The nature of social services provided by social workers for women experiencing intimate partner violence in Namibia
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Every country plans how it will ensure the protection of women from intimate partner
violence (IPV) and other forms of abuse. Enacted laws and legislations usually
contribute to significant ways of protecting women. As there is an increased rate of
IPV among women worldwide, this study investigated social services provided by
social workers for women experiencing IPV.
This study aimed at understanding social workers’ perspectives on the nature of social
services provided for women experiencing IPV. The study employed a qualitative
research methodology and exploratory research design was utilised. Purposive
sampling which is a non-probability sampling was utilised to recruit social workers in
Namibia. The participants were employed as social workers at the Ministry of Health
and Social Services, and Ministry of Gender Equality, Poverty Eradication and Social
Welfare. In this study, ten social workers were recruited and volunteered to partook
as participants. The study found that social workers offer services to women experiencing IPV at
various levels of the ecological system, namely: microsystem, mesosystem and
macrosystem. One of the crucial conclusions drawn in this study was that social
workers encounter challenges as they provide social services to women experiencing
IPV. The main challenge was that women experiencing IPV need place of safety and/
shelter. Thus, the study recommends that the government should prioritise the
construction of more places of safety countrywide. This is because these places offer
a more conducive environment for the support of IPV survivors than in wards at referral
hospitals.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Elke land beplan die beveiliging van vroue teen intieme geweld en ander vorme van mishandeling ten einde hulle te beveilig. Gebruiklike wette en wetgewing dra gewoonlik by tot betekenisvolle wyses om vroue te beskerm. Met die toename in die voorkoms van intieme geweld onder vroue wêreldwyd het hierdie studie die maatskaplikewerk dienslewering aan vroue wat intieme geweld ervaar ondersoek. Hierdie studie het ten doel gehad om ʼn beter begrip te ontwikkel oor maatskaplike werkers se perspektiewe rakende die aard van maatskaplike dienste gelewer aan vroue wat intieme geweld ervaar. In die studie is ʼn kwalitatiewe navorsingsmetodologie met ʼn verkennende navorsingsontwerp benut. Daar is gebruik gemaak van doelbewuste steekproeftrekking wat maatskaplike werkers van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, die Ministerie van Geslagsgelykheid, Armoede verligting en Maatskaplike Welsyn ingesluit het. Tien (10) maatskaplike werkers is gewerf om aan die studie deel te neem as vrywillige deelnemers. Die studie het bevind dat maatskaplike werkers dienste aan intieme geweld slagoffers op verskeie vlakke bied, naamlik: die mikrosisteem, die mesosisteem asook die makrosisteem. Een van die belangrikste gevolgtrekkings van die studie was dat maatskaplike werkers uitdagings teëgekom het in die voorsiening van dienste aan vroue wat intieme geweld ervaar. Die belangrikste uitdaging was dat vroue wat intieme geweld ervaar het, ʼn plek van veiligheid en/of skuiling benodig. Dus beveel die studie aan dat die staat die oprigting van meer veiligheidplekke landwyd moet prioritiseer. Die rede vir dit is dat veiligheidsplekke ʼn meer opbouende omgewing voorsien vir die ondersteuning van slagoffers van intieme geweld as wat sale in hospitale waarna die slagoffers verwys word, bied.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2023.