalism. It is imperative to define professionalism in the science and practice of nursing in order to comprehend its nature and attributes in the profession. The researcher explored with this study the enrolled student nurses’ and enrolled midwives’ opinions of professionalism as experienced in day-to-day clinical placements.
Methods: A quantitative descriptive study was conducted at Windhoek Health Training Centre, a training centre for nurses only. A convenient sample of 199 was drawn from nursing students at different levels of nursing training. Structured self-administered questionnaires were used to measure the presence of professionalism in clinical practice among nursing students. The data was exported into SPSS version 2.0 for statistical analysis according to gender, age, and year of study.
Results: The results showed that out of 100 participants, 58 (58%) were females, 33 (33%) were males, and 8 (8%) did not wish to reveal their gender. Among the participants, 29% were first year students, while 36% were in their second year of training and 33% were third year students. The majority, 46 (46%) were aged 18-24, while 37 (37%) were between the ages of 25 and 34. Fourteen (14%) were not willing to disclose their age. According to the participants, professionalism in nursing means positive/proactive professional behaviour and promotion of standard behaviour and attributes of professionalism in nursing. The Cronbach co-efficient for the aspects of personality measured in this study were as follows:
•Feeling valued by the public = 2 (0.42)
•Appropriate behaviours = 7 (4.80)
•Organisational and professional care = 6 (4.60)
•Positive/proactive professional behaviours = 9 (0.86)
•Professional identity and pride = 5 (0.42), and
•Learning process = 3 (0.20).
Conclusion: According to the participants’ opinions, professionalism in nursing means the organisational and professional care, positive/proactive professional behaviours; and the promotion of appropriate behaviours and attributes of professionalism in nursing.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Inleiding: Professionaliteit is ʼn betwiste konsep weens dinamiese evolusies en variasies in die gebruik en toepassing daarvan. Ten spyte van uitgebreide navorsing deur baie navorsers in die sosiale wetenskappe, bly dit moeilik om te omskryf. Gevolglik het verskillende beroepe verskillende perspektiewe oor watter kenmerke professionaliteit daarstel. Dit is noodsaaklik om professionaliteit in die wetenskap en praktyk van verpleegkunde studente te omskryf, ten einde die aard en eienskappe daarvan te begryp. Die studie het op die verpleegkundestudente se menings van professionaliteit in alledaagse kliniese plasing gefokus. Dit was daarop gemik om ingeskrewe studenteverpleërs en ingeskrewe vroedvroue se menings oor professionaliteit, soos in dag-tot-dag kliniese plasings ervaar, te verken. Metodiek: ʼn Kwantitatiewe beskrywende studie is by Windhoek Gesondheidsopleidingsentrum uitgevoer. ʼn Gerieflikeheids steekproef van 199 is uit verpleegkunde studente op verskillende vlakke van verpleegopleidings geneem. Gestruktureerde, self-toegediende vraelyste is gebruik om professionaliteit in kliniese praktyk onder verpleegkundestudente te meet. Die data is op SPSS weergawe 2.0 ingevoer vir statistiese ontleding volgens geslag, ouderdom en studiejaar. Resultate: Uit 100 deelnemers was 58 (58%) vroue, 33 (33%) mans en 8 (8%) wou nie hulle geslag bekend maak nie. Van die deelnemers was 29% eerstejaarstudente, 36% was in hulle tweede jaar van opleiding en 33% was derdejaarstudente. ’n Meerderheid van 46 (46%) was tussen die ouderdom van 18 en 24, terwyl 37 (37%) tussen die ouderdom van 25 en 34 was. Veertien (14%) was nie bereid om hulle ouderdom bekend te maak nie. Volgens die deelnemers se opvattings beteken professionaliteit in verpleegkunde positiewe/proaktiewe professionele gedrag en die bevordering van toepaslike gedrag en -kenmerke van professionaliteit in verpleegkunde. Die Cronbach-koëffisiënte vir die persoonlikheidsaspekte wat in hierdie studie gemeet is, was soos volg: • Gevoel dat die publiek jou waardeer = 2 (0.42) • Toepaslike gedrag = 7 (4.80) • Organisatoriese en professionele sorg = 6 (4.60) • Positiewe/proaktiewe professionele gedrag = 9 (0.86) • Professionele identiteit en trots = 5 (0.42) en • Leerproses = 3 (0.20). Gevolgtrekking: Volgens die menings van die deelnemers beteken professionaliteit in verpleegkunde positiewe/proaktiewe professionele gedrag en die bevordering van toepaslike gedrag en -kenmerke van professionaliteit in verpleegkunde.

Description
Thesis (MMed)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Nursing students -- Attitudes -- Windhoek (Namibia), Midwifes -- Attitudes -- Windhoek (Namibia), Expertise, Clinical medicine -- Practice -- Windhoek (Namibia), UCTD