Challenges experienced by service users during substance dependency aftercare and reintegration services

Date
2019-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Substance dependency has been a growing epidemic for the past century, and difficulties surrounding this disorder are not easily overcome. In this light, the recent relapse statistics being as high as 75% after a 3 to 6 month period of a recovering addict receiving formal treatment are extremely alarming. Consequently, the goal of the research study was to gain an understanding of the challenges experienced by adult service users during aftercare and reintegration services for substance dependency. The study utilised the Biopsychosocial model as a theoretical underpinning to distinguish between the various biological, psychological, social and cultural challenges surrounding aftercare and reintegration services for recovering addicts. A qualitative research approach with some quantitative elements, along with an exploratory and descriptive research design, was followed for this study. Ethical clearance was obtained. The empirical data that was collected was done through semi-structured interviews with a sample of 18 participants. These participants were formerly discharged from formal treatment for substance dependency and are currently service users of aftercare and reintegration services. Certain criteria for inclusion applied. Participation in this study was voluntarily and participants could withdraw from the study if they wished to. The interviews were audiotaped and transcribed by the researcher. Through the data collected and analysed, four themes with relevant sub-themes and categories emerged. The four themes identified were biological challenges, psychological challenges, social challenges and cultural challenges. The data was also verified as far as possible by ensuring credibility, transferability, dependability and conformability. To meet the aim of the study, the researcher described the literature, policy and legislative frameworks pertaining to current substance dependency aftercare services and explored service users’ lived experiences with aftercare services. By empirically investigating the research topic, the views and experiences of service users regarding their challenges during aftercare and reintegration services were explored. Thereafter, the contextualised literature and empirical findings were reviewed, so that the researcher was able to provide relevant conclusions and recommendations. It is evident from this study that service users are experiencing several challenges during aftercare and Stellenbosch University https://scholar.sun.ac.za iii reintegration services. It is recommended that further research be conducted regarding these services for the dependent person as well as for the family. More research on the implementation procedures of policies and legislation during substance dependency aftercare and reintegration services is also recommended.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Middelafhanklikheid het die afgelope eeu toegeneem, en uitdagings rondom hierdie stoornis is moeilik om te oorkom. Teen hierdie agtergrond, is die huidige terugval statistieke vir ʼn middelafhanklike persoon wat formele behandeling ontvang het, tot so hoog soos 75% na ʼn 3 tot 6 maande periode, kommerwekkend. Gevolglik, was die doel van die navorsingstudie om ʼn begrip te ontwikkel oor die uitdagings ervaar deur volwasse diensverbruikers gedurende nasorg- en reïntegrasiedienste vir middelafhanklikheid. Die studie het die Biopsigososiale model as teoretiese grondslag benut om tussen die verskeie biologiese, sielkundige, sosiale en kulturele uitdagings rondom nasorg- en reïntegrasie dienste vir herstellende verslaafdes te onderskei. ʼn Kwalitatiewe benadering wat sekere kwantitatiewe aspekte bevat, met ʼn eksplorerende en beskrywende aard is gevolg. Etiese klaring is verkry vir die studie. Die empiriese data is ingesamel deur semi-gestruktureerde onderhoude te voer met ʼn steekproef van 18 deelnemers. Hierdie deelnemers is ontslaan uit formele behandelingsprogramme vir middelafhanklikheid en is tans diensverbruikers van nasorg- en reïntegrasiedienste. Sekere kriteria vir insluiting het gegeld. Deelname aan die studie was vrywillig en deelnemers kon enige tyd onttrek, as hulle nie langer wou deel vorm van die studie nie. Die onderhoude is opgeneem en getranskribeer deur die navorser. Deur data opname en analise is vier temas met relevante sub-temas geïdentifiseer. Die temas was biologiese uitdagings, sielkundige uitdagings, sosiale uitdagings en kulturele uitdagings. Die data is ook geverifieer deur geloofwaardigheid, oordraagbaarheid, bevestiging en betroubaarheid sover moontlik te verseker. Om die doel van die studie te bereik, het die navorser literatuur, beleid en wetgewing relevante rakende nasorg- en reïntegrasiedienste vir middelafhanklikheid beskryf en diensverbruikers se eie ervaringe oor nasorg- en reïntegrasiedienste is geëksploreer. Deur hierdie navorsingonderwerp empiries te ondersoek, is die sienings van diensverbruikers van nasorg- en reïntegrasiedienste vir middelafhanklikheid geëksploreer. Nadat literatuur en die empiriese bevindinge bestudeer is, kon die navorser relevante gevolgtrekkings en aanbevelings maak. Dit is duidelik uit hierdie studie dat diensverbruikers verskeie uitdaging ervaar tydens nasorg- en reïntegrasiedienste. Dit word aanbeveel dat meer navorsing gedoen word oor nasorg- en reïntegrasiedienste vir die middelafhanklike persoon sowel as vir die betrokke gesin. Meer navorsing oor die implementering van wetgewing en beleid gedurende nasorg- en reïntegrasiedienste word ook aanbeveel.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Recovering addicts -- Services for, Substance abuse -- Treatment, UCTD
Citation